Kaap Agulhas

Kaap Agulhas is die geografiese suidelike punt van Afrika. Dit is geleë in 'n plattelandse gebied 170 km oos en effens suid van Kaapstad by 34°50′0.35″S 19°59′59.95″O / 34.8334306°S 19.9999861°O / -34.8334306; 19.9999861Koördinate: 34°50′0.35″S 19°59′59.95″O / 34.8334306°S 19.9999861°O / -34.8334306; 19.9999861

Foto geneem by Kaap Agulhas. Die Indiese Oseaan is aan die linkerkant, die Atlantiese Oseaan lê regs.
Kaart wat die ligging van Kaap Agulhas relatief tot die Kaap van Goeie Hoop aandui.

Dit is 'n onopmerklike klipstrand. Was dit nie vir die landmetermerk wat die plek aangedui het nie, sou 'n mens seker nie kon raai dat hierdie spesifieke punt die uiterste suidepunt is nie, omdat die kus 'n baie geleidelike kurwe hier het.

Die see rondom Kaap Agulhas is berug vir winterstorms en reusagtige fratsgolwe, wat tot 30 m hoog kan raak en selfs groot skepe kan laat sink.

Kaap Agulhas is tegnies waar die Indiese- en Atlantiese oseane ontmoet. Die warm Agulhasstroom vloei al langs die ooskus van Afrika af en draai terug na die Indiese Oseaan hier. Soos dit draai, knyp dit groot oseaankolke (bekend as Agulhasringe) af wat na die Suidelike Atlantiese Oseaan toe dryf en enorme hoeveelhede hitte en sout na die naburige oseaan dra. Hierdie effek is een van die sleutelelemente van die wêreldwye vervoerbandsirkulasie van hitte en sout.

Die water naby die kus is baie vlak, en bekend as van die beste visvanggronde in Suid-Afrika. Dit word die Agulhasbank genoem, en is minder as 100 m diep. Slegs ná 250 km seewaarts sak dit skielik diep af.

Die naam, Portugees vir "naalde", verwys na die rotse en riwwe wat baie skepe gestrand het. Die Kaap Agulhasvuurtoring is in 1849 hier gebou.

Fotogalerywysig

Panorama vanuit die vuurtoring

Sien ookwysig

  • Grobbelaar, Jeannette: Kaap L'Agulhas - die begraafplaas van die skepe. In: Lantern. Tydskrif vir Kuns, Kennis en Kultuur. Jaargang 32, nr. 4, September 1983
  • Kaap die Goeie Hoop, naby Kaapstad, wat soms verkeerdelik as die suidelikste punt van Afrika geag word.
  • Agulhas Nasionale Park

Eksterne skakelswysig


Provinsie Wes-Kaap

Hoofstad:

Kaapstad

Streke:

Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Sentraal Karoo | Overberg | Tuinroete | Weskus

Grootste stede en dorpe:

Kaapstad | George | Mosselbaai | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester

Munisipaliteite:

Beaufort-Wes |Bergrivier |Bitou |Breedevallei |Kaap Agulhas |Cederberg |Drakenstein |George |Hessequa |Kaapstad |Kannaland |Knysna |Laingsburg |Langeberg |Matzikama |Mosselbaai |Oudtshoorn |Overberg |Overstrand |Prins Albert |Saldanhabaai |Sentraal Karoo |Stellenbosch |Swartland |Swellendam |Theewaterskloof |Tuinroete |Weskus |Witzenberg

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media