Kofi Annan

7de sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (1938-2018)

Kofi Atta Annan (8 April 193818 Augustus 2018) was 'n Ghanese diplomaat, en was van 1 Januarie 1997 tot en met 31 Desember 2006 die sewende sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies.[2] In 2001 is die Nobelprys vir Vrede aan Annan en die Verenigde Nasies toegeken.[3]

Kofi Annan
Kofi Annan
Kofi Annan in 2012

7de Sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies
Ampstermyn
1 Januarie 1997 – 31 Desember 2006
ViseLouise Fréchette
Mark Malloch Brown
Voorafgegaan deurBoutros Boutros-Ghali
Opgevolg deurBan Ki-moon

Verenigde Nasies en Arabiese Liga hul gesante vir Sirië
Ampstermyn
23 Februarie 2012 – 31 Augustus 2012
Voorafgegaan deurNuwe amp
Opgevolg deurLakhdar Brahimi

Persoonlike besonderhede
GeboreKofi Atta Annan
(1938-04-08)8 April 1938
Kumasi, Goudkus
(nou in Ghana)
Sterf18 Augustus 2018 (op 80)
Bern, Switserland
Eggenoot/-noteTiti Alakija (1965–1983; geskei)
Nane Lagergren (1984–2018; sy dood)
Kind(ers)Kojo, Ama, Nina
Alma materKwame Nkrumah Universiteit
Macalester Kollege
Nagraadse Instituut vir Internasionale en Ontwikkelingstudies
Massachusetts Instituut van Tegnologie
ReligieProtestantisme[1]
Handtekening
ToekenningsNobelprys vir Vrede (2001)

Naamwysig

Annan se voornaam, Kofi, beteken "op ’n Vrydag gebore".[4] Hy en sy tweelingsuster, Efua, wat in 1991 oorlede is, het albei die middelnaam Atta gehad – dit beteken tweeling in Akan.[5]

Volgens Annan word sy van uitgespreek om te rym met die Engelse woord cannon.[6]

Belangrikste prestasieswysig

Kofi Annan in 2003

Kofi Annan was die eerste swart Afrikaan wat in die pos van sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN) aangestel is. Hy praat 'n aantal Afrika-tale, Engels en Frans en was 'n gerespekteerde persoon in die internasionale gemeenskap.

Van die doelstellings wat hy vir die VN gestel het, was die bewerkstelliging van vrede regoor die wêreld en die daarstelling van standaarde vir internasionale regte, met beklemtoning van die waardes van gelykheid, verdraagsaamheid en menswaardigheid. Hy het 'n visie vir 'n meer doeltreffende VN gehad en was 'n voorstander van die uitoefening van universele menseregte.

Een van die grootste uitdagings vir hom was die stryd teen MIV/Vigs, veral in Afrika. Hy het gevra vir die stigting van 'n globale fonds om gesondheidsorg in ontwikkelende lande te bevorder. Annan het ook sy invloed gebruik om Irak te oorreed om hulle te versoen met die uitsprake van die Veiligheidsraad. Hy het ook 'n groot rol gespeel in die uitvoering van die oorgang na 'n burgerlike regering in Nigerië.

In 1999 het Annan 'n internasionale reaksie teen die geweld in Oos-Timor gefasiliteer. Met sy sterk gevoelens oor menseregte het hy probeer om die posisie van die vroue wat in die sekretariaat van die VN werk, te verbeter. Hy het ook gefokus op die bou van sterker verhoudinge met nie-regeringsorganisasies.

In Junie 2001 is hy weer aangestel vir nog 'n termyn en later dieselfde jaar is hy beloon vir sy werk toe hy gesamentlik met die VN die Nobelprys vir Vrede ontvang het.

Lewensgeskiedeniswysig

Annan by die jaarvergadering van die Wêreld Ekonomiese Forum in 2004

Kofi Atta Annan is op 8 April 1938 in Kumasi, Ghana vir Henry en Victoria Annan gebore. Hy het die grootste deel van sy kinderjare in Bekwi deurgebring. Sy pa was die verkose heerser van die streek Asjanti en die hoofman van die Fante-stam. Hy het vir die United African Company gewerk.

Annan het by 'n universiteit in Ghana in die wetenskap en tegnologie begin studeer. Hier het hy 'n prys ontvang wat hom in staat gestel het om in die VSA by die Macalester-kollege in Minnesota te gaan studeer. Vanaf 1961 tot 1962 was hy besig met sy nagraadse studies in die ekonomie by die Institut Universitaire de Hautes Études Internationales in Genève, Switserland. In 1972 het hy sy meestersgraad aan die Massachusetts Institute of Technology (MIT) in die VSA verwerf.

In 1962 het hy by die VN as 'n administratiewe en begrotingsoffisier vir die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) in Genève begin werk. Annan se loopbaan in die VN het gewissel van werk as assistent-sekretaris-generaal van programbeplanning, begroting en finansies tot hoof van menslike hulpbronne en veiligheidskoördinator.

In 1990, ná die besetting van Koeweit deur Irak, het die sekretaris-generaal vir Annan 'n spesiale opdrag gegee om die terugvoering van meer as 900 internasionale personeel en die vrylating van Westerse gyselaars in Irak te fasiliteer.

Op 1 Maart 1993 is hy aangestel as ondersekretaris-generaal vir vredebewaringsoperasies. In die burgeroorlog tussen Bosnië en Herzegowina was hy betrokke by die oorgang in die vredebewaringsoperasies van die VN-magte na NAVO-magte.

Met die uitsondering van die kort tydjie wat hy as direkteur van toerisme in Ghana gewerk het (1974–1976), het hy sy hele loopbaan lank by die VN gewerk. Op 13 Desember 1996 is Kofi Annan benoem as sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies – die eerste swart Afrikaan wat vir dié pos benoem is. In 2001 is hy vir nog 'n termyn verkies. Hy was getroud met Nane Lagergren, 'n Sweedse prokureur, by wie hy drie kinders gehad het.

Hy sterf op 18 Augustus 2018 in die ouderdom van 80 na 'n kort siekbed.[7]

Verwysingswysig

  1. Lefevere, Patricia (11 Desember 1998). "Annan: `Peace is never a perfect achievement' – United Nations Secretary General Kofi Annan" (in Engels). National Catholic Reporter. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2015. Besoek op 26 Februarie 2008.
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  3. "The Nobel Peace Prize 2001" (in Engels). Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Augustus 2018. Besoek op 6 Oktober 2017.
  4. "Kofi" in die Akanwoordeboek dictionary.kasahorow.com
  5. "Kofi Annan Fast Facts" (in Engels). CNN International. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 April 2020. Besoek op 18 Augustus 2018.
  6. Crossette, Barbara (10 Januarie 1997). "New U.N. Chief Promises Reforms but Says He Won't Cut Jobs". New York Times. Besoek op 25 Februarie 2008.
  7. "Kofi Annan sterf". Maroela Media. 18 Augustus 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 September 2019. Besoek op 23 Augustus 2018.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media