Luapula

Die provinsie Luapula is een van Zambië se nege provinsies en is in die noorde van die land geleë. Die hoofstad is Mansa, voorheen Fort Roseberry. In die weste, suide en noorde grens die provinsie aan die Demokratiese Republiek van die Kongo en in die ooste aan die Noordelike Provinsie.

Luapula in Zambië

Die geskatte inwonertal in 2009 was 1 029 215, meer as twee keer die 1980-sensussyfer van 412 798.[1] Die inwonertal is die tweede minste van die nege provinsies. Luapula beslaan 50 567 km2, skaars 7% van die hele land, maar nietemin amper 10 000 km2 groter as Nederland.[2]

Buiten die hoofstad, wat ook die grootste nedersetting is, is die ander vername dorpe (met geskatte bevolking in 2009 tussen hakies): Kawambwa (23 832), Mwanzakombe (13 459), Mwense (5 068), Nchelenge (27 242) en Samfya (23 836).

Die provinsie is na die Luapula-rivier vernoem en sluit groot gedeeltes van twee mere in, Mweru en Bangweulu.

Verwysingswysig

  1. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2013. Besoek op 30 Junie 2013.
  2. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Maart 2010. Besoek op 14 Desember 2009.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media