Maroela Media

Digitale mediahuis wat nuus en ander inligting in Afrikaans publiseer

Maroela Media
Tipe webbladNuus en kuierplek
Taal(e)Afrikaans
RegistrasieGeen
EienaarMaroela Media (Edms) Bpk
Huidige statusAktief
URLmaroelamedia.co.za

Maroela Media is 'n digitale mediahuis wat nuus en 'n verskeidenheid ander inligting in Afrikaans publiseer. Maroela Media het in Julie 2020 meer as 2.6 miljoen unieke besoekers gehad.[1] Maroela Media het in Julie 2020 ook meer as 26 miljoen bladsye in een maand bedien, met meer as 12 miljoen besoeke in een maand, wat dit die grootste Afrikaanse nuusplatform ter wêreld maak.[2]

Maroela Media het op 29 Julie 2011 sy digitale deure vir die publiek geopen. Die mediahuis het ten doel om 'n gemeenskap van Afrikaanssprekendes op die internet te skep. Dit is deel van die Solidariteit Beweging en word gefinansier deur Solidariteit, AfriForum, Helpende Hand en die Dagbreek Trust.[3] Maroela Media se redaksionele beleid strook met die doelwitte van die Solidariteit Beweging.[4]

Maroela Media publiseer 24 uur per dag nuus, elke dag van die jaar. Nuusberigte is die gewildste van alle inhoud wat op Maroela Media gepubliseer word. Ander inhoud sluit in sportnuus, resepte, Afrikaanse woorde, Afrikaanse uitdrukkings en taalwenke, nuus uit die vermaakwêreld, goeie nuus, geestelike artikels, tegnologie- en motornuus, rubrieke van meningsvormers in die Suid-Afrikaanse samelewing en lesersbriewe.

Maroela Media het 'n sterk Christelike fondasie en 'n streng redaksionele beleid. Kommentaar op Maroela word streng gemodereer om te voldoen aan die bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname.

Maroela Media se radioproduksiehuis, Draadloos, verskaf programinhoud gratis aan Afrikaanse gemeenskapstasies, insluitend ʼn jaarlikse radiovervolgverhaal. Die mediahuis bied ook opleidingsgeleenthede bevorder onderlinge samewerking tussen radiostasies. Vanaf November/Desember 2014 is daar ook twee radiostasies in die buiteland wat van dié programinhoud gebruik maak. Teen 2020 maak meer as 62 gemeenskapsradiostasies gebruik van Maroela Media se programinhoud.

Maroela Media het in 2013 saam met Etiket Brand Design 'n silwer Pendoring ontvang as Beste Geïntegreerde Veldtog.[5]

Gewildheidwysig

Volgens Alexa is die webwerf maroelamedia.co.za die 185ste gewildste webwerf in Suid-Afrika.[6]

Verwysingswysig

  1. "The top 25 South African websites" (in Engels). 12 Januarie 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op 12 Januarie 2020.
  2. "Redakteursbrief: Dankie – jy is een van 2 miljoen Maroela-lesers". Maroela Media. 1 Augustus 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020. Besoek op 2 Augustus 2019.
  3. "Primedia Online, Maroela forging into changing media landscape", Bizcommunity.com, 27 Junie 2012
  4. "AfriForum makes its play in the battle for the hearts and minds of farmers", News24.com, 3 Maart 2019
  5. "Pendoring-toekennings: Maroela se Grootste Afrikaner-veldtog vereer". Maroela Media. 22 September 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Augustus 2019. Besoek op 13 Augustus 2019.
  6. "maroelamedia.co.za Competitive Analysis, Marketing Mix and Traffic - Alexa". alexa.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Julie 2020. Besoek op 22 Julie 2020.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media