Kimberley

Stad in Noord-Kaap provinsie van Suid-Afrika

Kimberley is 'n stad in Suid-Afrika en die hoofstad van die Noord-Kaap met sowat 225 000 inwoners in 2011 (insluitend townships). Die plek waar Kimberley sou ontwikkel, het in 1871 wêreldwyd opslae gemaak ná die ontdekking van 'n diamantveld. Die mynboubedrywighede, wat hier vinnig ontwikkel het, gee onder meer aanleiding tot die industrialisering van Suid-Afrika. Kimberley maak op 2 September 1882 ook geskiedenis as die eerste stad in Suid-Afrika en die Suidelike Halfrond met elektriese gloeilamp-straatverligting – op 'n tydstip toe Londen se strate nog met gaslampe belig is.[2] Kimberley en die aanliggende Beaconsfield is in 1912 verenig onder een dorpsbestuur en het in Desember daardie jaar stadstatus verwerf.

Kimberley
Die stadskern oor die Groot Gat gesien
Die stadskern oor die Groot Gat gesien
Kimberley is in Noord-Kaap
Kimberley
Kimberley
 Kimberley se ligging in Noord-Kaap
Koördinate: 28°44′31″S 24°46′19″O / 28.74194°S 24.77194°O / -28.74194; 24.77194Koördinate: 28°44′31″S 24°46′19″O / 28.74194°S 24.77194°O / -28.74194; 24.77194
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieNoord-Kaap
DistrikFrances Baard
MunisipaliteitSol Plaatje
Stigting5 Julie 1873
Oppervlak
 • Totaal164,3 km2 (63,4 vk. myl)
Hoogte
1 184 m (3 885 ft)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal225 160
 • Digtheid1 370/km2 (3 500/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense8,0%
 • Indiërs/Asiërs1,2%
 • Bruin mense26,8%
 • Swart mense63,1%
 • Ander0,9%
Taal (2011)
 • Afrikaans 43,2%
 • Tswana 35,8%
 • Engels 8,7%
 • Xhosa 6,0%
 • Ander 6,3%
Poskode (strate)
8301
Poskode (posbusse)
8300
Skakelkode053
Die Groot Gat

Alhoewel die stad nie langs die belangrike toeristeroete van Suid-Afrika lê nie, is dit saam met Upington die poort na Suid-Afrika se "Wilde Weste" en na Namibië, met Namakwaland, die Augrabieswaterval, die Kgalagadi Vredespark (voorheen die Kalahari-Gemsbokpark), en die Namibwoestyn met die Visrivier-canyon as die belangrikste toeristebestemmings.

Geskiedeniswysig

Kimberley rondom 1899
Eerste Wêreldoorlog-gedenkteken in Kimberley
Die NG gemeente Kimberley se geskiedkundige Newtonkerk

In 1866 het die vyftienjarige plaasseun Erasmus Stephanus Jacobs 'n klein wit klip by die oewer van die Oranjerivier op die plaas De Kalk naby Hopetown gevind. Die klip, wat sy moeder aan 'n belangstellende buurman en versamelaar geskenk het, was 'n 21,25 karaat (4,25 g) diamant ter waarde van £500 wat die naam Eureka gekry het.[3] Later is 'n groter 83,50 karaat (16,7 g) diamant, die Ster van Suid-Afrika gevind, ook naby Hopetown.

Op 16 Julie is drie diamante by Colesbergkoppie gevind op die plaas, Vooruitzicht, van die De Beer-broers en die grootste diamantstormloop ontketen. Mynwerkers het in hulle duisende gearriveer. Daar is na hierdie plek as New Rush verwys. Delwery het hier onder ellendige omstandighede plaasgevind – die meeste mense het net oor armsalige hulle of tente beskik en is gepla deur hitte, vuiligheid, insekte en geweldpleging.

Die voortdurende magstryd en hebsug het nogtans 'n aantal merkwaardige mense voortgebring, wat in die ekonomiese geskiedenis van Suid-Afrika 'n beduidende rol sou speel: Cecil Rhodes, die seun van 'n Engelse vikaris, het hier die welvarendste en magtigste man op die vasteland van Afrika geword. Barney Barnato, 'n voormalige straathandelaar uit 'n Londense krotbuurt wat op 20-jarige leeftyd na Suid-Afrika geëmigreer het, het hier sy loopbaan as mynmagnaat en multimiljoenêr begin.

Delwery het veral by die Colesbergkoppie plaasgevind, maar die koppie is geleidelik weggedelf en staan nou bekend as die Groot Gat – die grootste gat in die wêreld wat met pik en graaf gemaak is. Amptelik is die Groot Gat se naam Kimberleymyn. Die gat het 'n omvang van 1 600 meter, 'n diepte van 215 meter, 'n deursnee van 460 meter en 'n oppervlak van twaalf hektaar. In die tydperk tussen 1871 en 1914 is 2 722 kilogram of 14,5 miljoen karaat diamante gemyn en 25 miljoen ton aarde en gesteente verwyder. In 1914 was die grond van diamante uitgeput, die delwers het na ander plekke getrek en die Groot Gat was voortaan aan die elemente blootgestel. Dit vorm vandag die middelpunt van 'n opelugmuseum met oorspronklike delwersbehuisings uit die tyd van die diamantestormloop wat van ander plekke na die museumsterrein verskuif is.

