KwaNdebele

KwaNdebele was 'n vorige Bantoestan (tuisland) in Suid-Afrika. Die hoofstad in 1981 was KwaMhlanga. Die tuisland was geskep om Suid-Ndebelesprekende mense te huisves. Die tuisland is geskep nadat die Suid-Afrikaanse regering negentien plase van wit eienaars opgekoop het.

KwaNdebele

1981 – 1994
VlagWapenskild
VlagWapen
Ligging of KwaNdebele
Ligging of KwaNdebele
Ligging van KwaNdebele in Suid-Afrika
HoofstadKwaMhlanga
Taal/TaleSuid-Ndebele
RegeringRepubliek
WetgewerParlement
Historiese tydperkApartheid
 - Stigting1981
 - Weer ingelyf in Suid-Afrika27 April 1994
Oppervlakte
 - 19942 208 km2
853 sq mi
Bevolking
 - 1994 skatting373 012 
     Digtheid168,9 /km² 
437,5 /sq mi
GeldeenheidSuid-Afrikaanse Rand

Na die eerste demokratiese Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994 is die tuisland heringelyf by die Republiek van Suid-Afrika, en wel in die provinsies Gauteng en Mpumalanga.

KwaNdebele was die kleinste en jongste van die swart nasionale state van Suid-Afrika. Dit was in Transvaal geleë, noordoos van Pretoria. KwaNdebele het 'n oppervlakte van sowat 2 000 km² tussen Bronkhorstspruit in die suide, Marble Hall in die noorde en Groblersdal in die ooste beslaan. Dit het 'n bevolking van 200 000 gehad, waarvan die oorgrote meerderheid Suid-Ndebele.

KwaNdebele se gebiedsowerheid is op 7 Oktober 1977 ingestel en die staat het selfregerend geword toe ’n Wetgewende Vergadering met 46 setels in 1979 ingestel is. Mnr. Simon Skosana het tussen 1977 en 1981 as hoofminister gedien en die tydelike hoofstad was Siyabuswa.

Die Suid-Ndebele is tradisioneel 'n akkerbouvolk, en akkerbou en veeteelt was dan ook die vernaamste ekonomiese bedrywighede van die inwoners van KwaNdebele. Die gebied val in 'n streek met ’n gemiddelde jaarlikse reënval van 750 mm en is veral geskik vir die verbouing van mielies en vir beesboerdery.

Bokke is ook op betreklik groot skaal aangehou. Die Elandsrivier vloei deur die voormalige KwaNdebele, wat die ontwikkeling van 'n besproeiingskema moontlik maak. In die vroeë tagtigerjare was daar nog geen erkende nywerheidsgroeipunt binne KwaNdebele nie, maar Groblersdal was die belangrikste grensnywerheidskompleks.

Bronnewysig

Eksterne skakelswysig

  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie KwaNdebele.
  • (en) "KwaNdebele". Encyclopædia Britannica. Besoek op 24 Junie 2019.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media