Mark Twain

Samuel Langhorne Clemens (* 30 November 1835 in Florida, Missouri; † 21 April 1910 in Redding, Connecticut), beter bekend onder sy skuilnaam Mark Twain, was 'n Amerikaanse skrywer en humoris wat veral bekendheid verwerf het met The Adventures of Tom Sawyer (1876) en die vervolgroman Adventures of Huckleberry Finn (1885). Na die laasgenoemde word dikwels verwys as die Great American Novel.



Mark Twain

Amerikaanse skrywer en humoris


Handtekening


Literêre genres
Fiksie, nie-fiksie, historiese fiksie, kinderboeke, reisverhale, satires, essays, wysgerige literatuur, sosiale kommentare, literêre kritieke


Beduidende werke

Mark Twain (1909)

Adventures of Huckleberry Finn

The Adventures of Tom Sawyer

Twain het grootgeword in Hannibal, Missouri - 'n dorp waar later ook Huckleberry Finn en Tom Swayer sou afspeel. Hy het beroepsopleiding by 'n drukker ontvang en was later ook as lettersetter werksaam. Daarnaas het hy artikels vir die nuusblad van sy ouer broer Orion geskryf. Nadat hy 'n tyd lank in verskillende stede as drukker gewerk het, het Twain hom as meesterloods op 'n Mississippi-rivierboot bekwaam en daarna weswaarts gegaan om met sy broer saam te woon.

'n Tussentydse loopbaan in die goudmynbou was allesbehalwe suksesvol sodat Twain hom tot joernalistiek gewend het. 'n Humoristiese verhaal, wat hy as verslaggewer geskryf het (The Celebrated Jumping Frog of Calaveras County), het baie gewild geraak en dwarsoor die Verenigde State aandag getrek. Ook sy reisdagboeke het gunstelinge van die Amerikaanse leserspubliek geword. Twain het toe besef dat hy sy ware roeping gevind het.

As skrywer en openbare spreker het hy groot sukses behaal. Kritici en kollegas was vol lof vir sy skryfvernuf en sy satires, en Twain het vervolgens vriendskapsbande gesmee met Amerikaanse presidente, kunstenaars, nyweraars en Europese adellikes.

Sy sukses as skrywer het egter opvallend gekontrasteer met sy gebrek aan finansiële vernuf. Alhoewel hy 'n fortuin verdien het met sy literêre werke en lesings, het hy sy geld met 'n aantal ondernemings, waaronder die letterset-masjien Paige Compositor, verkwis en is genoodsaak om bankrot te speel. Danksy die steun wat die sakeman Henry Huttleston Rogers aan hom verleen het, kon Twain sy finansiële moeilikhede uiteindelik oorkom. Twain het baie hard gewerk om seker te maak dat hy al sy skuldeisers ten volle kon betaal, al is hy vanweë sy bankrotskap as onmondig beskou.

Twain, wat gedurende 'n verskyning van Halley se Komeet gebore is, is tydens sy wederkoms oorlede. Twain is as die "grootste Amerikaanse humoris van sy tyd" geprys, terwyl William Faulkner na hom as "die vader van die Amerikaanse letterkunde" verwys het.[1]

Verwysingswysig

  1. Robert A. Jelliffe: Faulkner at Nagano. Tokio: Kenkyusha 1956
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media