Kokstad

Kokstad is 'n dorp in die Harry Gwala-distriksmunisipaliteit van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Kokstad is vernoem na die Griekwa-hoof Adam Kok III wat hom in 1863 daar gevestig het.

Kokstad
Kokstad se stadsaal
Kokstad se stadsaal
Byname: 
Chef City
Kokstad is in KwaZulu-Natal
Kokstad
Kokstad
 Kokstad se ligging in KwaZulu-Natal
Koördinate: 30°33′14″S 29°25′37″O / 30.55389°S 29.42694°O / -30.55389; 29.42694Koördinate: 30°33′14″S 29°25′37″O / 30.55389°S 29.42694°O / -30.55389; 29.42694
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieKwaZulu-Natal
DistrikHarry Gwala
MunisipaliteitGroter Kokstad
Stigting1869
Oppervlak
 • Totaal51,57 km2 (19,91 vk. myl)
Hoogte
1 302 m (4 272 ft)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal51 561
 • Digtheid1 000/km2 (3 000/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense2.1%
 • Indiërs/Asiërs1.3%
 • Bruin mense8.9%
 • Swart mense87.4%
 • Ander0.3%
Taal (2011)
 • Xhosa 72.9%
 • Engels 9.1%
 • Afrikaans 6.8%
 • Zoeloe 5.8%
 • Ander 5.5%
Poskode (strate)
4700
Poskode (posbusse)
4700
Skakelkode039
Webwerfhttp://www.kokstad.org.za

Die dorp is teen die hange van die Drakensberge uitgelê, 1 302 m bo seevlak. Mount Currie styg 2 224 m hoog agter die dorp uit. Die dorp is vandag 'n belangrike landbousentrum en die middelpunt vir kaas en ander suiwelprodukte.

Geskiedeniswysig

Noordelike uitbreidings van Kokstad
Drie-eenheid-kerk
Rooms-Katolieke kerk in Kokstad

In 1820 het die Griekwastam wat in Griekwastad (in sentraal Suid-Afrika) verdeel en onder leiding van Adam Kok III, afstammeling van Adam Kok I wat die stam gestig het, het een deel van die stam na Philippolis (Suidelike Oranje-Vrystaat) getrek. In 1861 het verskeie honderd Griekwas oor die Drakensberge getrek na die Kokstadomgewing. Hulle trek is veroorsaak deur groeiende konfrontasie met die Voortrekkers wat as deel van die Groot Trek oor die Oranjerivier uit die Kaapkolonie, wat toe onder Britse beheer was, getrek het. Die Voortrekkers het huurregte oor Griekwagrondgebied bekom en geweier om die grond terug te gee aan die einde van die huurtydperk. Die Groot Gat van Kimberley was die onderwerp van so 'n huurooreenkomsomstredenheid.

Die Griekwas is gedwing om oor die Drakensberge na 'n gebied te trek wat te vore deur die Zoeloe koning Shaka se optrede grootliks ontvolk is, en wat as niemandsland bekend gestaan het. Teen die tyd dat die Griekwas in die nuwe gebied aangekom het, was hulle uitgeput en meeste van hulle vee het vergaan. Die verarmde Griekwas het die berg waar hulle hulle gevestig het Mount Currie genoem ter ere van Sir Walter Currie wat hulle vestiging in die gebied ondersteun het. Die gebied is deur Adam Kok Griekwaland-Oos herdoop. Alle Griekwamans wat hulle in Griekwaland-Oos gevestig het, was geregtig op 'n 3 000 akker plaas. Meeste het egter hulle plase aan wit setlaars verkoop en die geld verkwis.

Toe die Eerwaarde William Dower in 1869 deur die Griekwas gevra is om 'n sendingstasie te vestig het hy toegestem onder die voorwaarde dat hulle hulle hervestig op 'n meer geskikte plek op die oewer van die Mzimhlavarivier.

Twee prominente Europese Setlaars George Brisley en Donald Strachan het 'n belangrike rol gespeel in die vroeë ontwikkeling van Kokstad en Griekwaland-Oos. Hulle winkel Strachan en Kie, het Suid-Afrika se eerste eie geldeenheid ingevoer – 'n stel ruilmunte wat in die hele streek, 'n gebied so groot soos Ierland, gebruik is.

In 1874 het Griekwaland-Oos deel geword van die Kaapkolonie. Die eerste hotel in Kokstad, Die Royal, is deur 'n swart Amerikaner geopen wat ook 'n koerant, die Kokstad Advertiser, in 1881 gestig het. Kokstad het in 1892 'n munisipaliteit geword. In 1904 is die bevolking op 2903 bepaal waarvan 'n kwart Griekwas was.

Met Uniewording in 1910 het Griewaland-oos en Kokstad deel gebly van die Kaapprovinsie. In 1976 is die gebied egter van die Kaap afgeskei deur die onafhanklikheid van die tuisland van Transkei. Griekwaland-Oos het 'n eksklawe van die Kaapprovinsie geword en is dus 'n paar jaar later deel gemaak van die Natalprovinsie en vorm daarom nou deel van KwaZulu-Natal en nie die Oos-Kaapprovinsie nie.

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Kokstad". Sensus 2011.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media