Kenneth Meshoe

Eerw. Kenneth Rasalabe Joseph Meshoe is die President van die Afrika Christen Demokratiese Party in Suid-Afrika.

Kenneth Meshoe
Kenneth Meshoe

Lid van die Nasionale Vergadering
Ampsbekleër
Termynaanvang
6 Mei 2009

Persoonlike besonderhede
Politieke partyAfrika Christen Demokratiese Party
Diens/TakGauteng

Kenneth Meshoe is op 18 Januarie 1954 in Pretoria gebore as die vierde van sewe kinders. Hy het sy Matrieksertifikaat voltooi in 1972, en het in 1975 gegradueer aan die Universiteit van die Noorde met 'n Sekondêre Onderwysdiploma. In 1976 tree hy in die huwelik met Lydia; hulle het drie kinders.

In 1976 sluit Kenneth en Lydia aan by Christ For All Nations, en hy is sedert Februarie 1980 een van Reinhard Bonnke se mede-evangeliste.

In Januarie 1987 vertrek Meshoe na die Shekinah Bible Institute in Kingsport, Tennessee in die VSA, waar hy sy tweede jaar Teologiese Diploma voltooi het.

In 1988, begin Kenneth 'n onafhanklike kerk bekend as die Hope of Glory Tabernacle, wat sedertdien goed gegroei het.

In Desember 1993, begin hulle 'n politieke party wat gebaseer is op bybelse beginsels en noem dit die Afrika Christen Demokratiese Party (ACDP), waarvan Meshoe die eerste en dienende president is.

Gedurende die April 1994 verkiesings het die ACDP twee setels in die nasionale parlement verower, en drie in die provinsiale parlement. In die 1999 verkiesing, het hul steun met meer as 300% toegeneem deurdat hulle 7 setels in die nasionale parlement verower het, en 4 in die provinsiale wetgewers. In April 2004 neem die party se verteenwoordiging in die nasionale parlement (7 parlementslede) en die provinsiale wetgewers (8 lede) verder toe.

Gedurende die Plaaslike Munisipale verkiesing van Desember 2000 het die ACDP se steun met oor die 1000% toegeneem van 5 stadsraadslede in 1995 tot 62. Die ACDP is nou op plaaslike vlak in al die provinsies van Suid-Afrika verteenwoordig

Meshoe verteenwoordig die ACDP in die Nasionale Vergadering, tesame met 6 ander LP's.

Op 18 Desember 1994 ontvang Kenneth Meshoe sy Eredoktorsgraad (Doctorate of Humane Letters afgekort L.H.D.), toegeken deur die Bethel Christian College van Riverside, Kalifornië VSA, en word ook aangewys om te dien as 'n assosiaatlid op die Raad van Regente van Bethel College.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media