Kassel

Kassel (tot en met 1926 amptelik Cassel) is die derde grootste stad in die Duitse deelstaat HesseFrankfurt am Main en Wiesbaden.

Kassel

KaartWapen
Vlag
 Land Duitsland
 Deelstaat Hesse
 Koördinate51°19′N 09°30′O / 51.317°N 9.500°O / 51.317; 9.500
 StigtingVoor 913
 Stadstatus1189
 Oppervlak: 
 - Totaal106,79 vk km
 Hoogte bo seevlak166 m
 Bevolking: 
 - Totaal (31 Desember 2017)204 021[1]
 - Bevolkingsdigtheid1 910/vk km
 TydsoneUTC +1 (MET)
 Klimaat 
 - TipeGematigde klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur8,5 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie-0,2 / 17,2 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae699 mm
 BurgemeesterChristian Geselle (SPD)
 Amptelike Webwerfwww.kassel.de
Uitsig oor die stadsdeel Bad Wilhemshöhe, met die laan Wilhelmshöher Allee, die kasteel Wilhelmshöhe (in die agtergrond) en die Herkules-monument op die bergpiek

Kassel het vanaf 1277 as administratiewe setel van die Landgraafskap Hesse gedien en tussen 1567 en 1803 as hoofstad van die Landgraafskap Hesse-Kassel en die Keurvorstedom Hesse (tot 1866). Verskeie residensies en kastele dateer uit dié tydperk, waaronder die Orangerie in de baroktuin Karlsaue en die kasteel Wilhelmshöhe, geleë in die Bergpark Wilhelmshöhe - 'n landskapstuin in die barokstyl wat vanaf 1693 volgens 'n idee van die landgraaf van Hesse-Kassel ontstaan het en deur Unesco sedert 2013 as wêrelderfenis gelys word.[2] Die stad is tans die administratiewe sentrum van die distrik Kassel en die Landkreis (munisipaliteit) Kassel.

Die stad het internasionale bekendheid verwerf met die kunsuitstalling documenta wat sedert 1955 elke vier of vyf jaar hier gehou word. Sedert Maart 1999 dra Kassel ook die amptelike bynaam documenta-Stadt. Die plaaslike universiteit is in 1971 gestig.

Geografiewysig

Ligging in Hesse
Die Fuldarivier in Kassel

Kassel is sowat 70 kilometer noordwes van die geografiese middelpunt van Duitsland geleë en sodoende naas Erfurt (Thuringen) en Göttingen (Nedersakse) die mees sentraal geleë van alle Duitse stede met meer as 100 000 inwoners.

Kassel lê in die noordelike gedeelte van Hessen naby die grens met Nedersakse in die sogenaamde Kasseler Becken, 'n ruim keteldal wat ook die uitgestrekte vlaktes van die Fuldarivier behels. Die keteldal word deur vyf bergreekse omring: Die Langenbergen in die suidweste en die Habichtswald in die weste (wat albei deel uitmaak van die Habichtswald-natuurpark), die suidelike uitlopers van die Reinhardswald in die noordooste, die Kaufunger Wald (wat deel uitmaak van die Meißner-Kaufunger Wald-natuurpark) in die ooste en die Söhre in die suidooste en suide.

Hierdie vyf bergreekse word deur twee bergrûens, wat noord en suid van Kassel in wes-oostelike rigting loop, met mekaar verbind sodat die Kasseler Becken - afgesien van die Fulda se riviervallei, wat in noord-suidelike rigting deur die berge sny - volledig deur berggebiede omsluit word.

Die stadsgebied se warm en milde mikroklimaat verskil duidelik van die klimaattoestande van sy bergagtige omgewing. Danksy die beskermde ligging in 'n keteldal, wat deur hoër geleë bosgebiede omsluit word, is Kassel teen swaar onwere beskut, en aangesien die lug veral in die somer in die keteldal vasgevang word, word in die laer geleë stadsbuurte dikwels temperature aangeteken wat tussen 3 en 5 °C hoër as in die omgewing is.

Die belangrikste stede en dorpe, wat aan Kassel se stadsgebied grens, is Baunatal, Vellmar, Niestetal, Fuldatal, Fuldabrück, Kaufungen en Lohfelden. Kassel word deur drie snelweë (die A7, A44 en A49), vyf nasionale roetes en 'n aantal belangrike spoorlyne (waaronder ICE-treinverbindings) en die nabygeleë lughawe Kassel-Calden met ander metropole verbind. Die mees nabygeleë stede is Hannover (met 'n padafstand van 164 kilometer noord van Kassel), Göttingen (55 kilometer noordoos van Kassel), Erfurt (185 kilometer oos van Kassel), Frankfurt am Main (193 kilometer suid van Kassel), Siegen (165 kilometer suidwes van Kassel), Dortmund (165 kilometer wes van Kassel) en Paderborn (84 kilometer noordwes van Kassel).

Verwysingswysig

  1. "Serviceportal Kassel - Bevölkerung. Besoek op 21 Maart 2018". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2018. Besoek op 21 Maart 2018.
  2. Deutsche UNESCO-Kommission, Juni 2013: Kasseler Bergpark Wilhelmshöhe ist UNESCO-Weltkulturerbe. Besoek op 21 Maart 2018[dooie skakel]
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media