Luik (provinsie)

Luik (Frans: Liège, Duits: Lüttich, Nederlands: Luik, Waals: Lidje, Limburgs: Luuk, Luxemburgs: Léck) is 'n Belgiese provinsie in Wallonië. Die provinsie het 'n bevolking van sowat 1 116 000 in 2023 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 3 857 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 289 per km². Die hoofstad is die gelyknamige stad Luik (Liège).

Luik

Liège, Lüttich
Provinsie
Roche-aux-Faucons, Neupré
Roche-aux-Faucons, Neupré
Vlag van Luik
Vlag
Wapen van Luik
Wapen
Ligging van die provinsie Luik in België
Ligging van die provinsie Luik in België
Koördinate: 50°38′N 5°34′O / 50.633°N 5.567°O / 50.633; 5.567Koördinate: 50°38′N 5°34′O / 50.633°N 5.567°O / 50.633; 5.567
LandVlag van België België
Gewes Wallonië
HoofstadLuik
Regering
 • GoewerneurHervé Jamar (MR)
Oppervlak
 • Totaal3 857,12 km2 (1 489,24 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal1 115 518
 • Digtheid289/km2 (750/vk. myl)
 1 Januarie 2023
TydsoneUTC+01:00 (MET)
 • SomertydUTC+02:00 (MEST)
Webwerfwww.provincedeliege.be

Luik lê in die ooste van België en grens in die noordooste aan die Nederlandse provinsie Limburg, in die ooste aan die Duitse deelstate Noordryn-Wesfale en Rynland-Palts en in die suidooste aan die Groothertogdom Luxemburg. In Luik word Frans en Wallonies[3] gepraat, behalwe teen die grens met Duitsland waar daar Duits gepraat word en teen die grens met die Groothertogdom Luxemburg waar daar Duits en Luxemburgs gepraat word (die Duits-sprekende Ooskantons), en in die noordooste teen die grens met Nederland en Duitsland waar daar Limburgs gepraat word.

Die Maasrivier vloei deur die westedeel van die provinsie. In die noordweste lê die Haspengouw (Hesbaye), en in die suidweste die Condroz. Verder is daar die Land van Herve in die noorde (dit grens aan die Voerstreek in Belgiese Limburg) en in die ooste die Ardenne. Die hoogste punte lê in die Hoë Vene (Hautes Fagnes/Hohes Venn, 'n natuurgebied in die Ardenne en die Eifel): die heuwels die Signal van Botrange (694 m) in die munisipaliteit Weismes,[4] die Weißer Stein (693 m) in die munisipaliteit Büllingen op die grens met Duitsland en die Baraque Michel (674 m) in die munisipaliteit Malmedy.

Administratiewe indelingwysig

Luik is in administratiewe opsig in vier arrondissemente verdeel:

  • Arrondissement Huy
  • Arrondissement Liège
  • Arrondissement Verviers
  • Arrondissement Waremme

Die arrondissemente is in 84 munisipaliteite verdeel.


Kaart van die arrondissemente en munisipaliteite (Duitse Bezirk beteken arrondissement)

Verwysingswysig

  1. Statbel
  2. Statbel
  3. Wallonies word nog tot 'n mindere mate gepraat.
  4. Die Signal van Botrange is sowel die hoogste punt van Wallonië as van België.

Eksterne skakelswysig


Provinsies, geweste en gemeenskappe van België

Brusselse Hoofstedelike Gewes
Vlaamse Gewes: Antwerpen | Limburg | Oos-Vlaandere | Vlaams-Brabant | Wes-Vlaandere
Waalse Gewes: Brabant wallon (Waals-Brabant) | Hainaut (Henegouwe) | Liège/Lüttich (Luik) | Luxembourg (Luxemburg) | Namur (Namen)
Vlaamse Gemeenskap | Franse Gemeenskap | Duitstalige Gemeenskap

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media