Kampioenetrofee 2029

(Aangestuur vanaf Kampioentrofee 2029)
Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Sport

Die Kampioenetrofee 2029 (Engels: 2029 ICC Champions Trophy) sal in Oktober 2029 in Indië beslis word.[1] Dit sal die tiende Kampioenetrofee in EDI-krieket wees wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en ná die 2006-toernooi die tweede in Indië.

Kampioenetrofee 2029
Datums Oktober – Oktober
Bestuurder Internasionale Krieketraad (IKR)
Krieketformaat Internasionale eendagkrieket (EDI)
Toernooiformaat Groep- en uitklopfase
Gashere Vlag van Indië Indië
Deelnemers 8
Wedstryde gespeel 15
2025
2033 →

Die toernooi se formaat van 2009, 2013, 2017 en 2025 sal onveranderd bly en die agt beste nasionale spanne op die EDI-ranglys sal aan die Kampioenetrofee 2029 kan deelneem. Die spanne sal in twee groepe van vier elk verdeel word, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep speel. Die twee beste spanne van elke groep sal hierna vir die halfeindrondte kwalifiseer en die wenners mekaar in die eindstryd ontmoet.

Toewysingwysig

In 2016 het die IKR aangekondig om met die Kampioenetrofee ná die 2017-toernooi weg te doen. Die IKR het die doelwit gehad om vir elkeen van die drie formate een toernooi te hê.[2] In November 2021 het die IKR egter aangekondig dat dié toernooi vanaf 2025 weer aangebied sal word.[3] In dieselfde maand is die Kampioenetrofee 2029 deur die Internasionale Krieketraad aan Indië toegewys.[4]

Deelnemerswysig

Agt spanne sal aan die Kampioenetrofee 2029 kan deelneem.[5]

Kwalifiserende spannewysig

Die volgende span het al vir die Kampioenetrofee 2029 gekwalifiseer. Later sal nog sewe spanne aansluit.

Formaatwysig

Die Kampioenetrofee 2029 sal tussen agt verskillende spanne oor 15 wedstryde beslis word. Dieselfde formaat is voorheen tydens die Kampioenetrofeë in 2009, 2013, 2017 en 2025 gebruik.

Groepfasewysig

Die Kampioenetrofee 2029 sal deur agt nasionale krieketspanne beslis word. Vir die groepfase sal die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier elk verdeel word; elke span sal een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep speel, dus sal elke span drie wedstryde in die groepfase speel. Twee punte sal vir ’n oorwinning toegeken word, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte eindig, sal volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik word. Die twee beste spanne van albei groepe dring na die uitklopfase deur.

Uitklopfasewysig

Van die begin van dié fase af sal die toernooi ’n uitklopformaat aanneem wat uit drie wedstryde bestaan: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die twee beste spanne van elke groep sal na die uitklopfase deurdring. Die groepwenner van albei groepe sal teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde speel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moet met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag is, sal die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis word.

Wedstrydewysig

Die spanne sal in twee groepe van vier elk verdeel word, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep speel. Die beste twee spanne van elke groep sal hierna vir die halfeindrondte kwalifiseer en die wenners sal mekaar in die eindstryd ontmoet.

Groepfasewysig

Groep Awysig

SpanWedWenVerOnbPteLT
n.v.t.00000
n.v.t.00000
n.v.t.00000
n.v.t.00000
2029
t
2029
t
2029
t
2029
t
2029
t
2029
t

Groep Bwysig

SpanWedWenVerOnbPteLT
n.v.t.00000
n.v.t.00000
n.v.t.00000
n.v.t.00000
2029
t
2029
t
2029
t
2029
t
2029
t
2029
t

Uitklopfasewysig

 HalfeindrondteEindrondte
       
 Wenner Groep A 
 Naaswenner Groep B 
   Wenner Halfeindstryd 1
  Wenner Halfeindstryd 2
 Wenner Groep B
 Naaswenner Groep A 

Halfeindrondtewysig

2029
Wenner Groep A
t
Naaswenner Groep B
2029
Wenner Groep B
t
Naaswenner Groep A

Eindstrydwysig

2029
Wenner Halfeindstryd 1
t
Wenner Halfeindstryd 2


Kampioenetrofeewenner 2029
Wenner Eindstryd

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. (en) "Pakistan to host 2025 Champions Trophy". The Times of India. 16 November 2021. Besoek op 20 Junie 2023.
  2. (en) "Test Championship to replace Champions Trophy". ESPNcricinfo. 29 Junie 2013. Besoek op 20 Junie 2023.
  3. (en) "USA to stage T20 World Cup: 2024–2031 ICC Men's tournament hosts confirmed". Internasionale Krieketraad. 16 November 2021. Besoek op 20 Junie 2023.
  4. (en) Nagraj Gollapudi (16 November 2021). "USA co-hosts for 2024 T20 WC, Pakistan gets 2025 Champions Trophy, India and Bangladesh 2031 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 20 Junie 2023.
  5. (en) Nagraj Gollapudi (1 Junie 2021). "ICC expands men's world events: ODI WC to 14 teams, T20 WC to 20 teams". ESPNcricinfo. Besoek op 20 Junie 2023.


Kampioenetrofee

Bangladesj 1998Kenia 2000Sri Lanka 2002Engeland 2004Indië 2006Suid-Afrika 2009Engeland / Wallis 2013Engeland / Wallis 2017Pakistan 2025Indië 2029

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media