Kommandeur

(Aangestuur vanaf Kommodoor)

Kommandeur is 'n vlootrang wat in meeste vlote gebruik word, wat hoër is as 'n kaptein, maar ondergeskik aan 'n admiraal. Nie-Engelssprekende nasies gebruik dikwels die rang van flottieljeadmiraal of seniorkaptein as 'n ekwivalent.

Slag in die Sont - Battle of the Sound, 8 November 1658 (Willem van de Velde I)

Tradisioneel behels "kommandeur" die titel vir 'n offisier wat oor meer as een skip bevel hou op 'n gegewe tyd, selfs tydelik, terwyl "kaptein" die tradisionele titel is vir die bevelvoerder van 'n enkele skip, selfs al beklee die offisier 'n laer rang in die mag. As 'n amptelike rang, hou 'n kommandeur tipies die bevel oor 'n flottielje of eskader van skepe as deel van 'n groter taakmag of vloot onder die aanvoering van 'n admiraal.

Portret van Simon van der Stel en sy seun Willem Adriaan. Die oorspronklike is in 'n brand verwoes in 1962; 'n replika is geskep gebaseer op fotomateriaal.

Tydens die bewind van die VOC aan die Kaap de Goede Hoop het die kommandeurs - hul rang is vanaf 1691 tot goewerneur verhoog - 'n belangrike en interessante rol gespeel. Die meeste van die byna dertig bevelvoerders het deur hul persoonlike bekwaamhede, tekortkominge, eienaardighede en houdings teenoor die Kaapse koloniste, 'n eie, persoonlike stempel op die volksplanting aan die suidpunt an Afrika afgedruk. Dit was ten spyte van die Here XVII , die beheerliggaam van die VOC, se streng voorskrifte.

Die kommandeur of goewerneur was die vernaamste amptenaar aan die Kaap, maar hy was altyd ondergeskik aan die VOC deur wie hy aangestel en betaal is. As amptenaar in diens van die Here XVII moes hy hul opdragte uitvoer en kon hy in belangrike sake nie selfstandig optree nie.

Om die taak van die kommandeur te vergemaklik, is hy deur 'n Politieke Raad bygestaan, waarvan hy voorsitter was. Die ondervoorsitter van die raad was die Sekunde. Hy was die tweede in bevel na die kommandeur, en dit het dikwels gebeur dat die sekunde in die plek van die kommandeur waargeneem het.

Sien ookwysig

Bronwysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media