Kenneth Kaunda

Kenneth David Kaunda (28 April 1924, Chinsali – 17 Junie 2021, Lusaka) was van Zambië se onafhanklikwording in 1964 tot die einde van eenpartyregering in 1992 die land se president.

Kenneth Kaunda
Kenneth Kaunda
Kenneth Kaunda in 2020.

1ste President van Zambië
Ampstermyn
24 Oktober 1964 – 2 November 1991
Voorafgegaan deurAmp geskep
Opgevolg deurFrederick Chiluba

3de Sekretaris-generaal van die Beweging van Onverbonde Lande
Ampstermyn
8 September 1970 – 5 September 1973
Voorafgegaan deurGamal Abdel Nasser
Opgevolg deurHouari Boumediene

Persoonlike besonderhede
Gebore(1924-04-28)28 April 1924
Chinsali, Noord-Rhodesië (tans Zambië)
Sterf17 Junie 2021 (op 97)
Lusaka
Politieke partyUNIP
Eggenoot/-noteBetty Kaunda
Kind(ers)8
ReligiePresbiterianisme

Op 14 Junie 2021 is Kaunda in die hospitaal opgeneem vir die behandeling van terugkerende longontsteking.[1] Hy is kort daarna oorlede.

Vroeë loopbaanwysig

Hy was die seun van 'n sendeling en het sy onderrig aan die Lubwa Training School en Sekondêre Skool Munali ontvang. Hy word onderwyser aan die Lubwa Training School in 1943 en skoolhoof van 1944 tot 1947 toe hy sekretaris van die Chinsali Young Men's Farming Association word. In 1948 dien hy as welsynbeampte van die kopermyn in Chingola en van dieselfde jaar tot 1949 is hy weer onderwyser.

Politieke loopbaan beginwysig

Kenneth Kaunda in 1978

Sy politieke betrokkenheid begin in 1950 toe hy die stigter-sekrataris van die Lubwa-tak van die Northern Rhodesien African National Congress word en vinnig opgang maak, sodat hy die volgende jaar distriksameroeper en die jaar daarna provinsiale sameroeper word. Net die volgende jaar (1953) word hy sekretaris-generaal van die party in Noord-Rhodesië.

Vyf jaar later breek hy weg van die Northern Rhodesia ANC en stig die Zambia African National Congress. Die party was in stryd met die federale regering en is kort daarna verbied. Kaunda het terselfdertyd in die gevangenis beland vanweë sy teenkanting teen blanke oorheersing van die federale bestel. Hy word in 1960 die eerste keer president van die United National Independence Party, wat hy en sy ondersteuners gestig het terwyl hy nog in aanhouding was. Onder sy voorsitterskap word die party 'n massabeweging wat die politieke strewe van die inheemse bevolking verwoord. Van 1962, die voorlaaste jaar van die dekadelange Sentraal-Afrikaanse Federasie, tot twee jaar later dien hy as minister van plaaslike regering en maatskaplike welsyn en van Januarie tot Oktober 1964 as die laaste eerste minister.

President van Zambiëwysig

Toe Zambië op 24 Oktober 1964 onafhanklik word van die Verenigde Koninkryk as protektoraat, word Kaunda die onafhanklike republiek se eerste president. Dit was die eerste keer dat 'n land direk na onafhanklikwording van Brittanje 'n republiek geword het. Kaunda dien ook van 1964 tot 1970 en weer van 1973 as minister van verdediging, van 1969 tot November 1970 as minister van buitelandse sake en van 1969 tot 1973 as minister van handel, nywerheid, myne en staatsdeelname. Hy was ook kanselier van die Universiteit van Zambië vanaf 1966.

Buite die landsgrense was hy van 1970 tot 1971 voorsitter van die Organisasie vir Afrika-eenheid en van die Beweging van Onverbonde Lande van 1970 tot 1973.

Eenpartybewindwysig

Onder Kaunda se leiding word Zambië in 1972 'n eenpartystaat met die UNIP as enigste politieke party. Die eerste verkiesing ingevolge die nuwe bedeling is in Desember 1973 gehou toe al die kandidate lid van die UNIP moes wees. Dit het gevolg op die nuwe grondwet van 25 Augustus 1973 wat dié veranderings moontlik gemaak het en in werklikheid daartoe gelei het dat Kaunda lewenslange president geword het. Rhodesië se minderheidsregering het in 1978 en 1979 twee lugaanvalle op Lusaka en talle ander aanvalle op die land geloods omdat Zambië sonder skroom guerillavegters van die land se suidelike buurman se vryheidsbewegings gehuisves het.

