Letseng-la-Terai

Letseng-la-Terai is 'n diamantmyn in Lesotho. Dit is wes van Mokhotlong, 3 100 meter bo seevlak geleë in die Malutiberge.

Geskiedeniswysig

Die hoof- en satellietpype was deur Peter Nixon ontdek gedurende 1957 terwyl hy in die omgewing gewerk het. Die pyp is as 'n staatsmyn verklaar gedurende 1957 en teen 1967 was daar ongeveer 6000 plaaslike delwers. Daar word bereken dat die myn tot op daardie stadium 63 000 karaat diamante gelewer het insluitende die Lesotho Brown van 601 karaat. Die pyp is bekend daarvoor dat dit groot, hoëkwaliteit stene oplewer.

Rio Tintowysig

Rio Tinto Exploration (Pty) Ltd het 'n kontrak verkry om die pype verder te ondersoek en 'n lewensvatbaarheidstudie te doen. Vanaf die tyd tot 1972 het Rio Tinto toetsgate geboor, ondergrondse toetse gedoen, baie groot hoë kwaliteit diamante gekry maar tog aktiwiteite gestaak omrede die opbrengs per ton erts (3.5 karaat per ton) te laag was.

De Beerswysig

Die regering van Lesotho het 'n ooreenkoms met De Beers aangegaan gedurende 1976 vir verder toetsing en om 'n myn te vestig. Die myn is geopen gedurende 1977 en gesluit gedurende 1982 omrede die diamantmark in 'n resessie gegaan het. In die tyd is 272 840 karaat diamante gevind.

Tanswysig

Die myn is tans in bedryf nadat dit weer geopen is gedurende die 1900's. Die Lesothoregering besit 30% in die myn en Gem Diamonds 70%.[1]

In 2011 is ’n diamant van 550 karaat – die Letseng Star – ontdek. Dit is die 14de grootste wit diamant in die wêreld. Die die Lesotho Promise van 603 karaat is in 2006 ontdek en is tans die 13de grootste wit diamant in die wêreld. In 2014 is nog 'n wit diamant van 198 karaat hier gekry.[2]

Op 15 Januarie 2018 kondig Gem Diamonds die ontdekking aan van 'n 910 karaat diamant by hierdie myn.[3]

Verwysingswysig

Koördinate: 29°0′14.44″S 28°51′44.23″O / 29.0040111°S 28.8622861°O / -29.0040111; 28.8622861

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media