Lucas Maree

Afrikaanse sanger (1952-2011)

Lucas Lodewyk Maree (22 Julie 1952 – 18 Februarie 2011) was 'n bekende Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy was veral bekend vir sy treffer Ek sou kon doen met ’n miljoen. M-Net het byvoorbeeld die liedjie vir hulle TV-reeks "Doen met 'n Miljoen" gebruik.

Lucas Maree
GeboortenaamLucas Lodewyk Maree
Gebore22 Julie 1952
Johannesburg, Suid-Afrika
Sterf18 Februarie 2011 (op 58)
Bloemfontein, Suid-Afrika
Beroep(e)Musikant
Jare aktief~1984 - 2011
EtiketteJNS-musiek, Miljoen-musiek, Select Music Distribution
Webwerfmiljoen.net

Biografiewysig

Maree is op 22 Julie 1952 in Johannesburg, Suid-Afrika gebore. Hy gaan skool by die Laerskool Danie Malan in Pretoria-Noord en matrikuleer later aan die Hoërskool Langenhoven.

Hy verwerf die volgende kwalifikasies: BA Drama aan die Universiteit van Pretoria asook Nasionale Diplomas vir Film-produksie Tegnici en Fotografie.

Hy trou in 1981 met Ilse en skryf in 1982 sy eerste Afrikaanse liedjie.

Maree is in 2009 met prostaatkanker gediagnoseer. Hy is op 18 Februarie 2011 aan nierversaking by die Hill & Dale-versorgingsoord oorlede. Hy laat sy vrou, Ilse en dogters Monica (ook 'n sanger en liedjieskrywer), Linda en Carla agter.[1]

Loopbaanwysig

Maree het vir die grootste gedeelte van sy loopbaan Engelse musiek in kroeë en restaurante in en om Pretoria en Johannesburg gespeel, onder andere by "After dark" en "Fonteine pub en grill". Gedurende 1981 begin hy in Afrikaans skryf, nadat hy onder die invloed van 'n vriend by Jannie du Toit se huiskonserte 'n draai gaan maak het, en ook vir Coenie de Villiers daar hoor sing het.

Die drie musikante is van toe af groot vriende en het dikwels saam opgetree.

Sy eerste plaat, Kiekies, word in 1984 vrygestel. In 1986, werksaam by Nic Taylor se ateljee, maak hy 'n tweede plaat saam met Coenie, Jannie en Nic. Dit is 'n huldigingsalbum opgedra aan Koos du Plessis. Die titel is Koos se Plaat. Gedurende 1988 raak hy betrokke by Anton Goosen en dié verbintenis lei tot die stig van 'n groep met die naam Die Kommissie van Ondersoek asook 'n album getiteld Die winde van verandering.

Vyf jaar later, onder die aansporing van Jannie du Toit maak Lucas sy eerste CD, Miljoen. Gedurende 1996 maak hy 'n tweede CD Kiekieskonsert. Die album was baie gewild as gevolg van die LIVE elemente en die stories wat hy tussen die liedjies vertel. Tydens 1998 maak hy die album Mot om die Kers, wat 'n SAMA-toekenning wen vir die Beste Afrikaanse album. In 2000 maak hy die album Blouberg wat omstrede was weens die feit dat dit uit die herskryf van 'n aantal ou tradisionele Afrikaanse Volksliedjies bestaan het. 'n Paar mense en instansies sou voel dat hy 'n paar heilige koeie negatief aangetas het. Nietemin was die album baie gewild.

In 2001 tree hy weereens in die buiteland op, en wel in Londen tydens die eerste UKKASIE kunstefees by die Wembley-stadion. Hier loods hy die album Things, sy eerste Engelse CD asook die eerste Suid-Afrikaanse CD wat in Londen vrygestel word. Hy tree ook daardie jaar vir die eerste keer in Nieu-Seeland op.

Gedurende 2002 maak hy die album Lucas & Kie, sy eerste "Greatest Hits" en dit verkoop besonders goed. Vir die volgende twee jaar tree hy gereeld in Engeland, Nederland, Kanada, Nieu-Seeland en Australië op. Hy was ook een van die min Afrikaanse sangers wat die geleentheid gehad het om op die Royal Albertsaal se verhoog in Londen op te tree.

Hy speel vir die eerste keer in 'n film Ouma se slim kind in 2005. Sy liedjies verskyn later in 'n boek waarin al die akkoorde en klavier- en kitaarverwerkings opgeneem is.

In 2007 besluit die Soweto-strykkwartet om twee van sy liedjies vir hulle nuwe CD in te sluit.[2]

In 2008 maak Lucas die eerste Blu-ray HD DVD in Afrikaans verfilm deur Blixem Produksies waar hy vergesel word op die verhoog deur sy jarelange kollegas soos Jannie du Toit, Christa Steyn, Coenie de Villiers, Mathys Roets, André Swiegers asook sy twee dogters, Monica en Linda, om van sy grootste treffers uit te voer.

In 2009 stel hy die laaste album wat hy self aan gewerk het vry, naamlik Lankverwag. Hierop verskyn 'n paar nuwe liedjies sowel as snitte van sy gunsteling Afrikaanse liedjies soos Liedjie vir jou, Onder in my whisky glas, Klein karoo, en vele meer saam met Ollie Viljoen.

In 2010, na dit bekend gemaak is dat Lucas met kanker gediagnoseer is, het Alexa Strachan saam met Mathys Roets en Mathys Maree in samewerking met Sarie Tydskrif aan 'n ensemble projek genaamd "Een uit 'n miljoen - vir Lucas" begin werk waar verskeie kunstenaars hulle weergawe van Lucas se bekende treffers doen. Kunstenaars soos Mathys Roets, Coenie de Villiers, Laurinda Hofmeyer, Steve Hofmeyer, Kurt Darren, Richard van der Westhuizen, Lochner de Kock, Jannie du Toit, Christa Steyn, Anton Goosen, Dozi, Danie Niehaus, Kevin Leo, Jannie Moolman, Schalk Joubert en vele meer verskyn op die album.

In 2011 is 'n plakboek en in 2012 Met liefde van Lucas vrygestel met Lucas se liefdesballades op.

Diskografiewysig

Enkele van Maree se albums:

  • Met liefde van Lucas - 2012
  • Plakboek - 2011
  • Een uit 'n Miljoen - Vir Lucas - Verskeie 2010
  • Lucas Maree en Vriende CD/DVD, 2009 MILJOEN MUSIEK/SELECT
  • Lankverwag, MILJOEN MUSIEK/SELECT
  • Lucas Maree: Musiek en lirieke boek, 2007 LAPA
  • Lucas & Kie, 2002 JNS MUSIEK
  • Things, 2001 JNS MUSIEK
  • Blouberg, 2001 JNS MUSIEK
  • Mot Om Die Kers, 1998 JNS MUSIEK
  • Die Kiekies Konsert: Weer ´n Keer, 1996 JNS MUSIEK
  • Miljoen, 1993 JNS MUSIEK
  • Kiekies... LP/CD, 1984 INHUIS/TRIO

Verwysingswysig

  1. Lucas Maree oorlede Geargiveer 21 Februarie 2011 op Wayback Machine, Nuus24, besoek op 19 Februarie 2011.
  2. Luister op www.sowetostringquartet.co.za Geargiveer 30 Maart 2008 op Wayback Machine.

Sien ookwysig

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media