Krieketwêreldbeker 1979

Die Krieketwêreldbeker 1979 (Engels: 1979 Cricket World Cup) is van 9 tot 23 Junie 1979 in Engeland beslis. Dit was die tweede krieketwêreldbeker van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketkonferensie (IKK; nou Internasionale Krieketraad, IKR) aangebied word en die tweede in Engeland. Dié land het voorheen die eerste Krieketwêreldbeker 1975 gehuisves.[3] Die Krieketwêreldbeker 1979 is deur die Britse finansiële en versekeringsmaatskappy Prudential plc geborg en staan dus amptelik bekend as die Prudentialbeker 1979.

Krieketwêreldbeker 1979

Kenteken van die Krieketwêreldbeker 1979
Datums 9 Junie – 23 Junie
Bestuurder Internasionale Krieketkonferensie (IKK)
Krieketformaat Internasionale eendagkrieket (EDI)
Toernooiformaat Groep- en uitklopfase
Gashere Vlag van Engeland Engeland
Kampioen Vlag van Wes-Indië Wes-Indië (2de titel)
Naaswenner Vlag van Engeland Engeland
Deelnemers 8 (23 kwalifiseer)
Wedstryde gespeel 15
Bywoning 132 000 (8 800 per wedstryd)
Meeste lopies Vlag van Wes-Indië Gordon Greenidge (253)[1]
Meeste paaltjies Vlag van Engeland Mike Hendrick (10)[2]
1975
1983
Die Prudentialbeker vir die krieketwêreldbekertoernooie in 1975, 1979 en 1983

Die toernooi se formaat van 1975 het onveranderd gebly en agt nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 1979 deelgeneem: Die destydse ses toetskrieketlande (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan en Wes-Indië), saam met die twee kwalifiserende spanne van die IKK-trofee 1979 Kanada en Sri Lanka. Tydens die Krieketwêreldbeker 1979 is 15 wedstryde gespeel, waaronder twaalf tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 60 boulbeurte per span bestaan en is in tradisionele wit klere en met rooi balle gespeel; almal is bedags gespeel en het dus vroeg in die oggend begin.[4]

Engeland, Nieu-Seeland, Pakistan en Wes-Indië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Engeland het Nieu-Seeland en Wes-Indië het Pakistan geklop, voordat die verdedigende kampioen Wes-Indië die eindstryd op Lord’s in Londen teen die gasheer Engeland met 92 lopies gewen en sodoende sy tweede titel ingepalm het. Suid-Afrika kon nie aan die krieketwêreldbeker deelneem nie as gevolg van ’n sportboikot teen dié land weens sy voortgesette apartheidsbeleid. Kanada het vir die eerste keer aan ’n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem, terwyl al die ander spanne vir ’n tweede keer verskyn het.

Toewysingwysig

Volgens die IKK het net Engeland aan die nodige vereistes voldoen om die eerste drie krieketwêreldbekertoernooie van 1975, 1979 en 1983 te huisves, vervolgens is Engeland as gasheer vir dié toernooie aangewys.[5][6]

Deelnemerswysig

Die volgende agt spanne het vir die Krieketwêreldbeker 1979 gekwalifiseer: Australië, Engeland (gasheer), Indië, Nieu-Seeland, Pakistan en Wes-Indië het as volle lede van die Internasionale Krieketkonferensie met toetskrieketstatus regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 1979 gekwalifiseer. Sri Lanka en Kanada was die enigste twee deelnemende spanne sonder toetsstatus en het gekwalifiseer deur die IKK-trofee-eindstryd 1979 te haal.[7] Sri Lanka het sy toetsstatus in 1982 ontvang.[8] Oos-Afrika, wat aan die eerste krieketwêreldbeker deelgeneem het, kon nie vir hierdie krieketwêreldbeker kwalifiseer nie, dus het – vir die enigste keer in die toernooi se geskiedenis – geen Afrikaspan deelgeneem nie.[9][10]

Uitslag van die kwalifisering; altesaam 23 nasies het deelgeneem.

