Leeu-Gamka

Leeu-Gamka is 'n nedersetting in die Karoo langs die N1 nasionale pad, suidwes van Beaufort-Wes in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie het ongeveer 2 700 inwoners in 2011 gehad.

Leeu-Gamka
Leeu-Gamka se spoorwegstasie
Leeu-Gamka se spoorwegstasie
Leeu-Gamka is in Wes-Kaap
Leeu-Gamka
Leeu-Gamka
 Leeu-Gamka se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 32°46′25″S 21°58′49″O / 32.77361°S 21.98028°O / -32.77361; 21.98028Koördinate: 32°46′25″S 21°58′49″O / 32.77361°S 21.98028°O / -32.77361; 21.98028
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistrikSentraal Karoo
MunisipaliteitPrins Albert
Stigting1879
Oppervlak
 • Totaal10,89 km2 (4,20 vk. myl)
Hoogte
552 m (1 811 ft)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal604
 • Digtheid55/km2 (140/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense10.4%
 • Bruin mense83.1%
 • Swart mense6.1%
 • Ander0.4%
Taal (2011)
 • Afrikaans 97.3%
 • Engels 1.5%
 • Ander 1.2%
Poskode (strate)
6950
Skakelkode023
Die nuwe NG kerk op Leeu-Gamka.
Ds. D.J. Le R. Marchand van die NG gemeente Prins Albert, het die hoeksteen op 7 Junie 1922 gelê. Sedert die bou van die nuwe kerk gebruik die gemeente dit as 'n saal.

Dit was vroeër as "Bitterwater" bekend en 'n gewilde aandoenplek vir reisigers na die Noorde, aangesien dit een van die min plekke in die omgewing was wat drinkbare water gehad het. In 1879 is 'n klipgeboustasie met ’n lae platform opgerig en is dit herdoop tot "Fraserburgweg". Die eerste kerk en skool is in 1896 gebou en 'n hotel in 1898. Gedurende die Anglo-Boereoorlog is die hotel en van die ander geboue as 'n hospitaal gebruik deur die Britse magte.

In die 1940's is die naam na Leeu-Gamka verander na aanleiding van die Leeu- en die Gamkariviere wat naby die dorp verbyloop. Die naam is saamgestel uit Afrikaans "leeu" en Khoi -gam- ‘leeu’ met -ka wat op ’n suigklank dui; dit is dus ’n verdubbeling van betekenis: ‘leeu-leeu’.

Die laaste van die uitgestorwe Kaapse leeus is vermoedelik naby Leeu-Gamka in 1842 doodgeskiet.

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Leeu-Gamka". Sensus 2011.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media