Leeubrug

Brug in Pretoria, Suid-Afrika

Leeubrug is 'n brug in Kerkstraat, Pretoria oor die Apiesrivier naby waar Walkerspruit daarby aansluit. Die brug is deur Sytze Wierda, Staatsargitek en Ingenieur van die Zuid-Afrikaansche Republiek, ontwerp en JJ Kirkness het in Desember 1887 met bouwerk begin. Voor die oprig van die brug is die verbinding tussen Arcadia en die sentrale deel van die dorp Meintjiesdrift of Leeudrift genoem – blykbaar omdat die digte struike en riete in die omgewing 'n veilige lêplek vir leeus was. Die laaste leeu in die omgewing is in 1858 geskiet. Die eerste brug oor die rivier, Arcadiabrug, het weggespoel. Ook die brug wat vandag nog staan moes in 1894 versterk word nadat dit beskadig is in vloede in Februarie en Oktober 1890. Vier bronsleeus uit Skotland is deur Sammy Marks geskenk en op die hoeke van die brug aangebring.[1]

Leeubrug in Kerkstraat.

Die brug is op 31 Desember 1981 tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar.

Fotogalerywysig

Verwysingswysig

  1. PJ Greyling, Pretoria en die Anglo-Boere Oorlog, 'n Gids, Protea Boekhuis, Pretoria, Suid-Afrika, 2000, p75
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media