Ander myne by Kimberley was Bultfontein, Wesselton, De Beersmyn en Dutoitspan.

Gedurende 1873 het dit 'n nuwe naam gekry, Kimberley (vernoem na die Britse Sekretaris vir die Kolonie, die Graaf van Kimberley). Huise, strate en brûe is opgerig, en teen die eeuwisseling was Kimberley 'n bloeiende stad. In 1885 is 'n spoorwegverbinding met Kaapstad, Port Elizabeth en Oos-Londen voltooi wat die invoer van hout en steenkool vergemaklik het. Sewe jaar later is die Kimberley and World Exhibition (Kimberley- en wêreldtentoonstelling) gehou as die eerste van sy soort buite die Verenigde Koninkryk.[4] Ter geleentheid van die tentoonstelling is ook die eerste nasionale gholfkampioenskap in Suid-Afrika gehou.[5]

Suid-Afrika se eerste mynbouskool, wat in 1896 in Kimberley geopen is, is later na Johannesburg verskuif, waar dit tot die Universiteit van die Witwatersrand uitgebou is.

Die stad is gedurende die Tweede Vryheidsoorlog beleër deur die Boeremagte, wat as die Beleg van Kimberley bekendstaan.

Tydens die Krieketwêreldbeker 2003 is Kimberley se De Beers Diamond Oval vir drie wedstryde ingespan.

Ekonomiewysig

Dutoitspanstraat in 1905
Prospektering in Kimberley omstreeks 1870, soos geskilder deur A.E. White.
Geskiedkundige trem in Kimberley

Kimberley was die bakermat van Suid-Afrika se industrialisering in die laat 19de eeu toe die swaartepunt van die plaaslike ekonomie van landbou na mynbou begin verskuif het. 'n Beslissende faktor by hierdie ontwikkeling was trekarbeid waarby groot getalle swart werkers uit die hele Suider-Afrika in die plaaslike myne se behoefte aan mannekrag voorsien het. Kimberley se trekarbeiderstelsel het later as voorbeeld vir die mynboubedryf aan die Witwatersrand en ander sektore gedien.[6]

Kimberley het die voortou by die ekonomiese en tegnologiese ontwikkeling geneem. Dit was hier waar die eerste effektebeurs in Suid-Afrika, die Koninklike Kimberley Effektebeurs (Kimberley Royal Stock Exchange), sy deure op 2 Februarie 1881 geopen het. Kimberley was in 1882 selfs die eerste stad in die Suidelike Halfrond waar elektriese straatverligting geïnstalleer is (alhoewel elektriese lig tegelykertyd in Kaapstad se Tafelbaaihawe en in die Parlementsgebou geïnstalleer is) – terwyl Londen se strate nog met gaslampe verlig is.[7][8] Die eerste kragsentrale, wat privaat huise en winkels van elektrisiteit voorsien het, is op 15 Oktober 1900 deur burgemeester Oliver plegtig ingewy. As gevolg van die Anglo-Boereoorlog is die aflewering van die tegniese toerusting met agt maande vertraag.

Die ekonomiese belangrikheid van die stad is in 1892 deur die besluit bevestig om hier in 1892 een van die eerste Suid-Afrikaanse en internasionale uitstallings te hou.

Dié skou, wat ook baie belangstelling in die buiteland gewek het, is op 8 September deur die destydse goewerneur van die Kaapprovinsie, sir Henry Loch, amptelik geopen. Tydens die uitstalling is kunswerke, skilderye uit die koninklike versameling van koningin Victoria asook mynboutoerusting vertoon.

Nog 'n gebied, waarop Kimberley 'n baanbrekersrol vervul het, was onderwys. Suid-Afrika se eerste mynbouskool is hier in 1896 geopen en later na Johannesburg verskuif waar dit die basis vir die latere Universiteit van die Witwatersrand sou vorm. Die mynbouskool se Pretoria-kampus het later tot die Universiteit van Pretoria gegroei. Studente het hul eerste twee studiejare in kolleges elders in die land deurgebring, in Kaapstad, Grahamstad of Stellenbosch, hul derde jaar in Kimberley en die vierde jaar in Johannesburg.

Joodse gemeenskapwysig

Kimberley se sinagoge, einde 2017
Die Kimberley-sinagoge is ontwerp dier D.W. Greatbatch. Hierdie model in sterlingsilwer van die sinagoge is in 1902 gebou op 'n skaal van 1:100. Griekwaland-Wes se Hebreeuse Gemeente leen dit vir uitstalling aan die Suid-Afrikaanse Joodse Museum in Kaapstad.

