Kazungula

Kazungula is 'n klein grensdorp in die Suidelike Provinsie van Zambië, wat op die noordoewer van die Zambezirivier lê, ongeveer 70 km wes van Livingstone.

Kazungula
Stad
Lugfoto van Kazungula (regs in die middel) aan die Zambezirivier. Zambië is aan die regterkant; Namibië heel bo links; Botswana in die middel aan die linkerkant en Zimbabwe heel onder op die foto. Die Zimbabwe-Botswana-grens loop net aan die veerbootkaai se kant.
Lugfoto van Kazungula (regs in die middel) aan die Zambezirivier. Zambië is aan die regterkant; Namibië heel bo links; Botswana in die middel aan die linkerkant en Zimbabwe heel onder op die foto. Die Zimbabwe-Botswana-grens loop net aan die veerbootkaai se kant.
Kazungula is in Zambië
Kazungula
Kazungula
Koördinate: 17°46′59″S 25°16′01″O / 17.78306°S 25.26694°O / -17.78306; 25.26694
LandVlag van Zambië Zambië
ProvinsieSuidelike Provinsie
DistrikKazungula
TydsoneUTC+2 (SAST)
Kaart wat die grens Botswana-Namibië-Zambië-Zimbabwe naby die vierkantpunt (omring) toon

By Kazungula kom die gebiede van vier lande (Zambië, Botswana, Zimbabwe en Namibië) met 'n vierpunt bymekaar. Daar is onlangs ooreengekom dat die internasionale grense twee driehoeke bevat wat verbind word met 'n kort lyn van ongeveer 150 meter lank wat 'n grens tussen Zambië en Botswana vorm. Die voortdurend verskuiwende rivierkanale en die gebrek aan bekende ooreenkomste wat die kwessie voor 2000 aanspreek, het in die verlede tot 'n mate van onsekerheid gelei of daar wettiglik 'n vierpunt bestaan. Botswana besit dus slegs 150 m van die rivierfront aan die Zambezi, wat aan die suidelike oewer tussen die verste punt van die Namibiese Kaprivistrook en Zimbabwe gebind is.

Die Kwandorivier (of Choberivier), wat Namibië van Botswana skei, sluit naby Kazungula aan by die Zambezi. Kazungula is ook die hoofkwartier van 'n distrik van Zambië met dieselfde naam.

Kazungula is die tuiste van die Kazungula-veerboot oor die 400 meter-wye Zambezirivier na die identies benoemde dorpie Kazungula in Botswana, 8 km oos van die stad Kasane; dit is een van die grootste veerbote in die streek met 'n kapasiteit van 70 ton. Die Kazungulabrug het dit in 2021 vervang;[1] die sooispitseremonie is reeds op 12 September 2014 gehou en die brug is op 10 Mei 2021 vir verkeer geopen. Kazungula lê net 2 km van die Livingstone-Sesheke-pad (M10-pad) af, wat aansluit by die Katima Mulilo-brug wat Zambië en Namibië verbind.

Die grenspos tussen Zimbabwe en Botswana, 4,5 km (per pad) suidoos van die Kazungula-veerboot, word ook Kazungula genoem; dit is die mees direkte roete wat na die Victoria-waterval lei.

Verwysingswysig

  1. (en) Tau, Poloko (22 Desember 2020). "Unexplained delays in the multibillion-rand Kazungula Bridge". News 24. Besoek op 7 Februarie 2021.

Bibliografiewysig

  • Eksteen, M.C.: Grensgeskil by Kazungula. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 20, nr. 2, Desember 1970
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media