Keiser van die Hele Rusland

Keiser van die Hele Rusland (Russies: Императоръ Всероссійскій, Imperator Wserossiiski) was van 1721 tot 1917 die titel van die heerser van die Russiese Ryk. Die vroulike vorm is Keiserin van die Hele Rusland (Russies: Императрица Всероссійская, Imperatritsa Wserossiiskaja). Dit is geskep ná die Russiese oorwinning in die Groot Noordelike Oorlog en is ’n aanpassing van die vorige titel, "Tsaar van die Hele Roes". Die laaste deel van die titel is gebruik sedert die bewind van die grootprinse van Wladimir.

Keiser van die Hele Rusland
Keiserlike wapen.
Keiserlike wapen.
Keiser Nikolaas II.
Keiser Nikolaas II.
BetitelingSy Keiserlike Majesteit
Eerste keiserPieter I
Laaste keiserNikolaas II
Aanvang2 November 1721
Afgeskaf15 Maart 1917
Amptelike tuisteWinterpaleis
OpvolgingErflikheid
AanspraakmakersGroothertogin Maria Wladimirowna
Prins Andrei Romanof

Titelwysig

Artikel I van die basiese wette van die Russiese Ryk bepaal dat die Keiser van die Hele Rusland ’n outokratiese monarg sonder perke is. "God self beveel" dat sy oppergesag gehoorsaam word.

Die volle titel van keisers het begin met Ons, deur Gods genade, Keiser en Outokraat van die Hele Rusland . . . (Мы, Божию Милостию, Император и Самодержец Всероссийский . . .; Mi, Bozjijoe Milostijoe, Imperator i Samodjerzjets Wserossiiski . . .). Daarna het ’n lang lys gevolg van al sy titels en die gebiede onder sy beheer.

In sommige gevalle, wat deur die wet bepaal is, kon die "Afgekorte Keiserlike Titel" gebruik word, wat heelwat minder titels en name bevat het, en in uitsonderlike gevalle die "Kort Keiserlike Titel", met net ’n paar name. In alle gevalle is die titel afgesluit met "ens., ens., ens."

Geskiedeniswysig

Die titel is in 1721 aan Pieter die Grote gegee. Ná die oorwinning in die Groot Noordelike Oorlog en die ondertekening van die Verdrag van Nystad, het die Russiese senaat en sinode besluit om die titel "volgens die gebruik van die Romeinse senaat" aan Pieter toe te ken uit dankbaarheid vir sy leierskap en sy oorwinning in die "Sweedse Oorlog".[1][2][3]

Pieter het die titel op 2 November 1721 aanvaar. Ander lande het dit mettertyd erken: Nederland en Pruise dadelik, Swede in 1723, die Ottomaanse Ryk in 1739, Brittanje en Oostenryk in 1742, Frankryk en Spanje in 1745 en die Pools-Litause Gemenebes in 1764. Daarna is na Rusland verwys as die Russiese Ryk.[4]

Verwysingswysig

  1. (ru) S.N. Sjoebinski. Исторические очерки и рассказы. 6de uitg., СПб, 1911 Geargiveer 4 Januarie 2012 op Wayback Machine
  2. (ru) История Правительствующего сената за двести лет. 1711-1911 гг. Том первый
  3. Wette van die Russiese Ryk. Vol. VI, no. 3840
  4. (ru) Россія//Большая энциклопедия. Red. S.N. Joezjakowa. СПБ: Просвещеніе, 1903

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media