Maaghare

Maaghare (of buikhare) is die naam vir hare wat op die maag tussen die skaamstreek en die bors van mense en niemenslike soogdiere groei. Die hare het by alle soogdiere dieselfde patroon, vertikaal vanaf die skaamstreek boontoe en vanaf die bors ondertoe in die rigting van die naeltjie. Maaghare van niemenslike soogdiere is deel van hul vag of pels.

Maaghare tussen die skaamstreek en die naeltjie van 'n man. Dit is die minimale vorm van maaghare.

Maaghare moet nie met borshare verwar word nie. Al twee soorte kan aan die hele bolyf groei, maar die skeiding tussen hulle is rondom die tepels. Deurdat die bolyf by party mense heeltemal met hare bedek is, is die skeiding nie altyd sigbaar nie en word daar dikwels van borshare gepraat as maaghare bedoel word.

Ontwikkeling en groeiwysig

Voor puberteit is die gebied rondom die maag by sowel mans as vroue met dun, weinig gepigmenteerde donshaartjies bedek. As gevolg van 'n toename van manlike hormone (veral testosteroon) tydens en ná puberteit produseer die vel van die buik growwer, langer en meer gepigmenteerde hare (terminale hare). Hierdie proses kom slegs by mans voor. In die begin groei die hare in 'n vertikale dun strook vanaf die skaamstreek tot by die naeltjie, en vanaf die bors ondertoe tot by die naeltjie.

Hoewel die ontwikkeling van maaghare normaalweg tydens puberteit begin, kan dit ook eers op 20- tot 30-jarige ouderdom op dreef kom. By sommige mans bly die maaghare 'n smal strook vertikale hare, hoofsaaklik in die gebied rondom die naeltjie. Die groei en verspreiding van hierdie hare kan tot op 50-jarige ouderdom voortduur. Maaghare is meestal 'n teken vir jong mans dat hulle volwasse word, omdat hulle kan sien dat hul liggaam aan die verander is.

Vier verskillende patrone van maaghare, soos hulle algemeen onderskei kan word.

Ook by sommige vroue kan daar 'n dun strook hare ontwikkel vanaf die skaamstreek tot teen die naeltjie. Afhangende van die houding wat verskillende kulture jeens vroue het, kan dit as aantreklik of lelik beskou word. 'n Buitensporige hoeveelheid maaghare wat manlike patrone aanneem, word hirsutisme genoem.

Patronewysig

Verskillende ondersoeke oor maaghare by mans en vrou regoor die wêreld het getoon dat daar vier algemene patrone onderskei kan word:

  • Horisontaal: Hierdie patroon word gekenmerk deur 'n horisontale strook skaamhare waaruit geen hare na die maag groei nie; in beginsel is daar geen spraak van maaghare nie.
  • Pylvormig: Hierdie minimale vorm van maaghare groei vanaf die skaamstreek tot by die naeltjie en bestaan uit 'n smal strook hare.
  • Toegespits: Kenmerkend is die smal, omgekeerde "V"-patroon wat vanaf die skaamstreek boontoe vorm. Hierdie patroon kan bo, op of rondom die naeltjie of naby die borsgrens eindig.
  • Verspreid (of vierkantig): Die hare is willekeurig oor die maag versprei sonder om 'n sigbare patroon te vorm.

Reinhard Zickler het in 1997 'n ondersoek gedoen oor bogenoemde patrone en hul voorkoms onder mans en vroue. Hy het spesiale aandag geskenk aan die ontwikkeling van die hare tydens puberteit. Sy resultate toon dat die horisontale patroon by 80% van die vroue voorkom. By mans was dit 6%, met 55% van die 13- tot 15-jariges en 28% van die 16- tot 17-jariges. Die pylvormige patroon kom by 44% van die mans onder 16 voor, 67% van die mans tussen 16-17, 20% van die mans ouer as 17 en 17% van die vroue. Die toegespitste patroon kom by 55% van die mans voor en slegs sporadies onder vroue. Die verspreide patroon het by 19% van die mans in die ondersoek voorgekom.

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media