Louis de Villiers

Louis de Villiers is 'n bekroonde Afrikaanse sportjoernalis en skrywer van ’n rugbyriller. Die predikant, digter en koerantredakteur I.L. de Villiers was sy vader.

Lewe en werkwysig

Louis de Villiers is die oudste seun van die bekende digter, teoloog en joernalis I.L. de Villiers, en Rina Visser. Sy jonger broer is Jacques. Louis voltooi sy skoolopleiding aan die Hoërskool Zwaanswyk in Retreat in die tyd dat sy vader predikant was van die NG gemeente Constantia, studeer in die regte aan die Universiteit Stellenbosch en voltooi dan sy twee jaar verpligte militêre diensplig. Hy sluit daarna as joernalis by die redaksie van Die Burger aan en word later sportjoernalis by Rapport, waar hy verskeie pryse wen met sy sportverslaggewing. Hy is ongetroud en woon in Observatory in Kaapstad.

Skryfwerkwysig

Sy debuut is met die rugbyriller Kaapstad Karma-Polisie ontmoet die Bokke,[1][2] waarin geweld, dwelms en prostitusie ’n groot rol speel. Groot weddenskappe kan gewen word as die uitslag van rugbywedstryde beïnvloed kan word en die sindikate wat hierin betrokke is, stuit vir niks nie.[3] Die boek maak opslae met sy uitbeelding van grafiese geweld en kru taalgebruik, wat alles oortref wat voorheen in hierdie verband in Afrikaans gepleeg is. Desnieteenstaande beïndruk die skrywer se woordvaardigheid en gevatte gesegdes. Hierdie boek is in 2013 op die kortlys vir die toekenning van die Jan Rabie Rapport-prys vir vernuwende werk.

Publikasieswysig

JaarPublikasies
2012Kaapstad Karma-Polisie ontmoet die Bokke

Bronnelyswysig

Resensieswysig

  1. Gouws, Tom. Beeld. 16 April 2012
  2. Hambidge, Joan Woorde wat Weeg: http://joanhambidge.blogspot.co.za/2013/04/louis-de-villiers-kaapstad-karma.html
  3. Jansen, Herman: Rapport 4 Maart 2012

Tydskrifte en koerantewysig

  • Greeff, Rachelle “Hy’t-die-wêreld-gemoker-en-dit-het-beweeg Junior” “By” 10 Maart 2012

Internetwysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media