Mark Pilgrim

Suid-Afrikaanse mediapersoonlikheid

Mark Pilgrim (20 September 19695 Maart 2023) was 'n Suid-Afrikaanse mediapersoonlikheid wat talle radio- en televisieprogramme aangebied het, veral as 'n DJ op 5FM, 94.7 Highveld Stereo, 94.5 Kfm, Hot919 en toe Hot102.7fm.[1] Op televisie het hy beide seisoene van Big Brother South Africa, die eerste seisoen van Big Brother Africa en die M-Net-speletjieprogram Power of 10 aangebied.

Mark Pilgrim as die aanbieder van Power of 10.

Radioloopbaanwysig

Mark Pilgrim het sy radioloopbaan op Voice of Wits-kampusradio in die 80's begin. Hy het in 1995 by 5FM aangesluit. In 2003 het hy 5FM[2] verlaat en by 94.7 Highveld Stereo in Johannesburg aangesluit.[3] In Oktober 2007 het Pilgrim 'n musiekprogram aangebied wat gelyktydig op 2 radiostasies uitgesaai is (KFM en 94.7).[4] Hy het aan die einde van Junie 2014 uit die radio getree,[5] maar het 'n paar maande later teruggekeer na die splinternuwe Hot 91.9FM in Johannesburg, aanvanklik net 'n Saterdagoggendprogram 09:00 - 12:00 gedoen, maar uiteindelik voltyds teruggekeer na radio en doen ook Maandag tot Vrydag 9 vm – middag. In 2015 het hy 'n MTN Radio-toekenning vir die beste naweekradioprogram in Suid-Afrika ontvang,[6] en in 2019 die Liberty Radio-toekenning vir die beste dagprogram in Suid-Afrika gewen. In 2021 is Pilgrim opgeneem in die South African Radio Awards Hall of Fame vir sy bydrae tot die radiobedryf.

Televisieloopbaanwysig

  • New Moves (e-TV: 1999–2000)
  • Big Brother South Africa 1 (M-Net: 2001)
  • Big Brother South Africa 2 (M-Net: 2002)
  • Big Brother Africa (DStv: 2003)
  • Retail Therapy (M-Net: 2002–2005)
  • Face 2 Face (SABC2: 2004)
  • Sex Etc. (M-Net: 2005)
  • Blue Wave (Korporatief: 2004–2018)
  • What's Brewing (Korporatief: 2007–2008)
  • Power of 10 (M-Net: 2008)

Afsterwewysig

In Februarie 2022 is Pilgrim weer met kanker gediagnoseer, hierdie keer stadium 4 longkanker. Hy is op 5 Maart 2023 in die ouderdom van 53 oorlede.[7]

Verwysingswysig

  1. "94.5 KFM - Presenters - Mark Pilgrim". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Julie 2014. Besoek op 29 Junie 2014.
  2. "Pilgrim axed from 5fm". News24. Besoek op 11 Januarie 2018.
  3. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2016. Besoek op 9 Maart 2023.
  4. "94.7 Highveld Stereo - Shows - KIA Take 40 SA". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Julie 2014. Besoek op 1 Julie 2014.
  5. "Join us as we bid Mark Pilgrim farewell". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2014. Besoek op 28 Junie 2014.
  6. "2015 MTN Radio Awards winners announced". bizcommunity.com (in Engels). Besoek op 11 Januarie 2018.
  7. McKay, Bronwyn. "Veteran radio and TV presenter Mark Pilgrim, 53, has died". New24 Life (in Engels (VSA)). Besoek op 5 Maart 2023.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media