Landadel

Landadel is 'n hoofsaaklik historiese sosiale klas wat, veral in die Britse konteks, uit adellike landeienaars bestaan het wat hul hele inkomste uit hul landgoede getrek het, sy dit regstreeks of deur huur- en paggelde. Hul werksaamhede was dikwels slegs administratief van aard insoverre as hulle hul eie landgoede bestuur het.

Mr and Mrs Andrews (1748–49) is 'n skildery deur die Britse kunstenaar Thomas Gainsborough wat lede van die Britse landadel uitbeeld. National Gallery, Londen

In Engeland het die landadel of landed gentry uit vier verskillende groepe bestaan:[1]

  1. Baronette, 'n erflike titel wat oorspronklik in 1611 deur koning James geskep is en aan die draer die reg verleen om as "Sir" aangespreek te word mits hy 'n ridder was.
  2. Ridders, oorspronklik slegs 'n militêre rang wat later toenemend aan burgerlikes toegeken is ter erkenning van hul dienste aan die Kroon. Draers van die titel het die reg om as "Sir" aangespreek te word.
  3. Esquires, oorspronklik mans wat aspirante vir die ridderslag was en as die hoofbediendes van 'n ridder gedien het. Ná die middeleeue het Esquire 'n eretitel geword wat deur die Kroon verleen is. Persoonlikhede wat bepaalde ampte soos dié van advokaat of vredesregter beklee het en hoër range van offisiere in die leër was gewoonlik Esquires.
  4. Gentlemen of Here het 'n hoë status beklee wat in die Statute of Additions van 1413 as afsonderlike titel erken is. Persone van hoë geboorte of rang, wat hoë aansien geniet het en welvarend genoeg was om vir hul lewensonderhoud nie op enige ekonomiese aktiwiteit aangewese te wees nie, is as gentlemen beskou.

Verwysingswysig

  1. John Canon: Gentry. In: The Oxford Companion to British History. Oxford: Oxford University Press 1997
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media