   Gekwalifiseer as ’n volle lid van Internasionale Krieketkonferensie (IKK)

   Gekwalifiseer tydens die IKK-trofee 1979

   Nie gekwalifiseer nie

   Nie deelgeneem nie

SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGroep
EngelandGasheerTweede1975Halfeindrondte (1975)A
AustraliëVolle ledeTweede1975Naaswenner (1975)A
IndiëTweede1975Groepfase (1975)B
Nieu-SeelandTweede1975Halfeindrondte (1975)B
PakistanTweede1975Groepfase (1975)A
Wes-IndiëTweede1975Kampioen (1975)B
Sri LankaIKK-trofee 1979-wennerTweede1975Groepfase (1975)B
KanadaIKK-trofee 1979-naaswennerEersteDebuutA

Stadionswysig

Die tweede krieketwêreldbeker is in Engeland se ses tradisionele toetskrieketstadions gespeel. Altesaam 15 wedstryde is tydens die Krieketwêreldbeker 1979 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd.

Londen, Groter Londen
Krieketwêreldbeker 1979 (Engeland)
Londen, Groter Londen
Lord’sThe Oval
51°31′45.84″N 0°10′21.72″W / 51.5294000°N 0.1727000°W / 51.5294000; -0.1727000 (Lord’s)51°29′1″N 0°6′54″W / 51.48361°N 0.11500°W / 51.48361; -0.11500 (The Oval)
Kapasiteit: 30 000Kapasiteit: 23 500
Birmingham, Wes-MidlandsManchester, Groter Manchester
EdgbastonOld Trafford
52°27′20.93″N 1°54′08.96″W / 52.4558139°N 1.9024889°W / 52.4558139; -1.9024889 (Edgbaston)53°27′22.85″N 2°17′12.34″W / 53.4563472°N 2.2867611°W / 53.4563472; -2.2867611 (Old Trafford)
Kapasiteit: 21 000Kapasiteit: 19 000
Nottingham, NottinghamshireLeeds, Wes-Yorkshire
Trent BridgeHeadingley
52°56′12.78″N 1°07′55.78″W / 52.9368833°N 1.1321611°W / 52.9368833; -1.1321611 (Trent Bridge)53°49′3.58″N 1°34′55.12″W / 53.8176611°N 1.5819778°W / 53.8176611; -1.5819778 (Headingley)
Kapasiteit: 15 350Kapasiteit: 14 000

Formaatwysig

Die Krieketwêreldbeker 1979 is oor 15 dae tussen agt verskillende spanne oor 15 wedstryde beslis. Dit het op 9 Junie 1979 met vier gelyktydige wedstryde begin. Die toernooi het geëindig op Lord’s in Londen op 23 Junie met die eindstryd tussen Wes-Indië en Engeland, waartydens Wes-Indië die Prudentialbeker ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die Krieketwêreldbeker 1975 ingespan.

Kalenderwysig

Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 1979 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Junie
Do
9
Vr
10
Sa
11
So
12
Ma
13
Di
14
Wo
15
Do
16
Vr
17
Sa
18
Groep A222
Groep B2211
Uitklopfase
Junie
So
19
Ma
20
Di
21
Wo
22
Do
23
Uitklopfase21
Verklaring

   Groepwedstryde

   Uitklopfase

   Eindstryd

Groepewysig

Groep AGroep B

Australië
Engeland
Kanada
Pakistan

Indië
Nieu-Seeland
Sri Lanka
Wes-Indië

Groepfasewysig

Die Krieketwêreldbeker 1979 is deur agt nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier elk verdeel met dieselfde formaat as wat in 1975 gebruik is; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Vier punte is vir ’n oorwinning toegeken, twee vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van albei groepe het na die uitklopfase deurgedring.

