Margaret Thatcher

Margaret Hilda Thatcher, Barones Thatcher (13 Oktober 1925 in Grantham, Lincolnshire8 April 2013 in Londen) was die Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk van 1979 tot 1990 en die leier van die Britse Konserwatiewe Party van 1975 tot 1990. Sy was die eerste en tot dusver enigste vrou wat hierdie posisie beklee het en het tydens haar bewind bekend geword as Die Ystervrou.

Margaret Thatcher
Margaret Thatcher

Ampstermyn
4 Mei 1979 – 28 November 1990
ViseWilliam Whitelaw
Geoffrey Howe
MonargElizabeth II
Voorafgegaan deurJames Callaghan
Opgevolg deurJohn Major

Leier van die Opposisie
Ampstermyn
11 Februarie 1975 – 4 Mei 1979
MonargElizabeth II
Eerste ministerHarold Wilson
James Callaghan
Voorafgegaan deurEdward Heath
Opgevolg deurJames Callaghan

Leier van die Konserwatiewe Party
Ampstermyn
11 Februarie 1975 – 28 November 1990
Voorafgegaan deurEdward Heath
Opgevolg deurJohn Major

Staatsekretaris vir Onderwys en Wetenskap
Ampstermyn
20 Junie 1970 – 4 Maart 1974
Eerste ministerEdward Heath
Voorafgegaan deurEdward Short
Opgevolg deurReginald Prentice

Lid van die Parlement vir Finchley
Ampstermyn
8 Oktober 1959 – 9 April 1992
Voorafgegaan deurJohn Crowder
Opgevolg deurHartley Booth

Persoonlike besonderhede
Gebore13 Oktober 1925
Grantham, Engeland
Sterf8 April 2013 (op 87)
Londen, Engeland
Politieke partyKonserwatiewe Party
Eggenoot/-noteDenis Thatcher
Kind(ers)2
Alma materSomerville College, Oxford
Inns of Court
ReligieMetodisme (1925–1951)
Kerk van Engeland (1951–2013)

Thatcher is in Engeland, gebore. Sy het chemie aan die Somerville Kollege in Oxford gestudeer en is later as advokaat opgelei. In 1959 het sy 'n setel in die Britse algemene verkiesing van 1959 gewen en 'n parlementslid vir die Londense voorstad Finchley geword. Na die Konserwatiewe Party die algemene verkiesing weer in 1970 gewen het, het die toenmalige eerste minister, Edward Heath, haar as die Staatsekretaris vir Onderrig en Wetenskap aangewys. Vier jaar later het Thatcher vir Keith Joseph ondersteun in sy poging om die leier van die Konserwatiewe Party te word. Joseph was egter geforseer om uit die Konserwatiewe Party se leierskapsverkiesing van 1975 te onttrek; Thatcher het besluit om haarself as kandidaat beskikbaar te stel en is na die verkiesing as die nuwe leier van die Party aangewys. Met die volgende nasionale verkiesing het die Konserwatiewe Party 'n oorwinning behaal en is Thatcher as Eerste Minister aangewys.

Thatcher en Ronald Reagan in 1986 in Camp David.

In die inleiding tot haar 1979-manifes het sy geskryf oor "'n gevoel van hulpeloosheid, dat 'n eens groot nasie op een of ander manier agtergeraak het".[1] Sy het by Downingstraat 10 ingestap met 'n vaste voorneme om 'n ommekeer teweeg te bring in wat sy as 'n nasionale afname gesien het, gekarakteriseer deur 'n kombinasie van hoë inflasie, hoë werkloosheidsyfers en stagnerende of stadige groei. Haar politiese filosofie en ekonomiese beleid het nadruk gelê op deregulasie (veral in die finansiële sektor), buigbare arbeidsmarkte en die verkoop van besighede in staatsbesit. Die hoë werkloosheidsyfer en 'n nasionale resessie het 'n afname in haar gewildheid beteken, alhoewel die daaropvolgende ekonomiese herstel en die Falklandoorlog in 1982 haar hernieude ondersteuning gebring het. Sy is herverkies in die 1983-verkiesing.

Thatcher het 'n ontoegeeflike houding teenoor vakbonde gehad, 'n sluipmoordaanval oorleef en die Sowjetunie teëgesit. Met die 1987-verkiesing is sy vir 'n derde termyn verkies, maar die volgende jare het moeilik verloop: haar kopbelastingplan was uiters ongewild en haar mede-kabinetslede het nie haar sienings oor die Europese Unie gedeel nie. In 1990 het Michael Heseltine haar posisie as leier van die Konserwatiewe Party uitgedaag en Thatcher het besluit om te bedank.

Haar ampstermyn as Eerste Minister was die langste sedert dié van Lord Salisbury en die langste aaneenlopende sedert Lord Liverpool in die 19de eeu.[2] Sy was die eerste vrou wat 'n groot politieke party in die Verenigde Koninkryk gelei het en die eerste van slegs drie vroue wat enige van die vier hoogste staatsposisies van die Britse staat beklee het. Sy is tot die adel verhef as Barones Thatcher van Kesteven in die Graafskap Lincolnshire, en het sodoende 'n lewenslange lid van die Britse Hoërhuis geword.

Bronnelys en verwysingswysig

  1. Oorspronklike Engelse aanhaling: "a feeling of helplessness, that a once great nation has somehow fallen behind." Uit: Thatcher, Margaret (2001). "Conservative Party Manifesto 1979" (in Engels). politicalstuff.co.uk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2019. Besoek op 28 Julie 2009.
  2. HM Government. "Margaret Thatcher, 10 Downing Street" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2018. Besoek op 5 Januarie 2008.
Voorafgegaan deur
James Callaghan
(Arbeidersparty)
Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk
(Konserwatiewe Party)

1979 - 1990
Opgevolg deur
John Major
(Konserwatiewe Party)
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media