Kaikhosru Shapurji Sorabji

Kaikhosru Shapurji Sorabji (gebore as Leon Dudley Sorabji; 14 Augustus 1892 – 15 Oktober 1988) was 'n Engelse komponis, musiekkritikus, pianis en skrywer. Hy was een van die 20ste eeu se mees produktiewe komponiste vir die klavier.

Kaikhosru Shapurji Sorabji
Gebore14 Augustus 1892
Sterf15 Oktober 1988
GenresKlassieke musiek
Beroep(e)Komponis

As 'n komponis en pianis was Sorabji in groot mate selfgeleerd, en hy het homself reeds vroeg in sy loopbaan gedistansieer van die hoofstrome van kontemporêre musiek. Hy het 'n baie idiosinkratiese musikale styl ontwikkel, met die styl se wortels wat vervat was in komponiste so divers soos Busoni, Claude Debussy, en Szymanowski. Hy het groot dele van die gevestigde en kontemporêre repertoire verwerp.

As 'n teësinnige en huiwerige opvoerder, het Sorabji slegs 'n paar van sy werke tussen 1920 en 1936 in die openbaar gespeel. Hy het daarna opvoerings van sy werke "verban" tot 1976. Aangesien baie min van sy werke gedurende diè jare gepubliseer was, het hy hoofsaaklik in die openbare oog gebly deur die skryf van essays en musiekkritiek.

Die belangrikste van diè letterkunde is sy boeke Around Music en Mi contra fa: The Immoralisings of a Machiavellian Musician. Hy het 'n geneigdheid tot afsondering gehad, en in die 1950's het hy van Londen na die dorpie Corfe Castle, Dorset, getrek, waar hy die res van sy lewe in relatiewe stilte en afsondering spandeer het.

Sorabji se musiek word gekarakteriseer deur die frekwente gebruik van poliritmes, die ingewikkelde jukstaposisie van tonale en atonale elemente, en baie ornamentasie. Baie van sy werke bevat afdelings wat sterk kontrasterende benaderings tot musikale argitektuur aanwend; sommige van hulle gebruik Barok vorms, terwyl andere weer nie-tematies is.

Sy musikale werke bestaan uit meer as 100 komposisies, wat strek van die aforistiese werke tot werke wat verskeie ure duur. Die meeste is vir klaviersolo, of bevat 'n belangrike deel vir die klavier. Hy met egter ook gekomponeer vir orkes, kamermusiekgroepe, die orrel en ander instrumente. As gevolg hiervan is Sorabji al beskryf as 'n afstammeling van die tradisie van komponis-pianiste soos Frédéric Chopin, Franz Liszt, en Charles-Valentin Alkan.

Notaswysig

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media