Kameelagtige

Die vier soorte llamas en twee kamele is kameelagtiges. Hulle is soogdiere en lede van die familie Camelidae, die enigste familie in die sub-orde Tylopoda.

Kameelagtiges
'n Baktriese kameel
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Suborde:
Familie:
Camelidae

Gray, 1821
Genera

Lama
Vicugna

Camelus
Die verspreiding van kameelagtiges. Swart lyne dui op moontlike trekroetes.

Kameelagtiges is gelyktonige hoefdiere en word geklassifiseer in dieselfde orde as varke, muskusvarke en seekoeie (sub-orde Suidae en die buitengewoon suksesvolle uiteenlopende sub-orde Ruminantia wat beeste, bokke, wildsbokke en baie ander insluit. Net soos baie Ruminantia neig die kameelagtiges om groot en uitsluitlik plantvreters te wees.

Kameelagtiges verskil van ander herkouers in verskeie opsigte. Hulle het 'n driekamer- eerder as 'n tweekamermaag; die bolip is gesplete en albei dele is afsonderlik beweegbaar; 'n enkele voortand in die bokaak, en uniek aan soogdiere, ovaalvormige rooibloedselle. Hulle het lang bene, wat nog langer lyk as gevolg van die kaal bobene tussen die skenkel en die heup, en hoewel hulle hoewe het, raak slegs die voorste punt van die hoef op die grond en die meeste gewig van die dier word op die taai, leeragtige kussing onder die voetsool gedra. Die Suid-Amerikaanse kameelagtiges is aangepas vir steil en rotsagtige terrein, en kan die kussings onder die tone beweeg om 'n beter greep te verseker. Die twee Afro-Asiatiese spesies groot aanpassings ondergaan om hulle toe te rus om in ruwe, feitlik waterlose toestande te kan oorleef.

Kameelagtiges is buitengewoon omdat hulle huidige verspreiding feitlik 'n spieëlbeeld van hulle herkoms is. Kameelagtiges het vir die eerste keer baie vroeg in die ewolusie van die gelyktonige herkouers verskyn, ongeveer 45 miljoen jaar gelede gedurende die laat Eoseentydperk, in die hedendaagse Noord-Amerika. Die familie het verdeel en het floreer, maar beperk gebly tot die Noord-Amerikaanse kontinent, tot ongeveer 2 of 3 miljoen jaar gelede, toe sommige in Asië aangekom het, en ná die vorming van die Landengte van Panama ook in Suid-Amerika.

Die oorspronklike kameelagtiges van Noord-Amerika was volop tot in die onlangse geologiese verlede maar het toe verdwyn, moontlik as gevolg van die jag of habitatveranderinge deur die eerste koloniste. Drie spesiegroepe het oorleef; die Dromedaris van Noord-Afrika en Suidwes-Asië; die Baktriese kameel van Oos-Asië; en die Suid-Amerikaanse groep, wat nou so uiteenlopend is dat hulle naby verwant is, maar normaalweg geklassifiseer word as vier spesies, nl. Llamas, Alpakkas, Guanacos, en Vikoenas.

Wetenskaplike klassifikasiewysig

Eksterne skakelswysig

Kameelagtiges
Afro-Asiatiese Kameelagtiges: Baktriese Kameel - Dromedaris
Suid-Amerikaanse Kameelagtiges: Alpakka - Guanaco - Llama - Vicuña
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media