Kalsiumoksied

Chemiese verbinding

Kalsiumoksied of ongebluste kalk (CaO) is 'n belangrike grondstof wat baie toepassings het.

Eienskappe

Algemeen

NaamKalsiumoksied 
Ander nameOngebluste kalk
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formuleCaO
Molêre massa56.08 [g/mol][1]
CAS-nommer1305-78-8[1]
Fasegedrag  
Selkonstantesa=481.1 pm[2]  
RuimtegroepFm3m (Haliet-tipe)[2] 
Nommer225  
StrukturberichtB1
Smeltpunt2572 °C[1]
Kookpunt2850 °C[1]
Digtheid3,33 (rel)[1]
Oplosbaarheid

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspuntonbrandbaar

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Vormingwysig

Ongebluste kalk word uit kalksteen (wat uit kalsiumkarbonaat bestaan) deur 'n ontbindingsreaksie by hoë temperature vervaardig.

Blusreaksiewysig

Ongebluste kalk gee die gebluste vorm in 'n reaksie met water wat baie hitte vrystel.[3]

Eienskappe en gebruikwysig

Ongebluste kalk is 'n korrosiewe stof wat heftig met water reageer. Dit is 'n sterk Lewis-basis. Die produksie van ongebluste kalk deur kalsinering is een van die oudste chemiese prosesse. Die eienskappe van die produk hang af van die kalsineringstemperatuur. Gewoonlik is dit ongeveer 850 °C, maar die spesifieke oppervlak van 'n produk wat by 1250 °C gekalsineer is, is laer (ong. 4 cm²/g) en by 1750 °C is die produk amper volledig gesinter met 'n relatiewe digtheid van 91-92%. Die sintering verminder die gevoeligheid vir vog.

Glaswysig

Ongebluste kalk word saam met silika (sand) en natriumkarbonaat (soda) gesmelt om glas te vervaardig. Hierdie proses is ook baie oud (ongeveer 12 000 jaar).[3]

Silikatewysig

'n Ander belangrike toepassing is in die ysterproduksie. Ystererts bevat silikate. Kalsiumoksied word toegevoeg (ongeveer 40 kg per 1000 kg yster) om kalsiumsilikate te vorm. Hierdie slak is nie mengbaar met die vloeibare yster nie en kan afgetap word. Dieselfde word ook gedoen tydens aluminiumproduksie.[4]

Karbiedwysig

Saam met koolstof (kooks) vorm dit kalsiumkarbied

Saam met water gee karbied etyn, wat gebruik word as grondstof vir polimere en as brandstof.[4]

Sulfate en fosfatewysig

Uitlaatgasse van elektrisiteitsprodusente bevat dikwels swawel in die vorm van swaeldioksied SO2. Ongebluste kalk word gebruik om die gasse daarvan te suiwer. Dié reaksie produseer kalsiumsulfiet:[4]

Op dieselfde wyse kan fosfate uit afvalwater verwyder word:

Verwysingswysig

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 "Science Lab MSDS" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 November 2018. Besoek op 4 Februarie 2016.
  2. 2,0 2,1 Computational Chemistry of Solid Sate Materials, Richard Dronskowski, 2005, ISBN 978-3-527-31410-2
  3. 3,0 3,1 Ropp, R. C. (2013). Encyclopedia of the alkaline earth compounds. Oxford: Elsevier. p. 1216. ISBN 978-0-444-59553-9. OCLC 827243061.
  4. 4,0 4,1 4,2 "Shakhashiri scifun.chem.wisc.edu" (PDF) (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 7 Augustus 2015. Besoek op 5 Februarie 2016.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media