Krieket Australië

Krieket Australië (Engels: Cricket Australia, afgekort “CA”), voorheen bekend as die Australiese Krieketraad (Australian Cricket Board, “ACB”), is die bestuursliggaam wat krieket in Australië beheer en is in Melbourne gesetel. Dit is in 1905 gestig en verteenwoordig sedert 1909 Australië by die Internasionale Krieketraad (IKR) as ’n volle lid en ook by IKR Oos-Asië-Pasifiek (ICC East Asia-Pacific).

Krieket Australië
Kenteken van Krieket Australië
Kenteken van Krieket Australië
Engelse naamCricket Australia
AfkortingCA
LandVlag van Australië Australië
SportsoortKrieket
Stigting1905
Gestig inSydney, Australië
Lid vanInternasionale Krieketraad
Aangesluit in1909 (Stigtingslid)
Vastelandse beheerliggaamIKR Oos-Asië-Pasifiek
VoorsitterMike Baird
Hoof- uitvoerende beampteNick Hockley
SetelJolimont, Melbourne, Australië
Amptelike taalEngels
Amptelike webwerfcricket.com.au

Geskiedeniswysig

Krieket Australië is in 1905 as die Australiese Beheerraad vir Internasionale Krieket (Australian Board of Control for International Cricket) gestig.[1] Op 15 Junie 1909 het Australië saam met Engeland en Suid-Afrika op die Londense Lord’s die Imperiale Krieketkonferensie (IKK; nou Internasionale Krieketraad, IKR) gestig.[2]

Die laaste jare voor die Eerste Wêreldoorlog is deur ’n konflik tussen die spelers, aangevoer deur Clem Hill, Victor Trumper en Frank Laver, en die Australiese Krieketraad, onder Peter McAlister, wat probeer het om meer beheer oor toere van die spelers te verkry, oorheers. Dit het tot die uittrede van ses leidende spelers (die sogenaamde “Groot Ses”) tydens die driehoekige toernooi in 1912 in Engeland gelei, waarvolgens Australië se span as ’n tweede vlakspan beskou is.[3]

In Mei 1977 het Kerry Packer ’n wegbreektoernooi aangekondig – Wêreldreekskrieket – nadat die Australiese Krieketraad geweier het om Channel Nine se aanbod vir eksklusiewe uitsaairegte van Australiese toetswedstryde in 1976 te aanvaar. Packer het in die geheim kontrakte met internasionale krieketspelers onderteken, waaronder 28 Australiërs. Byna die hele destydse Australiese toetsspan was by die toernooi betrokke en die Australiese keurders moes die spelers kies wat in die algemeen as ’n derdeklas-span beskou is en in die Sheffield Shield betrokke was. Die voormalige speler Bob Simpson, wat tien jaar tevore weens ’n konflik met die Australiese Krieketraad afgetree het, is op 41 teruggeroep om Australië teen Indië te lei. Jeff Thomson is as onderkaptein benoem in ’n span wat sewe debutante ingesluit het.[4] Wêreldreekskrieketspelers het vir die 1979/80-seisoen weer by die span aangesluit, nadat die Australiese Krieketraad en Kerry Packer ’n ooreenkoms bereik het.[5] Greg Chappell is as kaptein herbenoem. Die Wêreldreekskrieket het talle innovasies gesien wat tot op hede in krieket gebruik word.[6]

Die 1980’s was ’n periode van relatiewe middelmatigheid ná die onrus as gevolg van die rebelletoere in 1987 na Suid-Afrika en die daaropvolgende aftrede van verskeie sleutelspelers. Die rebelletoere is deur die Suid-Afrikaanse Krieketraad finansieel ondersteun om aan sy geskorste nasionale krieketspan internasionale wedstryde te besorg — die Suid-Afrikaanse nasionale krieketspan is net soos die Springbokke en Olimpiese atlete weens die Suid-Afrikaanse regering se rassistiese apartheidsbeleid van al die internasionale toernooie verban.[7][8] Van Australië se beste spelers is gestroop. Die Australiese Krieketraad het hierdie spelers vir drie jaar geskors, wat die spelerpoel vir die nasionale spanne baie laat verswak het, aangesien die meeste van hierdie spelers óf destyds verteenwoordigende spelers was óf op die punt was om toekennings te ontvang.[9]