Uitklopfasewysig

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd die volgende dag herhaal.

Skeidsregterswysig

’n Paneel van agt skeidsregters is vir die toernooi ingespan.

Wedstrydewysig

Kwalifiseer vir die uitklopfase.
Uit die toernooi geskakel.

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.

Groepfasewysig

Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep Awysig

SpanWedWenVerOnbLTPte
Engeland3300+3.0712
Pakistan3210+3.608
Australië3120+3.164
Kanada3030+1.600
9 Junie 1979

Telkaart
Australië
159/9 (60 boulbeurte)
t
Engeland
160/4 (47.1 boulbeurte)
Andrew Hilditch 47 (108)
Geoffrey Boycott 2/15 (6 boulbeurte)
Graham Gooch 53 (96)
Trevor Laughlin 2/38 (9.1 boulbeurte)
Engeland wen met ses paaltjies
Lord’s, Londen
Skeidsregters: David Constant en Barrie Meyer (Eng)
Speler van die wedstryd: Graham Gooch (Eng)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
9 Junie 1979

Telkaart
Kanada
139/9 (60 boulbeurte)
t
Pakistan
140/2 (40.1 boulbeurte)
Glenroy Sealy 45 (110)
Sarfraz Nawaz 3/26 (10 boulbeurte)
Sadiq Mohammad 57* (122)
John Valentine 1/18 (9 boulbeurte)
Pakistan wen met agt paaltjies
Headingley, Leeds
Skeidsregters: Dickie Bird en Alan Whitehead (Eng)
Speler van die wedstryd: Sadiq Mohammad (Pak)
  • Kanada het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Christopher Chappell, Glenroy Sealy, Franklyn Dennis, Martin Stead, Cecil Marshall, John Vaughan, Bryan Mauricette, Tariq Javed, Jitendra Patel, Cornelius Henry en John Valentine (almal Can) het hul EDI-debuut gemaak.
13–14 Junie 1979

Telkaart
Pakistan
286/7 (60 boulbeurte)
t
Australië
197 almal uit (57.1 boulbeurte)
Asif Iqbal 61 (57)
Gary Cosier 3/54 (12 boulbeurte)
Andrew Hilditch 72 (129)
Sikander Bakht 3/34 (11 boulbeurte)
Pakistan wen met 89 lopies
Trent Bridge, Nottingham
Skeidsregters: Dickie Bird en Ken Palmer (Eng)
Speler van die wedstryd: Asif Iqbal (Pak)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Reserwedag op 14 Junie gebruik; 13 Junie uitgespoel.
  • Jeff Moss en Graeme Porter (albei Aus) het hul EDI-debuut gemaak.
  • Pakistan vorder hiermee tot die uitklopfase.
  • Australië is hiermee uit die toernooi geskakel.
13–14 Junie 1979

Telkaart
Kanada
45 almal uit (40.3 boulbeurte)
t
Engeland
46/2 (13.5 boulbeurte)
Franklyn Dennis 21 (99)
Chris Old 4/8 (10 boulbeurte)
Graham Gooch 21* (31)
Robert Callender 1/14 (6 boulbeurte)
Engeland wen met agt paaltjies
Old Trafford, Manchester
Skeidsregters: John Langridge en Barrie Meyer (Eng)
Speler van die wedstryd: Chris Old (Eng)
  • Kanada het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Reserwedag op 14 Junie gebruik; 13 Junie uitgespoel.
  • Robert Callender (Can) het sy EDI-debuut gemaak.
  • Engeland vorder hiermee tot die uitklopfase.
  • Kanada is hiermee uit die toernooi geskakel.
16 Junie 1979