Jode het na Kimberley gestroom ’n die ontdekking van diamante in 1870 en reeds in 1871 is die eerste gemeente, die Griekwaland-Wes- Hebreeuse Gemeente gestig. Die eerste sinagoge is vyf jaar later opgerig. Onder die eerste intrekkers was Barney Barnato, sy broer Harry en sy neef sir David Harris. Die eerste tydelik predikant was eerw. Joël Rabinowitz, wat ’n sy aftrede uit Engeland na Suid-Afrika teruggekeer het. Die eerste heeltydse predikant was Meyer Mendelsohn. Tot die stigting van Johannesburg in 1886 het Kimberley die tuiste van Suid-Afrika se naasgrootste Joodse gemeenskap, wat 2 000 siele op sy hoogtepunt getel het. Die stad het vyf Joodse burgemeesters gehad: William Sagar (1906–08), Ernest (later sir Ernest) Oppenheimer (1913–15), Bernard Cohen (1931–32), Gustave Haberfeld (1953–55, 1966–67), Lionel Jawno (1959–61) en C. Sussman (1964–65). Sir David Harris, wat ook bevelvoerder was van die Kimberley-dorpswag tydens die Boerebeleg tydens die Tweede Vryheidsoorlog, was Volksraadslid vir Kimberley en Griekwaland-Wes van 1897–1929. Die ontdekking van goud het baie Jode uit Kimberley na Johannesburg laat verhuis. Teen 1970 het die Joodse bevolking tot 600 afgeneem en teen 2005 het minder as 50 Jode in die stad oorgebly.[9]

Infrastruktuurwysig

'n Bordjie by die Groot Gat wat lees: "Indien alle diamante wat by die Kimberleymyn ontgin is versamel word, sal dit drie koekepanne soos hierdie kan vul".

Kimberley beskik oor 'n nasionale lughawe. Die stad is verbind met Johannesburg en Kaapstad met die N12 nasionale pad en met Bloemfontein met die N8 nasionale pad.

Mediawysig

Op 15 Oktober 1870 het die eerste uitgawe van Kimberley se vroegste dagblad, die Diamond Field, verskyn. Ander historiese koerante uit hierdie tydperk sluit Diamond News en The Independent in. Die huidige belangrikste Engelse dagblad in Kimberley, Diamond Fields Advertiser, word sedert 23 Maart 1878 gepubliseer. 'n Plaaslike uitgawe van die Afrikaanse dagblad Volksblad, wat deur Naspers in Bloemfontein uitgegee is, het nuus in Kimberley en die Noord-Kaap gedek, maar die gedrukte weergawe van die dagblad is in 2020 gestaak.

Skolewysig

  • Hoërskool Diamantveld
  • Hoërskool Adamantia
  • Hoërskool Noord-Kaap
  • Kimberley High School (Boys' High)
  • Kimberley Girls' High School
  • Hoër Tegniese Skool Kimberley
  • NJ Heyns-skool
  • St. Patrick's College
  • Laerskool Diamantveld
  • Laerskool Newton
  • Laerskool Eureka
  • Laerskool Dutoitspan
  • Laerskool Staats
  • Laerskool Vooruitsig
  • Kimberley Junior School
  • West End Primary School

Besienswaardighedewysig

Armagh by Memorialweg 40 is 'n provinsiale erfenisterrein.
  • Belgravia is die oudste woongebied in Kimberley en spog met pragtige woonhuise uit die 19de eeu.
  • Die Star of the West is moontlik die oudste kroeg in Suid-Afrika. 'n Barkruk, wat vir Sir Cecil Rhodes vervaardig is, kan hier nog steeds besigtig word.
  • Die kapel van Suster Henrietta Stockdale is in 1887 ter ere van dié bekende verpleegster opgerig. Danksy haar invloed was Suid-Afrika in 1891 die eerste land ter wêreld, wat met die amptelike registrasie van verpleegsters begin het.
  • Kamferdam is 6 km noord van Kimberley.

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Som van die hoofplekke Roodepan, Galeshewe en Kimberley Sensus 2011.
  2. Eskom: Electricity in South Africa – Early Years. Besoek op 21 Maart 2018
  3. Experience Northern Cape: Diamond History in Kimberley. Besoek op 21 Maart 2018
  4. K.A. Berney, Trudy Ring, Noelle Watson, Paul Schellinger (eds.): Middle East and Africa: International Dictionary of Historic Places, Volume 4. Chicago and London: Fitzroy Dearborn Publishers 1996, bl. 434
  5. Neville Ivor and James Leck: South African Sport. MacDonald South Africa 1977, bl. 14
  6. Brian Roberts: Kimberley. D. Philip, Historical Society of Kimberley and the Northern Cape 1976
  7. Michael Morris en John Linnegar: Every Step of the Way. Human Sciences Research Council 2004
  8. "Eskom Heritage – Electricity in South Africa". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Julie 2013. Besoek op 1 Julie 2013.
  9. (en) Jewish Virtual Library. URL besoek op 10 November 2017.

Bronnewysig

Eksterne skakelswysig

Geografiese liggingwysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media