Lusaka (provinsie)

(Aangestuur vanaf Lusaka (Provinsie))

Die provinsie Lusaka is een van Zambië se nege provinsies. Die stad Lusaka is die belangrikste en grootste nedersetting van die provinsie en trouens van die land. Die provinsie se geskatte bevolking in 2009 was 1 800 339,[1] amper twee keer meer as tydens die sensus van 1990 en net iewat minder as die Koperstreek, wat die grootste provinsiale bevolking het.

Lusaka in Zambië
Die Diskrikte van die provinsie Lusaka

Lusaka-provinsie word begrens deur die Suidelike Provinsie, Sentrale Provinsie en Oostelike Provinsie asook die buurstate Mosambiek en Zimbabwe. Ondanks sy betreklike groot bevolking, is dit Zambië se kleinste provinsie met 'n oppervlak van 21 896 km2. Die bevolkingsdigtheid van 82,22 mense per vierkante kilometer is amper vyf keer meer as die nasionale gemiddeld van 17,03 (2009-skatting).

Ander noemenswaardige dorpe in die provinsie, is Kafue, die naasgrootste nedersetting met 'n geskatte bevolking van 47 816 in 2009, Chilanga, Chongwe en Luangwa, waarskynlik die oudste Europese nedersetting in die land, geleë by die samevloeiing van die Luangwa en Zambezi aan die grens met Mosambiek en Zimbabwe.

Verwysingswysig

  1. "World Gazetteer, bevolking- en ander statistieke". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 September 2012. Besoek op 19 September 2012.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media