Kaalwangvalk

Die Kaalwangvalk (Polyboroides typus) is 'n medium-grootte roofvoël. Dit kom in die grootste gedeeltes van Afrika suid van die Sahara voor.

Kaalwangvalk
Volwasse, op 'n sandbank en in vlug, Selous Wild Park, Tanzanië
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Polyboroides
Spesie:
P. typus
Binomiale naam
Polyboroides typus
Smith, 1829
Jag in 'n voëlnes Nasionale Etoshawildtuin

Die Kaalwangvalk se rug, kop en bors is liggrys. Die pens is wit met fyn donker dwarsstrepe. Die breë vlerke is liggrys met 'n swart rand, omring met 'n smal wit lyn. Die stert is swart met 'n breë wit band. Die mannetjies en wyfies lyk eenders maar die jong voëls is ligbruin in plaas van grys.

Die Kaalwangvalk se habitat is tipies beboste gedeeltes naby riviere. Die broeiseisoen is van Augustus tot Desember. Die nes word deur beide geslagte in ongeveer 30 dae gebou. Dit bestaan uit 'n platform wat ongeveer 75 cm by 20 cm is. Die stok neste word in die vurk of die kroon van 'n boom gebou. Neste word ook aangetref in grotte of tussen die basis van 'n bos en 'n krans of die neste van ander voëls. Die wyfie lê 1 tot 3 eiers. Dit neem 35 dae om uit te broei. Die oudste kuiken maak soms die jonger kuikens dood. Die kleintjies verlaat die nes wanneer hulle ongeveer 45-55 dae oud is maar bly gedeeltelik afhanklik van hul ouers vir ten minste nog 10 dae.

Die Kaalwangvalk is 'n omnivoor en eet vrugte sowel as klein gewerwelde diere. Sy smal kop kan in klein gaatjies inkom om akkedisse of ander reptiele te vang. Die Kaalvangvalk het 'n buitengewone vermoë om met behulp van sy vlerke en lang dubbel gelede bene in bome te klim.

Fotogalerywysig

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. BirdLife International (2012). "Polyboroides typus". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 21 Oktober 2012. {{cite web}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media