Kamenni-eiland

Koördinate: 59°58′48″N 30°17′24″O / 59.98°N 30.290°O / 59.98; 30.290

Kamenni-eiland (Russies: Каменный остров, Kamenni ostrof) is ’n eiland van 10,6 km2[1] in Sint Petersburg, Rusland, wat in die delta van die Newarivier lê tussen die Groot- en die Klein-Newa. Dit is een van die mooiste en groenste dele van Sint Petersburg.

Kamenni-eiland
Inheemse naam: Каменный остров
Die ligging van Kamenni-eiland (no. 5 op die kaart)
Die ligging van Kamenni-eiland (no. 5 op die kaart)
Geografie

LiggingGolf van Finland

Oppervlakte10,6 km2

Administrasie
Vlag van Rusland Rusland
StadSint Petersburg

Kamenni-eiland in 2017.

Naamwysig

Kamenni ostrof kan vertaal word as "Klipeiland". Volgens legende het ’n groot klip aan die suidkus van die eiland op die bodem van die Newa gelê wat bo die water uitgetroon het, vandaar die naam.

In die Sowjet-tyd het die eiland saam met Krestofski- en Jelagin-eiland die Kirof-eilande gevorm.

Geskiedeniswysig

Pieter die Grote het die eiland geskenk aan graaf Gavriil Golofkin, kanselier van die Russiese Ryk. Nadat hy in onguns geraak het, het die eiland gegaan aan sy opvolger, graaf Aleksei Petrowitsj Bestoezjef-Rjoemin. ’n Dekade later het keiserin Elisabeth dit aan haar susterskind en opvolger, keiser Pieter III, gegee.

In die 19de eeu was die eiland die tuiste van somerhuise (datsjas) van die Russiese adel. Aan die oostekant van die eiland staan die Kamennoostrofski-paleis wat vir keiser Paul gebou is, en die Neo-Gotiese Kerk van Sint Johannes van Jerusalem wat gebou is ter viering van die oorwinning in die Slag van Tsjesma. Dit is dikwels deur Aleksander Poesjkin besoek en ’n paar van sy laaste gedigte dateer uit dié tydperk.

Na die westekant lê verskeie wonings uit die begin van die 20ste eeu en van die beste Art Nouveau-geboue in die stad. In die Sowjet-tyd was daar regeringshuise op Kamenni-eiland en dit is vandag nog die geval.

Verwysingswysig

Verdere leesstofwysig

  • Витязева, В.А. Каменный остров. Л., 1975. (ru)

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media