MS-DOS

MS-DOS (Engels vir Microsoft Disk Operating System) was een van die eerste bedryfstelsels vir persoonlike rekenaars.

MS-DOS
'n Voorbeeld van MS-DOS se opdrag-line interface
Ontwikkelaar
Microsoft
Webbladhttps://www.microsoft.com/resources/documentation/windows/xp/all/proddocs/en-us/windows_dos_overview.mspx?mfr=true
Vrystellings
Aanvanklike vrystellingAugustus 1981[1]
Huidige weergawe8.0 (15 September 2000; 23 jaar gelede (2000-09-15))
BronkodemodelGeslote bron; bron beskikbaar vir verkose weergawes sedert 2014[2][3][4]
LisensieEiendoms sagteware
KerntipeMonolities
OpdateermetodeGeen
Platforms wat ondersteun wordx86
Ondersteuningstatus
Nie ondersteun nie, vanaf 31 Desember 2001[5]
Verdere leesstof

Geskiedeniswysig

Toe IBM sy IBM-PC ontwikkel het sou hulle aanvanklik hul eie bedryfstelsel geskryf het, terwyl die BASIC-interpreteerder deur Microsoft voorsien sou word. Toe hulle eie bedryfstelsel egter nie vlot nie, wend IBM hulself tot Microsoft en sluit 'n kontrak om die bedryfstelsel te ontwikkel. Bill Gates besluit om nie van nuuts af te begin nie, maar soek na 'n geskikte produk wat verder aangepas kan word.

Microsoft koop uiteindelik QDOS (SPC se Quick and Dirty Operating System wat van CP/M afgelei is), waarvoor Microsoft 'n bedrag van 50 000 dollar betaal. Microsoft pas die bedryfstelsel volgens IBM se spesifikasies aan, waarna die produk deur IBM as PC-DOS verkoop word.

In die kontrak met IBM staan egter dat Microsoft ook self die produk aan derde partye mag verkoop. Microsoft doen hierdie onder die naam MS-DOS. Toe PC-klone wat op die IBM-PC gebaseer is op die mark kom, word MS-DOS gou populêr en begin Bill Gates stadig maar seker om sy fortuin op te bou.

MS-DOS in Windowswysig

Windows 95, Windows 98 en Windows ME maak van MS-DOS gebruik om te begin (die BOOT-proses), waarna die grafiese laag beheer oorneem. MS-DOS is nie 'n multitaak bedryfstelsel nie, wat beteken dat slegs 'n enkele program op 'n slag kan loop. Deur die gebruik van virtuele verwerkers (in praktyk die V86-modus van die 80386-verwerker en hoër) is dit egter moontlik om verskillende MS-DOS-programme gelyktydig in hul eie virtuele rekenaars te loop. Hierdie metode is egter problematies omdat baie MS-DOS-programme die rekenaarhardeware direk wil aanspreek. 'n Gevorderde bedryfstelsel kan dit toelaat, maar stabiliteit word ingeboet.

Tensy 'n drywer 'n funksie virtualiseer, laat Windows 3.x en 9x direkte kommunikasie met die hardeware toe. Die Windows NT-bedryfstelsels laat dit egter glad nie toe nie.

Weergawes van MS-DOSwysig

DatumWeergaweVeranderinge
Augustus 19811.0Inbring van die autoexec.bat lêer
Maart 19821.1Kan die datum en tyd vanaf die bevellyn wysig
Ondersteun dubbelkant diskette
Maart 19821.25Eerste OEM-weergawe
Nuwe opdrag: VERIFY
Maart 19822.0Ondersteun hardeskywe
Kan lêers tegelyk oopmaak
Printerbuffer ingevoer
Bekendstelling van die ANSI-drywer
Oktober 19832.1
Augustus 19843.0Ondersteun netwerke
Maart 19853.1
Desember 19853.2
April 19873.3Ondersteun NLSFUNC en FASTOPEN
Ondersteun hardeskywe groter as 32 megagrepe
Junie 19884.0DOSSHELL word bekendgestel
Junie 19915.0QBASIC, EDIT, UNDELETE, UNFORMAT en MIRROR
Optimale gebruik van geheue
Augustus 19936.0Doublespace en Defrag
'n Antivirus program word ingesluit
19936.1
19936.2
19936.21
19946.22DriveSpace i.p.v. DoubleSpace
Scandisk bekendgestel
19957.0Uitgegee saam met Windows 95
Die rekenaar word opgebring met MS-DOS "verborge" in Windows
Lang lêername vir Windows 95 (nie in MS-DOS-modus nie)
19977.1Uitgegee met Windows 95 OSR2 en Windows 98
Nuwe FAT32 lêersisteem
20008.0Uitgegee met Windows ME
Geen SYS-bevel meer nie
Kan nie rekenaar na bevellyn opbring nie

Laaste weergawewysig

Die ontwikkeling van MS-DOS is lankal reeds gestaak. Die laaste alleenstaande weergawe was weergawe 6.22. Vanaf weergawe 7.0 is MS-DOS nie meer 'n losstaande bedryfstelsel nie, maar is regstreeks in Windows geïntegreer. MS-DOS is nog redelik sigbaar in Windows 95 en 98, maar in Windows ME is al die spore daarvan uitgewis.

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. "MS-DOS: A Brief Introduction". The Linux Information Project (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 November 2019. Besoek op 24 Desember 2012.
  2. Paterson, Tim (19 Desember 2013) [1983]. "Microsoft DOS V1.1 and V2.0: /msdos/v11source/MSDOS.ASM" (in Engels). Computer History Museum, Microsoft. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Augustus 2019. Besoek op 25 Maart 2014.
  3. Shustek, Len (24 Maart 2014). "Microsoft MS-DOS early source code". Software Gems: The Computer History Museum Historical Source Code Series (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Augustus 2019. Besoek op 29 Maart 2014.
  4. (en) Levin, Roy (25 Maart 2014). "Microsoft makes source code for MS-DOS and Word for Windows available to public". Official Microsoft Blog. Besoek op 29 Maart 2014.
  5. "Obsolete Products Life-Cycle Policy" (in Engels). Microsoft. 30 Julie 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 April 2020. Besoek op 6 April 2010.

Eksterne skakelswysig


Official site project MS-DOS 6.22 FOR WINDOWS:http://xn----htbwkmd.xn--p1ai/

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media