Khumbudzo Ntshavheni

Khumbudzo Phophi Silence Ntshavheni (gebore 30 Januarie 1977) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika. Sy is ook 'n partylid van die African National Congress.[1] Sy was van 2019 tot 2021 minister van kleinsake-ontwikkeling en is tans die minister van kommunikasie en digitale tegnologie.

Khumbudzo Ntshavheni
Khumbudzo Ntshavheni
Ntshavheni in 2023

Minister van kommunikasie en digitale tegnologie
Ampsbekleër
Termynaanvang
6 Augustus 2021
PresidentCyril Ramaphosa
Voorafgegaan deurStella Ndabeni-Abrahams

Waarnemende minister in die Presidensie
Ampstermyn
28 Januarie 2021 – 5 Augustus 2021
PresidentCyril Ramaphosa
Voorafgegaan deurJackson Mthembu
Opgevolg deurMondli Gungubele

Minister van kleinsake-ontwikkeling
Ampstermyn
30 Mei 2019 – 5 Augustus 2021
ViseRosemary Capa
PresidentCyril Ramaphosa
Voorafgegaan deurLindiwe Zulu
Opgevolg deurStella Ndabeni-Abrahams

Ampsbekleër
Termynaanvang
22 Mei 2019

Persoonlike besonderhede
Gebore30 Januarie 1977 (1977-01-30) (47 jaar oud)
Sibasa, Suid-Afrika
Politieke partyAfrican National Congress
Alma materBradford University
Randse Afrikaanse Universiteit

Vroeë lewe en opvoedingwysig

Ntshavheni is in Sibasa in die Transvaalprovinsie gebore. Sy het aan die Mbilwi Sekondêre Skool gematrikuleer en in 2008 'n MBA-graad aan die Bradford Universiteit in die Verenigde Koninkryk verwerf.[2] Haar ander kwalifikasies sluit in 'n BA Hons-graad in Ontwikkelingstudies en 'n BA Honneursgraad in Arbeidsverhoudinge, albei aan die Randse Afrikaanse Universiteit behaal.[3]

Loopbaanwysig

Ntshavheni was van 2008 tot 2010 die munisipale bestuurder van die Ba-Phalaborwa Plaaslike Munisipaliteit in Limpopo. Sy was voorheen die toerismebestuurder by Handel en Belegging van Limpopo, hoofinligtingsbeampte van die Limpopo Provinsiale Departement van Plaaslike Regering en Behuising. Sy was ook 'n dosent aan die Universiteit van Suid-Afrika en bedryfshoof by die Staatsinligtingstegnologie-agentskap (SITA).[4]

Ná haar verkiesing tot die Nasionale Vergadering in Mei 2019, het president Cyril Ramaphosa haar aangestel as die minister van kleinsake-ontwikkeling.[5][6][7]

Na die dood van die minister in die presidensie: beplanning, monitering en evaluering, Jackson Mthembu, in Januarie 2021, is Ntshavheni as sy waarnemende opvolger aangestel.

Tydens 'n kabinetskommeling op 5 Augustus 2021, kondig president Ramaphosa aan dat die minister van kommunikasie en digitale tegnologie Stella Ndabeni-Abrahams en Ntshavheni hul ministeriële poste sal omruil.

Verwysingswysig

  1. Stone, Setumo. New minister knows all about small business, News24, 3 Junie 2019. Besoek 28 Junie 2019.
  2. "Khumbudzo Phophi Silence Ntshavheni". www.gov.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Junie 2019. Besoek op 29 Junie 2019.
  3. Mvumvu, Zingisa. New generation of politicians step up to the big table, TimesLIVE, 2 Junie 2019. Besoek 28 Junie 2019.
  4. Khumbudzo Phophi Silence Ntshavheni, Ms Geargiveer 12 Augustus 2021 op Wayback Machine, South African Government. Besoek 28 Junie 2019.
  5. Full list – here is Ramaphosa’s new cabinet, BusinessTech, 29 Mei 2019. Besoek 28 Mei 2019.
  6. IN PICTURES | Meet some of the ministers in Ramaphosa's cabinet, TimesLIVE. Besoek 28 Junie 2019.
  7. These are the ministers in Cyril Ramaphosa’s new cabinet of 28 ministries. Besoek 28 Junie 2019.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media