Kattegat

Kattegat

Nasa-Satellietbeeld van die Kattegat
Koördinate:56°55′42″N 11°25′41″O / 56.92833°N 11.42806°O / 56.92833; 11.42806Koördinate: 56°55′42″N 11°25′41″O / 56.92833°N 11.42806°O / 56.92833; 11.42806
Ligging:Denemarke en Swede
Soort:Seestraat en baai van die Atlantiese Oseaan
Oppervlakte:30 000 km² (12 000 mi²)
Invloei:Oossee
Uitvloei:Skagerrak
Eiland/e:Seeland, Funen
Nedersettings:Gotenburg, Aarhus

Die Kattegat (Deens: [ˈkʰad̥əɡ̊ad̥]) of Kattegatt (Sweeds: [ˈkatːɛˈɡatː]) is 'n baai van die Noordsee en vorm die seestraat tussen Denemarke en Swede. Dit maak deel uit van die verbinding tussen die Noord- en die Oossee wat deur die Skagerrak, die Kattegat en die Sont gevorm word.

Skagerrak en die Kattegat.

Riviere wat in die Kattegat uitmond, is die Göta älv by Gotenburg saam met die Lagan, Nissan, Ätran en Viskan uit die provinsie Halland aan die Sweedse kant, en die Gudenaa uit Jutland in Denemarke.

Die hoofeilande van die Kattegat is Samsø, Læsø en Anholt, waar die laaste twee, na aanleiding van hulle droë somerklimaat, as die Deense woestyngordel bekend staan.

Die naam Kattegat kom van die Nederlandse en Nederduitse woorde kat en gat. Dit verwys na Middeleeuse navigasie, waar kapteins na die gebied verwys het as so nou soos 'n kattegat – 'n opening waardeur net 'n kat kan kom, aangesien daar heelwat vlak gebiede in die omgewing is wat navigasie bemoeilik.

Geskiedeniswysig

Die Hovs Hallar-natuurreservaat in Swede.

Beheer oor die Kattegat, en toegang daartoe, was belangrik deur die hele geskiedenis van internasionale seevaart. Tot met die voltooiing van die Eiderkanaal in 1784 was die Kattegat die enigste seeroete in en uit die Balkanstreek.[1] Van 1429 af het die Deense koningshuis – en later die staat Denemarke – munt geslaan uit tolgeld wat betaal moes word om deur die Sont te vaar, terwyl Kopenhagen skuiling, handel, herstelgeriewe en beskerming teen seerowery gebied het. Die belasting is eindelik in 1857 opgehef.

Dierebeskermingwysig

Vanweë die swaar seeverkeer en baie kusdorpe is die Kattegat, as deel van die Oossee, in 2006 aangewys as 'n gebied met swaelemissiebeheer. Op 1 Januarie 2016 is die perk op swael in brandstof tot 0,1% verlaag.[2] Verskeie groot dele van die Kattegat is onder beskermingsregulasies. Groot dele is belangrik vir die broei en weiding van voëls, visse en seesoogdiere.

Verwysingswysig

  1. "Kattegat | strait, Denmark-Sweden". Encyclopedia Britannica (in Engels). Besoek op 16 Mei 2017.
  2. "New sulphur regulations may lead to distortion of competition in the shipping industry". MT Online. 12 Augustus 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Januarie 2016. Besoek op 19 Januarie 2016.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media