Toe Zimbabwe in April 1980 onafhanklik word, is daar gehoop dat Zambië se ekonomiese probleme vanweë ontwrigting vanuit die suide en die sluiting van die grens met Rhodesië tot 'n einde sou kom. Die situasie het egter verder verswak, en politieke ontevredenheid het toegeneem. In Oktober 1980 het talle vooraanstaande sakelui, regeringsamptenare en UNIP-lede 'n staatsgreep probeer uitvoer. Kaunda het die skuld op Suid-Afrika gepak, maar ná baie van die afvalliges in hegtenis geneem is, het dit geblyk dat hulle lede van die Bemba-stam was, wat veral sterk was in die mynbougebiede en tradisioneel teen Kaunda se bewind gekant was.

Kaunda het deur die jare tagtig baie ontwrigting en uitdagings die hoof gebied. Sy houvas op die regerende party en regering het telkens verstewig, ondanks stakings, waarvan party geweldadig was en wat byna altyd met ekonomiese probleme verband gehou het.

Onttroonwysig

Kaunda is die laaste keer in Oktober 1988 tot president verkies – weereens as die enigste kandidaat. Vroeg die volgende jaar het werkers en studente weer betoog weens streng maatreëls van die regering om die ekonomiese krisis die hoof te bied. Teen die middel van die jaar het onluste in die Koperstreek losgebars weens drastiese verhogings in die prys van basies goedere. 'n Jaar later, in Junie 1990, is 30 mense luidens berigte in Lusaka gedood tydens onluste oor 'n 100%-toename in die prys van mieliemeel. 'n Aandklokreël is ingestel en die universiteit in Lusaka gesluit tot Augustus daardie jaar omdat die regering studente daarvan verdink het dat hulle 'n leidende rol in die onluste gespeel het.

UNIP se algemene konferensie het in April 1990 'n voorstel dat ander politieke party toegelaat moes word, verwerp. Nietemin het Kaunda die volgende maand 'n referendum oor die vraagstuk belowe. Uiteindelik was dit die Nasionale Vergadering wat in 1991 'n wet deurgevoer het om veelpartyverkiesings moontlik te maak. Tydens daardie jaar se verkiesing onttroon die voormalige voorsitter van die Zambia Congress of Trade Unions en daarna leier van die Movement for Multiparty Democracy, Frederick Chiluba vir Kaunda ná 'n onafgebroke presidentskap van 27 jaar. President Kaunda doen afstand van sy amp op 2 November 1991, toe Chiluba die land se tweede president in 26 jaar word.

Aanhangers van Kaunda, onder meer sy seun, was in 1993 betrokke by 'n mislukte staatsgreep. Kaunda is verbied om in 1996 aan die presidentsverkiesing deel te neem, omdat die nuwe Grondwet persone verbied om meer as twee termyne te dien.

Vererings en aansienwysig

Kaunda het eredoktorsgrade van onder andere die universiteite van Dublin, Windsor (Kanada), Kanada, York, Chili en Sussex ontvang, asook verskeie eretoekennings in sy eie land. Hy het tydens die vroeë jare van sy presidentskap wêreldwye aansien geniet, danksy sy gematigde beleid en nie-rassige benadering.

Pennevrugwysig

Van Kaunda het onder meer die volgende publikasies verskyn:

  • Black Government, 1961.
  • Zambia shall be free, 1962.
  • A Humanist in Africa, 1966 (saam met Colin Morris).
  • Humanism in Zambia and its Implementation, 1967.

Bronnewysig

  • Africa South of the Sahara, Europa Publications Limited, London, 1975.
  • Africa South of the Sahara, Europa Publications Limited, London, 1991.

Verwysingswysig

  1. "Former Zambian president Kenneth Kaunda, 97, taken to hospital". Reuters (in Engels). Reuters. 15 Junie 2021. Besoek op 15 Junie 2021.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media