Kilometer per uur

Eenheid van spoed

(Aangestuur vanaf Km/h)

Kilometer per uur is ’n eenheid van spoed wat die afstand wat in ’n uur afgelê word in kilometer aandui.

’n Motor se spoedmeter wat die snelheid in kilometer per uur aandui.

Volgens die Internasionale Buro vir Mate en Gewigte is die simbool (nie afkorting nie) km/h (amptelik in die meeste lande), of km•h−1.[1] Die afkorting kph is ook soms gebruik. Dit is wêreldwyd die mees algemene spoedeenheid op padtekens en spoedmeters.

In lande wat nie SI-eenhede gebruik nie, is die eenheid "myl per uur" (m.p.u. (af) of MPH (en) ).

Gebruikwysig

In die vroeë jare van die motor het elke land sy eie stelsel padtekens ontwikkel. In 1968 is die Weense Konvensie vir Padtekens opgestel om tekens wêreldwyd eenvormig te maak. Baie lande het dit al aangeneem, en in ander lande is padtekens daardeur beïnvloed.

In Suid-Afrika is padtekens geskoei op die SAOG-padverkeerstekenhandleiding, ’n dokument wat ten doel het om padtekens in lidlande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap eenvormig te maak. ’n Wit agtergrond beteken die teken is permanent en ’n geel agtergrond dat dit tydelik is. Spoedbeperkingstekens is swart syfers in ’n rooi sirkel.

So lyk van die tekens in ’n paar lande:

Omrekeningswysig

  • 1 km/h ≈ 0,277 78 m/s
  • 1 km/h ≈ 0,62137 mph (myl per uur)
  • knoop ≡ 1,852 km/h (presies)
Omrekenings van verskillende spoedeenhede
m/skm/hmphknoopvt./s
1 m/s =13,62,2369361,9438443,280840
1 km/h =0,27777810,6213710,5399570,911344
1 mph =0,447041,60934410,8689761,466667
1 knoop =0,5144441,8521,15077911,687810
1 vt./s =0,30481,097280,6818180,5924841

(Die waardes in vet druk is presies.)

Verwysingswysig

  1. (fr) (en) "Hoofstuk 5: Règles d'écriture des noms et symboles d'unités et expression des valeurs des grandeurs/Writing unit symbols and names, and expressing the values of quantities". Le Système international d’unités; The International System of Units (8ste uitg.). Sevres, Frankryk: Internasionale Buro vir Mate en Gewigte (BIPM). 2006. ISBN 92-822-2213-6.
  2. "Conspicuity and Signs: Road signing" (in Engels). International Federation of Red Cross and Red Crescent Societies. 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Desember 2016. Besoek op 19 September 2012.
  3. "Department of Transport / An Roinn Iompair" (PDF). November 2010: 1. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 28 April 2012. Besoek op 16 Julie 2012. {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp)
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media