Kent State-skietvoorval

1970 skietvoorvalle in Kent, Ohio, VSA

Die Kent State-skietvoorval of Kent State-bloedbad[1][2][3] verwys na die gebeure van 4 Mei 1970 op die Kent State-universiteit kampus. Op daardie dag is vier studente doodgeskiet deur lede van die Ohio National Guard (Nasionale Wag) op die kampus van die Kent State-universiteit in Kent, Ohio. Die studente wat gesterf het was Allison Krause (19), Jeffrey Miller (20), Sandra Scheuer (20) en William Schroeder (19). Nege ander studente is beseer, een van hulle is verlam.[4][5]

Daar was 'n beduidende nasionale reaksie op die skietery. Honderde universiteite, kolleges en hoërskole dwarsdeur die Verenigde State was gesluit weens 'n studentestaking van 4 miljoen studente. Die voorval het die openbare mening verder beïnvloed in 'n reeds sosiaal-omstrede saak, oor die voortgesette rol van die Verenigde State in die Viëtnamoorlog.

Voorvalwysig

Koeëlgat in 'n beeldhouwerk deur Don Drumm, veroorsaak deur 'n koeël van die Nasionale Wag

Die kampus was sedert 1 Mei die toneel van studentebetogings teen die voortgesette Viëtnamoorlog.[6] Die bevolking van die Verenigde State was hoogs gepolariseer oor die oorlog. 'n Direkte rede vir die studenteprotes was die aankondiging deur president Richard Nixon op 30 April 1970 dat Amerikaanse troepe na Kambodja gestuur sou word om die Suid-Viëtnamese inval te ondersteun. Dit het gelyk of die oorlog in 1969 afgeplat het, en die nuwe inval in Kambodja is deur opponente van die oorlog as 'n eskalasie van die Viëtnamoorlog beskou.

Om die onrus op die kampus te bekamp, is die Nasional Wag ontplooi. Na verskeie konfrontasies tussen studente en die veiligheidsmagte het die Nasionale Wag teruggetrek en lyk dit of die konfrontasie verby was. Omstreeks 12:25 op 4 Mei het 28 lede van die Nasionale Wag skielik omgedraai en gesamentlik 61 skote gevuur op 'n groep van ongeveer 15 ongewapende studente.[7] Die Kent State-universiteit is 'n paar uur ná die skietery gesluit. Daarna was daar 'n algemene staking deur studente wat baie universiteite en kolleges laat sluit het. Die Kent State-kampus was vir ses weke gesluit.

Reaksiewysig

Grafiese oorsig van die skietery deur die presidensiële ondersoekkomitee

Op 13 Junie 1970 het Nixon die Presidensiële Kommissie oor Kampus-onrus geloods.[8] Die kommissie moes die stakings, onluste en geweld op universiteite in die Verenigde State ondersoek. Die skietvoorval aan die Kent State-universiteit is ook ondersoek. In die verslag van die kommissie, wat in September 1970 aangebied is, word die skietery by Kent State as onregverdig beskou.[9]

Later is agt lede van die Nasionale Wag deur 'n groot jurie aangekla. Die wagte het beweer dat hulle uit selfverdediging gevuur het, 'n standpunt wat algemeen deur die strafregstelsel in die VSA aanvaar is. In 1974 het die Amerikaanse distriksregter, Frank J. Battisti, menseregteklagtes teen al agt verwerp op die grondslag dat die vervolging se saak te swak was om 'n verhoor te regverdig.

Die Kanadese sangeres Neil Young het 'n proteslied geskryf oor die gebeure getiteld Ohio. Student demonstration time van The Beach Boys gaan ook oor die bloedbad by Kent State-universiteit.

Bronwysig

  • Hierdie artikel is vertaal vanuit die Nederlandse Wikipedia

Verdere leeswerkwysig

•Agte, Barbara Becker, (2012), Kent Letters: Students' Responses to the May 1970 Massacre. Deming, New Mexico: Bluewaters Press ISBN978-0-9823766-6-9

•Bills, Scott. (1988). Kent State/May 4: Echoes Through a Decade. Kent, Ohio: Kent State University Press. ISBN 0-87338-278-1.

•Caputo, Philip. (2005). 13 Seconds: A Look Back at the Kent State Shootings with DVD. New York: Chamberlain Bros. ISBN 1-59609-080-4.