Telkaart
Kanada
105 almal uit (33.2 boulbeurte)
t
Australië
106/3 (26 boulbeurte)
John Vaughan 29 (43)
Alan Hurst 5/21 (10 boulbeurte)
Kim Hughes 27* (40)
Cornelius Henry 2/27 (10 boulbeurte)
Australië wen met sewe paaltjies
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: David Constant en John Langridge (Eng)
Speler van die wedstryd: Alan Hurst (Aus)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Charles Baksh (Can) het sy EDI-debuut gemaak.
  • Alan Hurst (Aus) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[11]
16 Junie 1979

Telkaart
Engeland
165/9 (60 boulbeurte)
t
Pakistan
151 almal uit (56 boulbeurte)
Graham Gooch 33 (90)
Majid Khan 3/27 (12 boulbeurte)
Asif Iqbal 51 (104)
Mike Hendrick 4/15 (12 boulbeurte)
Engeland wen met 14 lopies
Headingley, Leeds
Skeidsregters: Lloyd Budd en David Evans (Eng)
Speler van die wedstryd: Mike Hendrick (Eng)
  • Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.

Groep Bwysig

SpanWedWenVerOnbLTPte
Wes-Indië3201+4.3510
Nieu-Seeland3210+4.438
Sri Lanka3111+4.456
Indië3030+2.780
9 Junie 1979

Telkaart
Indië
190 almal uit (53.1 boulbeurte)
t
Wes-Indië
194/1 (51.3 boulbeurte)
Gundappa Viswanath 75 (134)
Michael Holding 4/33 (12 boulbeurte)
Gordon Greenidge 106* (173)
Kapil Dev 1/46 (10 boulbeurte)
Wes-Indië wen met nege paaltjies
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: David Evans en John Langridge (Eng)
Speler van die wedstryd: Gordon Greenidge (WI)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Surinder Khanna (Ind) het sy EDI-debuut gemaak.
  • Gordon Greenidge teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[12]
9 Junie 1979

Telkaart
Sri Lanka
189 almal uit (56.5 boulbeurte)
t
Nieu-Seeland
190/1 (47.4 boulbeurte)
Anura Tennekoon 59 (96)
Brian McKechnie 3/25 (10.5 boulbeurte)
Glenn Turner 83* (143)
Ajit de Silva 1/39 (12 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met nege paaltjies
Trent Bridge, Nottingham
Skeidsregters: Lloyd Budd en Ken Palmer (Eng)
Speler van die wedstryd: Geoff Howarth (NZ)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Jeremy Coney, Warren Lees en Warren Stott (almal NZ), asook Roy Dias, Sunil Jayasinghe, Sudath Pasqual en Stanley De Silva (almal SL) het hul EDI-debuut gemaak.
13–15 Junie 1979

Telkaart
t
Wedstryd afgelas sonder dat ’n bal geboul is.
The Oval, Londen
Skeidsregters: onbekend
Speler van die wedstryd: nie toegeken nie
  • geen loot nie
  • Twee reserwedae gebruik, as gevolg van swaar reën nie gespeel nie.
  • Dit is die eerste krieketwêreldbekerwedstryd wat afgelas is sonder dat ’n bal geboul is.[13]
13 Junie 1979

Telkaart
Indië
182 almal uit (55.5 boulbeurte)
t
Nieu-Seeland
183/2 (57 boulbeurte)
Sunil Gavaskar 55 (144)
Brian McKechnie 3/24 (12 boulbeurte)
Bruce Edgar 84* (167)
Mohinder Amarnath 1/39 (12 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met agt paaltjies
Headingley, Leeds
Skeidsregters: Lloyd Budd en Alan Whitehead (Eng)
Speler van die wedstryd: Bruce Edgar (NZ)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Nieu-Seeland vorder hiermee tot die uitklopfase.
  • Indië is hiermee uit die toernooi geskakel.
16–18 Junie 1979

