Liter

Maateenheid vir volume

Die liter is 'n maateenheid wat gelyk is aan 1 dm3 (een kubieke desimeter, waar een desimeter gelyk is aan 10 cm). Dit is ook gelyk aan 1 000 cm3 of 10-3 m3. Die liter is 'n eenheid wat in die Internasionale Stelsel van Eenhede gebruik word. Die naam "liter" is afgelei van die pre-Rewolusionêre Franse eenheid, die litron. In 1793 was die liter deur die Franse Rewolusionêre regering as 1 000 cm3 gedefinieer. Terselfdertyd is die kilogram gedefinieer as die gewig van 1 000 cm3 by die vriespunt van ys.[1] In 1799 is die Kilogramme des Archives vervaardig. Dit was gebaseer op 1 000 cm3 water by sy grootste digtheid, dit wil sê 4 °C.[2]

Die liter is 'n maateenheid van volume wat gelyk aan 'n kubus met kante van 10 cm
Maßkrüge (1-liter bierbeker) gedurende die 2006 Oktoberfest in Duitsland

Die CGPM beveel aan dat die naam "liter" nie gebruik word om die resultate van hoë-akkuraatheid volumemates aan te gee nie. Een rede vir hierdie besluit is dat enige SI-eenhede se name 'n een-tot-een ooreenkoms moet hê met die gelykstaande dimensies wat in terme van die SI-basiseenhede uitgedruk word; i.e. 'n SI-naam vir 'n eenheid van volume sou na die kubieke meter moes verwys. Uniek in die SI is die liter twee simbole toegeken: die kleinletter asook die hoofletter Romeinse letter L — d.i. "l" en "L". Die kleinletter word algemeen gebruik, tensy daar 'n risiko bestaan dat dit met die numeriese "1" verwar sou kon word.

Die liter is in die verlede anders gedefinieer. In 1901 het die Derde Conférence Générale des Poids et Mesures (CGPM; Frans, "Algemene Konferensie oor Gewigte en Mates") dit vasgestel as die volume wat deur 1 kg suiwer water beslaan word teen die temperatuur by die stof se maksimum digtheid (ongeveer 4 °C) en by een atmosferiese druk.

Die huidige definisie, wat in 1964 aanvaar was, is dieselfde as die oorspronklike definisie: die liter is in presiese verhouding met die meter gedefinieer en is sinoniem met die kubieke desimeter, d.i. 1 liter is presies 1 dm3.[3]

Die liter soos dit in 1901 gedefinieer is, sou dieselfde volume as 1,000028 hedendaagse liters opneem. Moderne metroloë skryf die verskil toe aan die foutiewe gebruik van 'n kilogramstandaard wat ongeveer 28 mg swaarder was as die internasionale kilogramprototipe.

Bronnewysig

  • "Litre", Microsoft(R) Encarta(R) 99-Ensiklopedie. (c) 1993–1998 Microsoft-korporasie. Alle regte voorbehou.

Verwysingswysig

  1. "Décret relatif aux poids et aux mesures. 18 germinal an 3 (7 avril 1795)" [Besluit rakende mate en gewigte: 18 Germinal Jaar III (7 April 1795)]. Le systeme metrique decimal (in Frans). Association Métrodiff. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Junie 2018. Besoek op 7 Februarie 2011.
  2. History of the kilogram
  3. "NIST, 2000". Ts.nist.gov. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Desember 2011. Besoek op 26 April 2012.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media