36broomkriptonrubidium
Ar

Kr

Xe
Kr-TableImage.svg
Algemeen
Naam, simbool, getalkripton, Kr, 36
Chemiese reeksedelgasse
Groep, periode, blok18, 4, p
Voorkomskleurloos
Atoommassa83.798 (2) g/mol
Elektronkonfigurasie[Ar] 3d10 4s2 4p6
Elektrone per skil2, 8, 18, 8
Fisiese eienskappe
Toestandgas
Digtheid(0 °C, 101.325 kPa)
3.749 g/L
Smeltpunt115.79 K
(-157.36 °C)
Kookpunt119.93 K
(-153.22 °C)
Kritieke punt209.41 K, 5.50 MPa
Smeltingswarmte1.64 kJ/mol
Verdampingswarmte9.08 kJ/mol
Warmtekapasiteit(25 °C) 20.786 J/(mol·K)
Dampdruk {{{kommentaar}}}
P/Pa1101001 k10 k100 k
teen T/K5965748499120
Atoomeienskappe
Kristalstruktuurkubies vlakgesentreerd
Stukturbericht-kodeA1
Oksidasietoestande2
Elektronegatiwiteit3.00 (Skaal van Pauling)
Ionisasie-energieë1ste: 1350.8 kJ/mol
2de: 2350.4 kJ/mol
3de: 3565 kJ/mol
Atoomradius (ber.)88 pm
Kovalente radius110 pm
Van der Waals-radius202 pm
Diverse
Magnetiese rangskikkingnie-magneties
Termiese geleidingsvermoë(300 K) 9.43 mW/(m·K)
Henry se konstante2,45 x 10-3 [L/mol.atm] 1700 [K] [1]
Spoed van klank(gas, 23 °C) 220 m/s
Spoed van klank(vloeistof) 1120 m/s
CAS-registernommer7439-90-9
Vernaamste isotope
Hoofartikel: Isotope van krypton
isoNVhalfleeftydVMVE (MeV)VP
78Kr0.35%2.3×1020 jε ε-78Se
79Krsin35.04 hε-79Br
β+0.60479Br
γ0.26, 0.39,
0.60
-
80Kr2.25%Kr is stabiel met 44 neutrone
81Krsin2.29×105 jε-81Br
γ0.281-
82Kr11.6%Kr is stabiel met 46 neutrone
83Kr11.5%Kr is stabiel met 47 neutrone
84Kr57%Kr is stabiel met 48 neutrone
85Krsin10.756 jβ-0.68785Rb
86Kr17.3%Kr is stabiel met 50 neutrone
Verwysings

Kripton is 'n chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Kr en atoomgetal van 36. Kripton is 'n kleurlose edelgas wat in spoorhoeveelhede in die atmosfeer voorkom en word ontgin deur die distillasie van vervloeide lug. Dit word dikwels saam met ander skaars gasse gebruik in fluoresserende lampe. Kripton is vir alle praktiese doeleindes inert maar daar is al verbindings met fluoor bekend. Kripton vorm ook klatrate met water wanneer atome daarvan in die waterkristalnetwerk vasgevang word.

Kenmerkende eienskappe

Kripton word 'n edelgas genoem vanweë sy lae chemiese reaktiwiteit en word gekenmerk deur sy heldergroen en oranje spektrum. Dit is een van die produkte van die kernfissie van uraan. Kripton in sy vastestofvorm is 'n wit, kristallyne materiaal met 'n kubies vlakgesentreerde kristalstruktuur wat 'n algemene eienskap is van die edelgasse.

Geskiedenis

Kripton (vanaf Grieks κρυπτός wat "versteek") beteken is 'n die Verenigde Koninkryk in 1898 deur William Ramsay en Morris Travers ontdek in die oorblywende fraksie nadat hulle bykans al die komponente van vloeibare lug laat verdamp het. In 1960 is 'n internasionale ooreenkoms bereik wat die meter gedefinieer het in terme van die lig wat vanaf 'n kripton isotoop uitgestraal word. Hierdie ooreenkoms het die ou standaard meter wat in uit 'n platinum-iridiumlegering vervaardig is en in Parys bewaar is vervang. In Oktober van 1983 is die kriptonstandaard deur die Internasionale Buro van Gewigte en Mates vervang. 'n Meter word nou gedefinieer deur die afstand wat lig aflê in 'n vakuum in 'n 1/299 792 458 deel van 'n sekonde.

