Köppen-klimaatklassifikasie

Die Köppen-klimaatklassifikasie is een van die mees gebruikte klimaatklassifikasiestelsels. Dit is die eerste keer in 1884 deur die Russies-Duitse klimatoloog Wladimir Köppen gepubliseer,[2][3] met verskeie latere aanpassings deur Köppen, veral in 1918 en 1936.[4][5] Later het die Duitse klimatoloog Rudolf Geiger saam met Köppen aan veranderings gewerk (1954, 1961), en daarom word dit soms die Köppen-Geiger-klimaatklassifikasiestelsel genoem.[6][7]

’n Köppen-klimaatkaart[1]

Die stelsel is in die middel 1960's weer aangepas binne die Trewartha-klimaatklassifikasiestelsel (en in 1980 hersien).

Betekenis van die simbolewysig

Simbole van die Köppen-klimaatklassifikasiestelsel[1]
1ste2de3de
A (Tropies)f (Reënwoud)
m (Moeson)
w (Savanna, nat)
s (Savanna, droog)
B (Droog)W (Woestyn)
S (Steppe)
h (Warm)
k (Koud)
n (Met gereelde mis)[8]
C (Gematig)s (Droë somer)
w (Droë winter)
f (Sonder droë seisoen)
a (Baie warm somer)
b (Warm somer)
c (Koue somer)
D (Koud (kontinentaal))s (Droë somer)
w (Droë winter)
f (Sonder droë seisoen)
a (Baie warm somer)
b (Warm somer)
c (Koue somer)
d (Baie koue winter)
E (Polêr)T (Toendra)
F (Ewige winter (yskap))

Die Köppen-klimaatklassifikasiestelsel deel klimate in vyf hoofklimaatgroepe in: A (tropies), B (droog), C (gemiddeld), D (kontinentaal) en E (polêr).[9] Die tweede letter dui die soort seisoenneerslag aan en die derde letter die hittevlak.[10]

Groep A: Tropiese (megatermiese) klimate

Dié soort klimaat het elke maand van die jaar ’n gemiddelde temperatuur van 18 °C of hoër, met aansienlike neerslag.

  • Af = Tropiese reënwoudklimaat; gemiddelde neerslag van minstens 60 mm elke maand.
  • Am = Tropiese moesonklimaat; droogste maand (wat amper altyd met of naby die wintersonstilstand vir daardie kant van die ewenaar voorkom) met neerslag van minder as 60 mm, maar meer as 4% van die totale jaarlikse neerslag.
  • Aw of As = Tropiese nat en droog of savannaklimaat; met die droogste maand wat neerslag van minder as 60 mm en minder as 4% van die totale jaarlikse neerslag het.

Groep B: Droë (dor en halfdor) klimate

Dié soort klimaat word gekenmerk deur min neerslag.

Vermenigvuldig die gemiddelde jaarlikse temperatuur in Celsius met 20 en voeg dan by

(a) 280 as 70% of meer van die totale neerslag in die lente en somer voorkom (April-September in die Noordelike Halfrond of Oktober-Maart in die Suidelike Halfrond)
(b) 140 as 30%-70% van die totale neerslag in die lente en somer voorkom
(c) 0 as minder as 30% van die totale neerslag in die lente en somer voorkom.

As die jaarlikse neerslag minder as 50% van hierdie drempel is, is die klassifikasie BW (dor: woestynklimaat); as dit tussen 50% en 100% van die drempel is, is die klassifikasie BS (halfdor: steppeklimaat).

’n Derde letter kan bygevoeg word om die temperatuur aan te dui. Volgens die moderne gebruik beteken h die koudste maand het ’n gemiddelde temperatuur van bo 0 °C en k dat minstens een maand gemiddeld kouer as 0 °C is. Die n word gebruik om ’n klimaat aan te dui wat deur gereelde mis gekenmerk word.[8][11][12]

  • BWh = Warm woestynklimaat
  • BWk = Koue woestynklimaat
  • BWn = Woestynklimaat met gereelde mis[8][11][12]
  • BSh = Warm, halfdor klimaat
  • BSk = Koue, halfdor klimaat
  • BSn = Halfdor klimaat met gereelde mis[8][11][12]

Groep C: Gematigde (mesotermiese) klimate

Dié soort klimaat se koudste maand is gemiddeld tussen 0 °C en 18 °C en minstens een maand is gemiddeld warmer as 10 °C.

