Manie de Waal

Manie de Waal is ’n Afrikaanse skrywer.

Lewe en werkwysig

Manie de Waal is op 14 April 1973 in Pretoria gebore as die oudste van drie seuns van die ingenieur Pieter de Waal en Geertruida Kroon, ’n spraakterapeut oorspronklik van Nederland. Sy broers is Nico en Adriaan. Hy word groot in Bellville in die Kaap. Hier ondergaan hy sy skoolopleiding aan die Excelsior Laerskool en Bellville Hoërskool en hy matrikuleer in 1991. Hy studeer op Stellenbosch Universiteit waar hy aanvanklik vir ’n graad in die regte inskryf, maar na twee weke besluit om oor te skakel na die rekenmeestersveld. Hy verwerf die B.Rek.-graad en deur die Universiteit van Suid-Afrika behaal hy daarna die B.Compt. Honneurs-graad. Hy dien sy drie jaar klerkskap vir registrasie as ’n geoktrooieerde rekenmeester uit en behaal in 1998 die C.A.-kwalifikasie, waarna hy vir ’n jaar lank hoofsaaklik aan die kus bly en branderplankry. Vroeg in 1999 gaan hy oorsee waar hy saam met vriende in die Beierse woude van Suidoos-Duitsland by die oorde Geisskopf en Arber vir nege dae ski. In 2000 gaan hy na Londen, waar hy vir vier maande in die beleggingsbankwese werk, waarna hy vir tien maande soortgelyke werk in Zürich in Switserland gaan doen by die Union Bank of Switzerland. In April 2002 keer hy terug en vir die res van die jaar woon hy in Mosambiek as deel van ’n skubaduik-operasie.

Sedert die begin van 2003 bly hy in Kaapstad en word ’n visuele joernalis en vennoot van die maatskappy Xplane. As visuele joernalis is dit sy taak om komplekse probleme (besigheid of tegnologies) grafies voor te stel. Hy besit ook helfte van die webtuiste www.art2rent.co.za, ’n maatskappy wat kunswerke aan maatskappye, mediese spreekkamers, hotelle, professionele mense en private huise verhuur. In Oktober 2010 sluit hy aan by Energy Partners, ’n maatskappy wat spesialiseer in die effektiewe bestuur van energie, waar sy rol veranderingsbestuur en kommunikasie is en hy later aangestel word as hoof van verkope.

Skryfwerkwysig

Op skool skryf hy goeie opstelle, maar droom op hierdie stadium glad nie daaraan om ernstig te skryf nie. Hy skryf “Trips[1]wanneer hy in die strawwe Europese winter in Engeland en Switserland aan depressie ly. Hierin vertel hy die verhaal van ’n groep wit jong Suid-Afrikaners se ervarings in Londen, wat die soeke na identiteit, skuldgevoelens en ballingskap van ’n nuwe generasie Afrikaners uitbeeld.[2] Die groep wat tydelik oorsee is (die nuwe diensplig) deel ’n huis in Londen, met Chris Retief die hoofkarakter. Hulle word gekonfronteer met die harde werklikheid van drank, dwelms, sinlose geweld en werkloosheid, waarin dit moeilik is om ’n normale liefdesverhouding vol te hou. Londen word as ’n uitsiglose maalstroom gesien, waarbinne hulle doelloos rondswerf. Hulle ervaar niks goeds hier nie, maar bly vir die geld omdat daar in hulle eie land nie vir hulle werk verseker is nie. Die titel verwys na hierdie ronddwaal in die stad, maar ook en veral na die gebruik van dwelms. “Trips” is in 2004 op die kortlys vir die toekenning van die Jan Rabie-prys en ook die RAU Mardene Marais-debuutprys. Van sy kortverhale word op die webwerf van LitNet gepubliseer.

Publikasieswysig

  • 2003 - Trips

 Bronnelyswysig

Boekewysig

  • Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005
  • Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel 3” Van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe   2006

Tydskrif en koerantewysig

  • Kapilevich, Ami “In die brander se breek” “Insig” September 2003

Internetwysig

Resensieswysig

  1. John, Philip “Beeld” 13 Oktober 2003
  2. Van Vuuren, Helize “Rapport” 23 November 2003
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media