Verspreiding

Die konsentrasie van hierdie gas in die atmosfeer is ongeveer 1 dpm. Dit kan uit lug herwin word deur fraksionele distillasie.

Verbindings

Soos die ander edelgasse word kripton as 'n chemiese inerte element beskou. Studies wat egter sedert die 1960's gedoen is toon dat daar wel verbindings van kripton bestaan. Kriptondifluoried is in gramhoeveelhede vervaardig en kan op verskeie maniere vervaardig word. Ander fluoriede en 'n sout van kripton-oksosuur is ook gevind. ArKr+ en KrH+ molekulêre ione is al ondersoek en daar bestaan bewyse dat KrXe of KrXe+ bestaan.

Navorsers by die Universiteit van Helsinki in Finland het onlangs HKrCN en HKrCCH (kriptonhidried-sianied en hidrokripto-asetileen) gesintetiseer; dit is stabiel tot en met 40 K.[2]

Isotope

Kripton kom natuurlik in vyf verskillende stabiele isotope en een effens Radio-aktiewe isotoop voor. Kripton se kenmerkende spektrum word maklik verkry met baie skerp lyne. Kr-81 is die produk van atmosferiese reaksies met ander natuurlike isotope van Kripton. Dit is radio-aktief met 'n halfleeftyd van 250 000 jaar. Soos xenon is kripton baie vlugtig naby oppervlakwaters en is Kr-81 dus al gebruik om die ouderdom van grondwater vas te stel.

Kr-85 is 'n inerte radio-aktiewe edelgas met 'n halfleeftyd van 10.76 jaar, wat ontstaan as gevolg van die kernfissie van uraan en plutonium. Bronne van die materiaal sluit in kernwapentoetse, kernreaktore en die vrystelling van Kr-85 tydens die herverwerking van brandstofstawe van kernreaktore.

Daar bestaan 'n waarneembare verskil in konsentrasies van Kr-85 in die noordelike halfrond en in die suidelike halfrond. Die konsentrasie by die Noordpool is ongeveer 30% hoër as by die Suidpool vanweë die feit dat die meeste Kr-85 in die noordelike halfrond vervaardig word en die vermenging tussen die noordelike- en suidelike halfronde relatief stadig is.

Kriptonfluoriedlaser

'n Belangrike gebruik van kripton is in die kriptonfluoriedlaser. 'n Sekere hoeveelheid energie word bygevoeg om kriptongas te forseer om met fluoorgas te reageer om kriptonfluoried te vorm (KrF2). Die verbinding ontbind sodra die aanwending van energie gestaak word. Tydens die ontbindingsproses word die oortollige chemiese energie, wat in die verbinding gestoor is, uitgestraal in die vorm van sterk laserenergie.

Verwysings

  • "Chemical Elements: From Carbon to Krypton" By: David Newton & Lawrence W. Baker
  • "Krypton 85: a Review of the Literature and an Analysis of Radiation Hazards" By: William P. Kirk

Eksterne skakels


HHe
LiBeBCNOFNe
NaMgAlSiPSClAr
KCaScTiVCrMnFeCoNiCuZnGaGeAsSeBrKr
RbSrYZrNbMoTcRuRhPdAgCdInSnSbTeIXe
CsBaLaCePrNdPmSmEuGdTbDyHoErTmYbLuHfTaWReOsIrPtAuHgTlPbBiPoAtRn
FrRaAcThPaUNpPuAmCmBkCfEsFmMdNoLrRfDbSgBhHsMtDsRgCnNhFlMcLvTsOg
AlkalimetaleAardalkalimetaleLantaniedeAktiniedeOorgangsmetaleHoofgroepmetaleMetalloïdeNiemetaleHalogeneEdelgasseChemie onbekend



Kripton

Kripton is \'n chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Kr en atoomgetal van 36. Kripton is \'n kleurlose edelgas wat in spoorhoeveelhede in die atmosfeer voorkom en word ontgin deur die distillasie van vervloeide lug. Dit word dikwels saam met ander skaars gasse gebruik in fluoresserende lampe. Kripton is vir alle praktiese doeleindes inert maar daar is al verbindings met fluoor bekend. Kripton vorm ook klatrate met water wanneer atome daarvan in die waterkristalnetwerk vasgevang word.