  • Cfa = Gematigde reënklimaat; koudste maand is gemiddeld bo -3 °C, minstens een maand gemiddeld bo 22 °C en minstens vier maande gemiddeld bo 10 °C. Geen aansienlike neerslagverskil tussen seisoene en geen droë maande in die somer nie.
  • Cfb = Gematigde oseaniese klimaat; koudste maand gemiddeld 0 °C, alle maande gemiddeld onder 22 °C en minstens vier maande gemiddeld bo 10 °C. Geen aansienlike neerslagverskil tussen seisoene.
’n Köppen-klimaatkaart van Afrika.
’n Köppen-klimaatkaart van Oseanië.
  • Cfc = Subpolêre oseaniese klimaat; koudste maand gemiddeld bo 0 °C en een tot drie maande gemiddeld bo 10 °C. Geen aansienlike neerslagverskil tussen seisoene.
  • Cwa = Humiede subtropiese klimaat beïnvloed deur moesonwinde; koudste maand gemiddeld bo 0 °C, minstens een maand gemiddeld bo 22 °C en minstens vier maande gemiddeld bo 10 °C. Minstens 10 keer soveel reën in die natste maand van die somer as in die droogste maand van die winter.
  • Cwb = Subtropiese hooglandklimaat of gematigde oseaniese klimaat beïnvloed deur moesonwinde; koudste maand gemiddeld bo 0 °C, alle maande gemiddeld onder 22 °C en minstens vier maande gemiddeld bo 10 °C. Minstens 10 keer soveel reën in die natste maand van die somer as in die droogste maand van die winter.
  • Cwc = Koue subtropiese hooglandklimaat of subpolêr oseaniese klimaat beïnvloed deur moesonwinde; koudste maand gemiddeld bo 0 °C en een tot drie maande gemiddeld bo 10 °C. Minstens 10 keer soveel reën in die natste maand van die somer as in die droogste maand van die winter.
  • Csa = Mediterreense klimaat met baie warm somers; koudste maand gemiddeld bo 0 °C, minstens een maand gemiddeld bo 22 °C en minstens vier maande gemiddeld bo 10 °C. Minstens drie keer soveel neerslag in die natste maand van die winter as in die droogste maand van die somer, en die droogste maand van die somer kry minder as 30 mm.
  • Csb = Mediterreense klimaat met warm somers; koudste maand gemiddeld bo 0 °C, alle maande gemiddeld onder 22 °C en minstens vier maande gemiddeld bo 10 °C. Minstens drie keer soveel neerslag in die natste maand van die winter as in die droogste maand van die somer, en die droogste maand van die somer kry minder as 30 mm.
  • Csc = Mediterreense klimaat met koel somers; koudste maand gemiddeld bo 0 °C en een tot drie maande gemiddeld bo 10 °C. Minstens drie keer soveel neerslag in die natste maand van die winter as in die droogste maand van die somer, en die droogste maand van die somer kry minder as 30 mm.

Groep D: Kontinentale (mikrotermiese) klimate

Dié soort klimaat het minstens een maand wat gemiddeld kouer is as -3 °C en minstens een maand bo 10 °C.