Telkaart
Sri Lanka
238/5 (60 boulbeurte)
t
Indië
191 almal uit (54.1 boulbeurte)
Sunil Wettimuny 67 (120)
Mohinder Amarnath 3/40 (12 boulbeurte)
Dilip Vengsarkar 36 (57)
Somachandra de Silva 3/29 (11 boulbeurte)
Sri Lanka wen met 47 lopies
Old Trafford, Manchester
Skeidsregters: Ken Palmer en Alan Whitehead (Eng)
Speler van die wedstryd: Duleep Mendis (SL)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Reserwedag op 18 Junie gebruik, oorspronklike wedstryddatum (16 Junie) is uitgewas; 17 Junie was ’n Sondag.
  • Ranjan Madugalle en Ranjan Gunatilleke (albei SL) het hul EDI-debuut gemaak.
16 Junie 1979

Telkaart
Wes-Indië
244/7 (60 boulbeurte)
t
Nieu-Seeland
212/9 (60 boulbeurte)
Clive Lloyd 73* (80)
Jeremy Coney 2/40 (12 boulbeurte)
Richard Hadlee 42 (48)
Andy Roberts 3/43 (12 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 32 lopies
Trent Bridge, Nottingham
Skeidsregters: Dickie Bird en Barrie Meyer (Eng)
Speler van die wedstryd: Clive Lloyd (WI)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Ewen Chatfield (NZ) het sy EDI-debuut gemaak.
  • Wes-Indië vorder hiermee tot die uitklopfase.
  • Sri Lanka is hiermee uit die toernooi geskakel.

Uitklopfasewysig

 HalfeindrondteEindrondte
       
20 Junie – Manchester
  Engeland221/8 
  Nieu-Seeland212/9 23 Junie – Londen
    Engeland194
20 Junie – Londen   Wes-Indië286/9
  Wes-Indië293/6
  Pakistan250 

Halfeindrondtewysig

20 Junie 1979

Telkaart
Engeland
221/8 (60 boulbeurte)
t
Nieu-Seeland
212/9 (60 boulbeurte)
Graham Gooch 71 (84)
Brian McKechnie 2/46 (12 boulbeurte)
John Wright 69 (137)
Mike Hendrick 3/55 (12 boulbeurte)
Engeland wen met nege lopies
Old Trafford, Manchester
Skeidsregters: John Langridge en Ken Palmer (Eng)
Speler van die wedstryd: Graham Gooch (Eng)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Wayne Larkins (Eng) het sy EDI-debuut gemaak.
20 Junie 1979

Telkaart
Wes-Indië
293/6 (60 boulbeurte)
t
Pakistan
250 almal uit (56.2 boulbeurte)
Gordon Greenidge 73 (107)
Asif Iqbal 4/56 (11 boulbeurte)
Zaheer Abbas 93 (122)
Colin Croft 3/29 (11 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 43 lopies
The Oval, Londen
Skeidsregters: Lloyd Budd en David Constant (Eng)
Speler van die wedstryd: Gordon Greenidge (WI)
  • Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.

Eindstrydwysig

23 Junie 1979

Telkaart
Wes-Indië
286/9 (60 boulbeurte)
t
Engeland
194 almal uit (51 boulbeurte)
Viv Richards 138* (157)
Phil Edmonds 2/40 (12 boulbeurte)
Mike Brearley 64 (130)
Joel Garner 5/38 (11 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 92 lopies
Lord’s, Londen
Skeidsregters: Dickie Bird en Barrie Meyer (Eng)
Speler van die wedstryd: Viv Richards (WI)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Joel Garner (WI) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[11]
  • Viv Richards teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[12]
  • Wes-Indië wen die Krieketwêreldbeker 1979 sonder ’n verlore wedstryd en brei hul reeks van onoorwonne krieketwêreldbekerwedstryde tot tien uit.[14]


Krieketwêreldkampioen 1979
Wes-Indië

Statistiekwysig

Finale puntestandwysig

Hierdie tabel toon die finale puntestand van al agt deelnemende nasionale krieketspanne in die Krieketwêreldbeker 1979.

