Karibiese See

(Aangestuur vanaf Karibiese see)
Karibiese See

Nasa-Satellietbeeld van die Karibiese See

Kaart van die Karibiese See
Koördinate:15°N 75°W / 15°N 75°W / 15; -75Koördinate: 15°N 75°W / 15°N 75°W / 15; -75
Ligging:Sentraal-Amerika
Soort:See van die Atlantiese Oseaan
Oppervlakte:2 754 000 km² (1 063 000 myl²)
Maksimum diepte:7 686 m (25 217 vt)
Invloei:Río Magdalena, Río Orinoco

Die Karibiese See (Engels: Caribbean Sea; Frans: Mer des Caraïbes; Haïtiaanse Kreools: lamè Karayib; Jamaikaanse Patois: Kiaribiyan Sii; Nederlands: Caraïbische Zee; Papiaments: Laman Karibe; Spaans: Mar Caribe) is 'n tropiese see in Sentraal-Amerika, suidoos van die Golf van Meksiko. Die water in die see is deel van die Atlantiese Oseaan. Die Karibiese See is genoem na die volk van die Karibe, wat die Spaanse conquistadores op die Klein Antille ontdek het. Christophorus Columbus het die Karibiese See tydens sy tweede reis (1493–1496) bereik. Die Karibiese See vorm saam met die Wes-Indiese Eilande die Karibiese gebied en beslaan 'n oppervlakte van sowat 2 754 000 km².

Ligging van die Karibiese See
Kaart van die Karibiese See met maritieme grense

Die Karibiese See word omring deur die Groot Antille in die noorde, die Klein Antille in die ooste, Suid-Amerika in die suide en Sentraal-Amerika in die weste. In die suidweste word die Karibiese See deur die Panamakanaal met die Stille Oseaan verbind. Die Karibiese See bevat 22 eilandgebiede en grens aan 12 vastelandse lande. Die Río Magdalena en Río Orinoco is van die belangrikste riviere wat in die Karibiese See uitmond.

Die see is ryk aan eilande wat veral gewild is onder Amerikaanse toeriste as gevolg van die tropiese klimaat. Snorkel is een van die gewilde aktiwiteite wat hier beoefen kan word. In die Karibiese See lê die wêreld se tweede langste koraalrif, die Meso-Amerikaanse Koraalrif, wat vir sowat 1 000 km langs die kus van Meksiko, Belize, Guatemala en Honduras streek.[1]

Verwysingswysig

  1. (en) "Mesoamerican Reef | Places | WWF". Wêreldnatuurlewefonds. Besoek op 21 Oktober 2016.

Bronnewysig

  • (en) Rogonzinski, Jan (2000). A Brief History of the Caribbean. Londen: Penguin. ISBN 978-0-452-28193-6.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media