Taakwysig

Krieket Australië se ses plaaslike beheerliggame is geskoei op die tradisionele deelstaatspanne

Krieket Australië bestaan uit ses plaaslike beheerliggame, wat elkeen ’n deelstaat verteenwoordig.[10] Dit is as ’n Australiese publieke maatskappy gelys.[11] Krieket Australië organiseer verskeie nasionale spanne, insluitend Australië se nasionale seniorkrieketspan vir mans, vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van toets-, EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en vir die reëling van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is Krieket Australië verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Australiese span.

Daarbenewens bestuur die beheerliggaam kinder- en jeugkrieket in Australië. Net soos ander krieketlande beskik Australië oor ’n o/19-nasionale span wat aan die o/19-krieketwêreldbeker deelneem.[12] Australia A is die tweede nasionale span van Australië en van hul wedstryde geniet eersterangse of A-lys-status.

Die beheerliggaam reël ook die plaaslike kompetisies. Die belangrikste krieketligas in Australië is die Sheffield Shield in eersterangse krieket (ses spanne), die Eendagbeker in EDI-krieket (ses spanne), die Big Bash League in T20-krieket (agt spanne) en Second XI vir provinsiale spanne.

Krieket Australië organiseer ook gereeld internasionale toernooie. Hulle het al opgetree as gasheer van die krieketwêreldbekertoernooie in 1992 en 2015 (albei saam met Nieu-Seeland), asook die T20I-wêreldbeker 2022. Saam met Nieu-Seeland sal Australië ook die T20I-wêreldbeker 2028 aanbied.[13]

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. (en) "Our History". Krieket Australië. 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Julie 2021. Besoek op 11 Julie 2021.
  2. (en) "1909–1963 – Imperial Cricket Conference". Internasionale Krieketraad. Besoek op 13 Februarie 2024.
  3. (en) "Australia in England 1912". Wisden Cricketers' Almanack – Online Archive. John Wisden & Co. 1913. Besoek op 13 Februarie 2024.
  4. (en) "India in Australia, 1977–78". ESPNcricinfo. 30 November 1978. Besoek op 13 Februarie 2024.
  5. (en) Martin Williamson. "World Series Cricket". ESPNcricinfo. Besoek op 13 Februarie 2024.
  6. (en) "Innovations that changed the game of cricket". Australian Broadcasting Corporation. 3 Oktober 2016. Besoek op 13 Februarie 2024.
  7. (en) "Australian XI tour of South Africa 1985/86". ESPNcricinfo. Besoek op 13 Februarie 2024.
  8. (en) "The story behind the South African rebel tours". The Roar. 14 Februarie 2016. Besoek op 13 Februarie 2024.
  9. (en) "'How'd I do that?'". ESPNcricinfo. 22 Januarie 2017. Besoek op 13 Februarie 2024.
  10. (en) "Member Associations". Krieket Australië. 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Junie 2021. Besoek op 13 Junie 2021.
  11. (en) "Board of Directors". Krieket Australië. Besoek op 13 Februarie 2024.
  12. (en) Martin Williamson (11 Januarie 2006). "The Under-19 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 13 Februarie 2024.
  13. (en) Nagraj Gollapudi (16 November 2021). "USA co-hosts for 2024 T20 WC, Pakistan gets 2025 Champions Trophy, India and Bangladesh 2031 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 13 Februarie 2024.

Bibliografiewysig

  • (en) Jack Pollard (1988). Australian Cricket: The game and the players. Sydney: Angus & Robertson. ISBN 0-207-15269-1.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media