Knoffel

Knoffel (Allium sativum), word as spesery gebruik en is die tweede mees verboude spesie van die genus Allium. Hierdie genus bevat ook verskeie ander spesies wat as uie bekend staan en verbou word as voedsel, soos die bruinui (A. cepa), sjalotte, preie, die Japannese tros-ui (A. fistulosum), Egiptiese ui (A. ×proliferum), en die Kanadese ui (A. canadense).

Knoffel
Knoffelplant, geskets deur William Woodville, Medical Botany, 1793.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Monocotyledon
Orde:
Familie:
Genus:
Allium
Spesie:
A. sativum
Binomiale naam
Allium sativum

Beskrywing van plantwysig

Die knoffelplant groei tot 'n hoogte van 1,2 m en bestaan uit 'n waaier van hol, blou-groen blare. Die blare is vleesagtig, hol en silindries gevorm, met 'n afgeplatte kant. Dit produseer hermafrodiete blomme. Bestuiwing vind plaas met die hulp van bye en ander insekte. Wanneer knoffel ryp word, versamel voedingreserwes in die blaarbasisse en die bol swel uit.

As die bol deur die winter in die grond gelaat word, ontwikkel 'n nuwe groeipunt uit die middel van die bol in die lente. Nuwe blare verskyn en 'n lang, hol stammetjie skiet boontoe om die wit blomhofies wat vorm, te dra. Die sade is 'n blink swart kleur en driehoekig in dwarssnit.

Verbouingwysig

Die knoffelplant is eintlik 'n twee- of meerjarige plant, maar word algemeen ge-oes na die eerste jaar van verbouing.

Die knoffelplant se bol aan die basis van die plant begin te swel wanneer 'n sekere dag-lengte bereik word. In die herfs sterf die blaardele af en die buitenste lae van die bol word droog en bros. Die oes word gepluk en gedroog, waarna die knoffel gereed is vir gebruik of om te stoor.

Die oes is vatbaar vir aanvalle deur peste, siektes en verskeie fungi wat verrotting veroorsaak.

Gebruikewysig

Knoffel word wêreldwyd gekweek, verbou en verbruik. Gewoonlik word knoffel gebraai in kos, as 'n geurmiddel, of as bestanddeel van 'n gereg. Daarbenewens kan dit ook ingelê word in bottels bedek met olie. Knoffel het 'n skerp reuk wanneer dit gekap of gerasper word.

Daar word geglo dat die verbruik van knoffel sekere gesondheidsvoordele inhou, bv. anti-inflammatoriese, anticholesterol-, kankerbestrydende en antioksidant-eienskappe.

Ekonomieswysig

Top tien knoffelprodusente — 2010 (metrieke ton)
Wêreldwyd17 674 893
 China13 664 069
 Indië833 970
 Suid-Korea271 560
 Egipte244 626
 Rusland213 480
 Mianmar185 900
 Ethiopië180 300
 VSA169 510
 Bangladesj164 392
 Oekraïne157 400

Galerywysig

Verwysingswysig

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media