Lingua Franca Nova

Lingua Franca Nova is 'n kunsmatige taal, deur Dr. C. George Boeree saamgestel, om as hulpmiddel te dien in internasionale kommunikasie. Dit is saamgestel uit 'n mengsel van die tale Frans, Italiaans, Portugees, Spaans en Katalaans, met 'n grammatika soortgelyk aan die kreoolse tale soos Bislama, Tok Pisin en Papiamentu. Die kort naam vir die taal is LFN. Die LFN-groep het hul eie wiki en sedert 19 April 2018 ook hul eie Wiki Baike.

Lingua Franca Nova
Gepraat in: 
Gebied:
Totale sprekers:>100
Taalfamilie:Indo-Europees
 Kunsmatige taal
  Lingua Franca Nova 
Skrifstelsel:Latynse en Cyrilliese alfabet
Taalkodes
ISO 639-1:geen
ISO 639-2:
ISO 639-3:lfn 

Inleidingwysig

Die woordeskat van die taal is afkomstig van vyf romaanse tale: Frans, Spaans, Portugees, Italiaans en Katalaans, maar die grammatika is nader aan die kreool se tale. Soos meeste werkwoorde in Afrikaans, verander die werkwoord nie na aanleiding van die persoon nie:

Me scrive - ek skryf
Tu scrive - jy/u skryf
El scrive - hy/sy/dit skryf
Nos scrive - ons skryf
Vos scrive - julle skryf
Los scrive - hulle skryf

Voorbeeldewysig

Bon dia - goeie dag
Alo - hallo
Como es tu? - hoe gaan dit met jou?
Bon, e tu? - goed, en self?
No mal - nie te sleg nie
Ce es tu nom? - wat is jou naam?
Me nom es Maria - my naam is Maria
Grasias! - dankie!
Tu es vera bela -- jy is baie mooi
Pardona? - verskoon tog?
Me ama tu - ek hou van jou
Me debe vade aora - ek moet nou gaan
Asta la ora? - sien jou later?
Bon sera - goeie naand
Bon fortuna - sterkte

Lingua Franca Nova luister

Lingua Franca Nova is ontwerp om 'n besonder eenvoudige, konsekwente, en maklik leerbare taal vir internasionale kommunikasie te skep.
Dit het 'n aantal positiewe eienskappe:
Dit het 'n beperkte aantal foneme. Dit klink soortgelyk aan Italiaans of Spaans.
Dit word foneties gespel. Geen kind hoef jare te spandeer om dit aan te leer nie.
Dit het 'n heeltemal gewone grammatika. Dit is min of meer so eenvoudig as Engels of Indonesies.
Dit het 'n beperkte en heel-gereelde stel produktiewe affikse vir roetine woordafleiding.
Dit het goed gedefinieerde reëls vir woordorde, in ooreenstemming met baie groot tale.
Dit het 'n woordbasis wat sterk gewortel is in die moderne Romaanse tale. Hierdie tale is self wydverspreid en invloedryk, plus hulle het die grootste deel van die Engelse woordeskat bygedra.
Dit is ontwerp om Latynse en Griekse tegniese neologismes natuurlik te aanvaar, die de facto "wêreldstandaard".
Dit is ontwerp om relatief "natuurlik" te wees vir diegene wat vertroud is met Romaanse tale, sonder om enigsins moeiliker vir ander persone te wees om aan te leer!

Letterkundewysig

Die eerste oorspronklike roman wat in Lingua Franca Nova gepubliseer is, was La xerca per Pahoa ["die soektog na Pahoa"], geskryf deur Vicente Costalago;[1] Uitgewers het in 2020 (internet) en 2021 (boek) begin. Die tweede oorspronklike boek wat gepubliseer is, was La marcia nonconoseda, ook deur dieselfde skrywer.[2]

Grammatikawysig

LFN het 'n analitiese grammatika en lyk soos die grammatika van tale soos die Haïtiaanse Kreools, Papiaments en Afrikaans.

Verwysingswysig

  1. "La xerca per Pahoa". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Augustus 2021. Besoek op 29 Maart 2022.
  2. "La marcia noncoseda". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2022. Besoek op 29 Maart 2022.

Eksterne skakelswysig

Wiki Baike
Sien gerus Wiki Baike se uitgawe in Lingua Franca Nova


Indo-Europese tale: Kentum-tale: Italiese tale
Italiese groepOskies | Umbries | Faliskies | Latyn
Romaanse tale
IberoromaansAragonees | Asturies | Galicies | Katalaans | Ladino | Leonees | Portugees | Spaans
GalloromaansLangues d'oil: Frans | Gallo | Lorreins | Normandies (Auregnais | Guernésiais | Jèrriais | Sercquiais) Pikardies | Champenois | Waals | Anglo-Normandies
Oksitaans: Aranees | Auvergnat | Gaskons | Languedokies | Limousin | Provensaals
Frankoprovensaals
GalloitaliesLombardies | Monegaskies | Piëmontees | Venesiaans
RetoromaansRomansch | Ladinies | Friulaans
ItaloromaansDalmaties | Italiaans | Napolitaans
Suid-RomaansKorsikaans | Sardies (Campidanies, Galluraans, Logudories, Sassaries) | Sisiliaans
BalkanromaansAroemeens | Istro-Roemaans | Meglenoroemaans | Roemeens
Romaanse
Kunstale
Interlingua | Interlingue | Lingua Franca Nova
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media