Uitslag van die Krieketwêreldbeker 1979:

   Kampioen

   Naaswenner

   Halfeindrondte

   Groepfase

   Nie deelgeneem nie

RangSpanGroepWedWenGelVerLVLT+/–LTPte
Finaliste
1 Wes-IndiëB54101017846+17118
2 EngelandA5401786853–6716
In die halfeindrondte uitgeskakel
3 PakistanA4211827794+3310
4 Nieu-SeelandB4211797836–3910
In die groepfase uitgeskakel
5 Sri LankaB3111427381+46+4.456
6 AustraliëA3102462551–89+3.164
7 IndiëB3003563615–52+2.780
8 KanadaA3003289292–3+1.600

Meeste lopies en paaltjieswysig

Meeste lopies aangeteken:[1]
NaamLopies
1 Gordon Greenidge253
2 Viv Richards217
3 Graham Gooch210
4 Glenn Turner176
5 John Wright166
Meeste paaltjies geneem:[2]
NaamPaaltjies
1 Mike Hendrick10
2 Brian McKechnie9
Asif Iqbal
Chris Old
5 Michael Holding8
Colin Croft
Joel Garner

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. 1,0 1,1 (en) "Records / Prudential World Cup, 1979 / Most Runs". ESPNcricinfo. 23 Junie 1979. Besoek op 7 April 2023.
  2. 2,0 2,1 (en) "Records / Prudential World Cup, 1979 / Most Wickets". ESPNcricinfo. 23 Junie 1979. Besoek op 7 April 2023.
  3. (en) "England awarded 2019 World Cup". ESPNcricinfo. 30 April 2006. Besoek op 7 April 2023.
  4. (en) "The 1979 World Cup in England – West Indies retain their title". ESPNcricinfo. Besoek op 7 April 2023.
  5. (en) Martin Williamson (31 Januarie 2015). "The birth of the World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 7 April 2023.
  6. (en) "How limited-overs cricket led to birth of World Cup". Dawn. 8 Februarie 2011. Besoek op 7 April 2023.
  7. (en) "ICC Trophy 1979 – background". ESPNcricinfo. Besoek op 7 April 2023.
  8. (en) "The 1979 World Cup in England – West Indies retain their title". ESPNcricinfo. 25 Oktober 2006. Besoek op 7 April 2023.
  9. (en) "Flashback: 1979 Cricket World Cup". Gulf News. 20 Mei 2019. Besoek op 7 April 2023.
  10. (en) Gursimran Hans (22 Julie 2018). "The history of the Cricket World Cup: 1979". Medium.com. Besoek op 7 April 2023.
  11. 11,0 11,1 (en) "Statistics / Statsguru / One-Day Internationals / Bowling Records". ESPNcricinfo. Besoek op 7 April 2023.
  12. 12,0 12,1 (en) "Statistics / Statsguru / One-Day Internationals/ Batting Records". ESPNcricinfo. Besoek op 7 April 2023.
  13. (en) "Cricket World Cup 2015: Australia v Bangladesh washed out by rain". BBC. 21 Februarie 2015. Besoek op 7 April 2023.
  14. (en) "Statistics / Statsguru / One-Day Internationals / Team Records". ESPNcricinfo. Besoek op 7 April 2023.

Verdere leesstofwysig

Eksterne skakelswysig


Krieketwêreldbeker

Engeland 1975Engeland 1979Engeland / Wallis 1983Indië / Pakistan 1987Australië / Nieu-Seeland 1992Pakistan / Indië / Sri Lanka 1996Engeland / Skotland / Wallis / Ierland / Nederland 1999Suid-Afrika / Zimbabwe / Kenia 2003Wes-Indië 2007Indië / Sri Lanka / Bangladesj 2011Australië / Nieu-Seeland 2015Engeland / Wallis 2019Indië 2023Suid-Afrika / Zimbabwe / Namibië 2027Indië / Bangladesj 2031

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media