•Davies, Peter and the Board of Church and Society of the United Methodist Church. (1973). The Truth About Kent State: A Challenge to the American Conscience. New York: Farrar, Straus & Giroux. ISBN 0-374-27938-1.

•Eszterhas, Joe, and Michael D. Roberts (1970). Thirteen Seconds: Confrontation at Kent State. New York: Dodd, Mead. ISBN 978-1-938441-11-0.

•Gordon, William A. (1990). The Fourth of May: Killings and Coverups at Kent State. Buffalo, New York: Prometheus Books. ISBN 0-87975-582-2. Opgedateer en herdruk in 1995 as Four Dead in Ohio: Was There a Conspiracy at Kent State? Laguna Hills, California: North Ridge Books. ISBN 0-937813-05-2.

•Grace, Tom. "The Shooting at Kent State: An Eyewitness Account" (Onderhoud). Geargiveer van die oorspronklike op 24 April 2006.

•Lewis, Jerry M.; Hensley, Thomas R. (Summer 1998). "The May 4 Shootings at Kent Stat University: The Search of Historical Accuracy". The Ohio Council for the Social Studies Review. 34 (1): 9–21. Archived from the original on May 9, 2008. Retrieved 28 August 2014.

•Listman, John W. Jr. "Kent's Other Casualties", National Guard Magazine, May 2000.

•Means, Howard. (2016). 67 Shots: Kent State and the End of American Innocence. Boston: Da Capo Press. ISBN 978-0-306-82379-4.

•Michener, James. (1971). Kent State: What Happened and Why. New York: Random House and Reader's Digest Books. ISBN 0-394-47199-7.

•Payne, J. Gregory (1981). Mayday: Kent State. Dubuque, Iowa: Kendall/Hunt Pub. Co. ISBN 0-8403-2393-X.

Report of the President's Commission on Campus Unrest ("Scranton Commission"). (1970) Washington, D.C.: U.S. Government Printing Office. ISBN 0-405-01712-X.

•Stone, I. F. (1970). The Killings at Kent State: How Murder Went Unpunished, in reeks, New York Review Book[s]. New York: versprei deur Vintage Books. N.B.: Die tweede druk sluit ook in materiaal gedateer 1971. ISBN 0-394-70953-5.

Verwysingswysig

  1. Philip Caputo (4 Mei 2005). "The Kent State Shootings, 35 Years Later" (in Engels). NPR. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2020. Besoek op 9 November 2007.
  2. Rep. Tim Ryan (4 Mei 2007). "Congressman Tim Ryan Gives Speech at 37th Commemoration of Kent State Massacre". Congressional website of Rep. Tim Ryan (D-Ohio). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Julie 2007. Besoek op 9 November 2007.
  3. John Lang (4 Mei 2000). "The day the Vietnam War came home" (in Engels). Scripps Howard News service. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Februarie 2010. Besoek op 9 November 2007.
  4. Shots Still Reverberate For Survivors Of Kent State 'Dean Kahler, who was paralyzed during the shootings, went on to become a high school teacher and covered the events of May 4 in his classes' NPR News, May 3, 2010. Retrieved January 20, 2014.
  5. Dean Kahler: Visitors' Center helps him move past May 4, 1970 'Dean Kahler, among the most severely wounded of the 13 Kent State students shot by the National Guard on Mei 4, 1970, tours the new May 4th Visitors' Center being dedicated this weekend' WKSU, May 3, 2013. Retrieved Januarie 20, 2014.
  6. "Chronology of events". May 4 Task Force (in Engels). May 4 Task Force. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Januarie 2016. Besoek op 20 April 2010.
  7. John Kifner (4 Mei 1970). "4 Kent State Students Killed by Troops". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Januarie 2018. Besoek op 5 Mei 2010.
  8. The Report of the President's Commission on Campus Unrest (PDF). Washington, D.C.: U.S. Government Printing Office. 1970. ISBN 0-405-01712-X. Besoek op 30 April 2011. Hierdie verslag is ook bekend as The Scranton Commission Report.
  9. (en) The Report of the President's Commission on Campus Unrest pdf-bladsy 294: The 61 shots by 28 guardsmen certainly cannot be justified
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media