Kaapstad-Tuine (kiesafdeling)

Kaapstad-Tuine was 'n kiesafdeling van die Suid-Afrikaanse Volksraad van die eerste algemene verkiesing op 15 September 1910Uniewording op 31 Mei daardie jaar tot in 1994.

Die NG gemeente Tamboerskloof val binne die grense van wat die kiesafdeling Kaapstad-Tuine was.

1910-1915wysig

In die heel eerste algemene verkiesing was daar vier kiesafdelings in Kaapstad se sentrale deel, want naas Kaapstad-Tuine, was daar ook Kaapstad-Hawe, Kaapstad-Kasteel en Kaapstad-Sentraal. Kasteel was die laaste, wat verdwyn het met die verkiesing van 1958. Mettertyd het die ander drie verdwyn, maar Tuine het voortbestaan tot in 1994. Dat Kaapstad destyds oorwegend en selfs vurig Engels en Britsgesind was, word daardeur bewys dat in die eerste verkiesing al vier Volksraadslede van dié setels, aan die Unionisteparty behoort het. In Tuine wen die Unionis William Duncan Baxter met 'n meerderheid van 438 teen die onafhanklike H. Liberman. In 1915 herhaal hy dié prestasie, maar nou klop hy R. Forsyth van die Arbeidersparty met 927 stemme.

1920-1929wysig

Forsyth verhang egter die bordjies in 1920 toe hy Baxter met 278 stemme klop. In die volgende jaar se verkiesing, nadat die Unionisteparty en die Suid-Afrikaanse Party saamgesmelt het om genl. Jan Smuts se posisie in die Volksraad te verseker, wen die S.A.P.-kandidaat George William Hawley met 1 039 stemme teen Forsyth. Hawley bly skaars vyf maande lank LV en in die tussenverkiesing op 8 September 1921 wen Forsyth met 'n meerderheid van 54 stemme teen die S.A.P. se E.B. Fuller. In 1924 moet Forsyth egter die setel afstaan en verloor met slegs 123 stemme teen die S.A.P. se C.W.A. Coulter. Forsyth staan nie weer in 1929, maar dis steeds 'n bra gelykop stryd tussen die Sappe en Arbeiders, want nou wen Coulter met slegs 144 stemme meer as die Arbeider-Cresswelliet Morris Alexander.

1933-1948wysig

In 1933 word Coulter egter onbestrede verkies as S.A.P.-Koalisie-kandidaat. Met die stigting van die Verenigde Party in Desember 1934 verlaat Coulter sy politieke tuiste en sluit hom aan by die Britsgesinde Dominiumparty van kol. Charles Stallard. Dit bring mee dat hy in 1938 ver verloor teen die Verenigde Party se Basil Kellett Long, regsgeleerde, oudredakteur van die Cape Times en voormalige LV van die Unionisteparty vir Liesbeek. Coulter kry 1 352 stemme vergeleke met Long se 4 398. In 1943 wen die Verenigde Party weer in Kaapstad-Tuine toe L.P. Bosman gemaklik 4 439 stemme meer as die Herenigde Nasionale Party se H.H. Broodryk kry. Bosman is blykbaar voor die 1948-verkiesing oorlede, want in die tussenverkiesing op 18 Februarie 1948 word Abraham Jonker, Afrikaanse skrywer, joernalis en vader van die digter Ingrid Jonker, onbestrede in Tuine verkies.

Abraham Jonker, Volksraadslid vir Kaapstad-Tuine van 1948 tot 1958.

1948-1958wysig

In die verkiesing drie maande later op 26 Mei 1948 wen hy met 3 749 stemme meer as die onafhanklike H.G. Borcherds en in 1953 met 5 270 stemme meer as die Nasionale Party se F.W. Gericke. Jonker word in later daardie jaar uit die Verenigde Party gesit en stig saam met Bailey Bekker, Arthur Barlow, Blaar Coetzee en dr. Vernon Shearer die Nasionale Konserwatiewe Party. Skaars drie jaar later is hy terug in sy oorspronklike politieke tuiste toe hy hom weer by die Nasionale Party aansluit. In 1958 neem J.M. Connan Tuine terug vir die Verenigde Party met 'n meerderheid van 4 945 teen Frank Waring, later een van die eerste twee Engelssprekende kabinetslede van die Nasionale Party.

1960-1989wysig

Tuine se kiesers stem oorweldigend teen die voorstel dat die Unie 'n republiek moet word tydens die volkstemming in 1960: 3 706 vir republiek, 8 217 daarteen. Dié uitslag maak 'n verkiesing die volgende jaar in Tuine onnodig en Connan word onbestrede verkies. Hy kry egter in 1966 sterk teenstand van die Nasionalis J.L. Pienaar en wen met net 990 stemme. Dit was Connan se laaste termyn as lid vir Kaapstad-Tuine, want in 1970 word H.A. van Hoogstraten met 'n meerderheid van 1 803 stemme teen die Nasionalis A.P. Burger verkies. Hy behou die setel in 1974 teen die N.P. se A.J. Koch, wat 1 719 stemme minder as Van Hoogstraten kry.

Die Progressiewe Federale Party se Ken Andrew wen in Tuine in 1977, 1981, 1987 en vir die Demokratiese Party in 1989.

Oor grense heenwysig

Op 1 Januarie 1982 was Tuine die grootste kiesafdeling wat die getal geregistreerde kiesers betref (hoewel sy oppervlak van die kleinste was) met 14 856. Vandat die regstreekse verteenwoordiging van kiesers in die destydse Suidwes-Afrika in 1977 afgeskaf is, totdat Walvisbaai op 1 Maart 1994 aan Namibië oorgedra is, was die dorp se kiesers deel van Tuine.

Sien ookwysig

Bellville, Claremont, Constantia, De Kuilen, Durbanville, Groenpunt, Groote Schuur, Kaapse Vlakte, Kaapstad-Hawe, Kaapstad-Kasteel, Kaapstad-Sentraal, Liesbeek, Maitland,Mowbray, Nuweland, Parow, Pinelands, Rondebosch, Seepunt, Simonstad, Soutrivier, Suid-Skiereiland, Tygervallei, Vasco, Woodstock, Wynberg

Bronnewysig

  • Schoeman, B.M. 1977. Parlementêre verkiesings in Suid-Afrika 1910-1976. Pretoria: Aktuele Publikasies.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media