Kampioenboom

Wikimedia lysartikel

'n Kampioenboom is 'n boom van nasionale belang, wat beskerm word as gevolg van sy merkwaardige grootte, ouderdom, estetiese, kulturele, historiese of toerismewaarde.[1]

Een van vyf kanferbome (Cinnamomum camphora) by die Vergelegen-wynlandgoed
Die Wonderboom in Pretoria se Wonderboom-natuurreservaat

Die eerste individuele boom wat in 2003 as 'n beskermde boom ingevolge die Nasionale Bosbouwet van 1998 verklaar is, is 'n historiese Steeleik, die enigste oorblyfsel van die ou Sophiatown wat deur die vorige regering gesloop is, toe die gemeenskap in die 1950's hervestig is.[2] Hierdie boom het intussen gevrek, maar die terrein is nog van historiese belang.[3]

Kampioenboomprojekwysig

Die Kampioenboomprojek is in 2006 in Suid-Afrika geloods toe die Minister van Waterwese en Bosbou, mev. Lindiwe Hendricks, Suid-Afrika eerste 21 kampioenbome aangekondig het, en op 6 Desember 2006 in die Staatskoerant gepubliseer het.[4] Verskeie soortgelyke projekte is reeds in ander lande geloods, maar hierdie projek was die eerste van sy soort in Afrika.[1]

Enige persoon of organisasie mag bome vir kampioenstatus nomineer. Nominasievorms[5] en riglyne vir die nominasieproses kan by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye verkry word. Inheemse bome sowel as uitheemse bome mag genomineer word. Die nominasiesiklus begin op 1 Augustus van elke jaar en eindig op 31 Julie die volgende jaar.[2] Nominasies word deur die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en 'n paneel van kundiges geëvalueer.

In 2016 was daar 82 individuele of groepe bome wat as kampioenbome ingevolge die Nasionale Bosbouwet van 1998 beskerm word.[3]

Enkele kampioenbomewysig

Verwysingswysig

  1. 1,0 1,1 "National Arbour week, 1 – 7 September 2016, Champion Trees Project" (PDF). Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, Suid-Afrika. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 8 September 2017. Besoek op 3 Junie 2017.
  2. 2,0 2,1 "Forestry Regulation & Oversight, Champion Trees" (in Engels). Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, Suid-Afrika. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2019. Besoek op 3 Junie 2017.
  3. 3,0 3,1 "Lys van Kampioenbome 2016" (PDF). Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, Suid-Afrika. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 18 Mei 2019. Besoek op 3 Junie 2017.
  4. "L Hendricks on first Champion Trees" (in Engels). Departement van Waterwese en Bosbou, Suid-Afrika. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 3 Junie 2017.
  5. "Nominasievorm vir Kampioenboom" (in Viëtnamees). Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, Suid-Afrika. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Julie 2017. Besoek op 3 Junie 2017.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media