  • Dfa = Humiede kontinentale klimaat met baie warm somers; koudste maand gemiddeld onder -3 °C, minstens een maand gemiddeld bo 22 °C en minstens vier maande gemiddeld bo 10 °C. Geen aansienlike neerslagverskil tussen seisoene nie.
  • Dfb = Humiede kontinentale klimaat met warm somers; koudste maand gemiddeld onder -3 °C, alle maande gemiddeld onder 22 °C en minstens vier maande gemiddeld bo 10 °C. Geen aansienlike neerslagverskil tussen seisoene nie.
  • Dfc = Subarktiese klimaat; koudste maand gemiddeld onder -3 °C en een tot drie maande gemiddeld bo 10 °C. Geen aansienlike neerslagverskil tussen seisoene.
  • Dfd = Uiters koue subarktiese klimaat; koudste maand gemiddeld onder −38 °C en een tot drie maande gemiddeld bo 10 °C. Geen aansienlike neerslagverskil tussen seisoene.
  • Dwa = Humiede kontinentale klimaat met baie warm somers beïnvloed deur moesonwinde; koudste maand gemiddeld onder 0 °C, minstens een maand gemiddeld bo 22 °C en minstens vier maande gemiddeld bo 10 °C. Minstens 10 keer soveel reën in die natste maand van die somer as in die droogste maand van die winter.
  • Dwb = Humiede kontinentale klimaat met baie warm somers beïnvloed deur moesonwinde; koudste maand gemiddeld onder 0 °C, alle maande gemiddeld onder 22 °C en minstens vier maande gemiddeld bo 10 °C. Minstens 10 keer soveel reën in die natste maand van die somer as in die droogste maand van die winter.
  • Dwc = Subarktiese klimaat beïnvloed deur moesonwinde; koudste maand gemiddeld onder 0 °C en een tot drie maande gemiddeld bo 10 °C. Minstens 10 keer soveel reën in die natste maand van die somer as in die droogste maand van die winter.
  • Dwd = Uiters koue subarktiese klimaat beïnvloed deur moesonwinde; koudste maand gemiddeld onder −38 °C en een tot drie maande gimiddeld bo 10 °C. Minstens 10 keer soveel reën in die natste maand van die somer as in die droogste maand van die winter.
  • Dsa = Humiede kontinentale klimaat met baie warm somers beïnvloed deur die Mediterreense klimaat; koudste maand gemiddeld onder 0 °C, warmste maand gemiddeld bo 22 °C en minstens vier maande gemiddeld bo 10 °C. Minstens drie keer soveel neerslag in die natste maand van die winter as in die droogste maand van die somer, met minder as 30 mm in die droogste maand van die somer.
  • Dsb = Humiede kontinentale klimaat met warm somers beïnvloed deur die Mediterreense klimaat; koudste maand gemiddeld onder 0 °C, warmste maand gemiddeld onder 22 °C en minstens vier maande gemiddeld bo 10 °C. Minstens drie keer soveel neerslag in die natste maand van die winter as in die droogste maand van die somer, met minder as 30 mm in die droogste maand van die somer.
  • Dsc = Subarktiese klimaat; koudste maand gemiddeld onder 0 °C en een tot drie maande gemiddeld bo 10 °C. Minstens drie keer soveel neerslag in die natste maand van die winter as in die droogste maand van die somer, met minder as 30 mm in die droogste maand van die somer.
  • Dsd = Uiters koue subarktiese klimaat; koudste maand gemiddeld onder −38 °C en een tot drie maande gemiddeld bo 10 °C. Minstens drie keer soveel neerslag in die natste maand van die winter as in die droogste maand van die somer, met minder as 30 mm in die droogste maand van die somer.

Groep E: Polêre en alpynse (berg-)klimate

In dié soort klimaat is elke maand van die jaar gemiddeld onder 10 °C.

  • ET = Toendraklimaat; warmste maand gemiddeld tussen 0 °C en 10 °C.
  • EF = Yskapklimaat; ewige winter, met al 12 maande van die jaar gemiddeld onder 0 °C.

Verwysingswysig

  1. 1,0 1,1 Peel, M. C.; Finlayson, B. L.; McMahon, T. A. (2007). "Updated world map of the Köppen–Geiger climate classification". Hydrol. Earth Syst. Sci. 11: 1633–1644. doi:10.5194/hess-11-1633-2007. ISSN 1027-5606. (direct: Final Revised Paper)
  2. Köppen, Wladimir (1884). Vertaal deur Volken, E.; Brönnimann, S. "Die Wärmezonen der Erde, nach der Dauer der heissen, gemässigten und kalten Zeit und nach der Wirkung der Wärme auf die organische Welt betrachtet" [The thermal zones of the earth according to the duration of hot, moderate and cold periods and to the impact of heat on the organic world)]. Meteorologische Zeitschrift (published 2011). 20 (3): 351–360. Bibcode:2011MetZe..20..351K. doi:10.1127/0941-2948/2011/105 – via http://www.ingentaconnect.com/content/schweiz/mz/2011/00000020/00000003/art00009. {{cite journal}}: Eksterne skakel in |via= (hulp)
  3. Rubel, F.; Kottek, M (2011). "Comments on: 'The thermal zones of the Earth' by Wladimir Köppen (1884)". Meteorologische Zeitschrift. 20 (3): 361–365. Bibcode:2011MetZe..20..361R. doi:10.1127/0941-2948/2011/0258.
  4. Köppen, Wladimir (1918). "Klassification der Klimate nach Temperatur, Niederschlag and Jahreslauf". Petermanns Geographische Mitteilungen 64. 193–203, 243–248. 
  5. Köppen, Wladimir (1936). "Das geographische System der Klimate". 1. Berlin: Borntraeger. 
  6. Geiger, Rudolf (1954), "Klassifikation der Klimate nach W. Köppen", Landolt-Börnstein – Zahlenwerte und Funktionen aus Physik, Chemie, Astronomie, Geophysik und Technik, alte Serie (Berlin: Springer) 3: pp. 603–607 
  7. Geiger, Rudolf (1961), Überarbeitete Neuausgabe von Geiger, R.: Köppen-Geiger / Klima der Erde  (Wandkarte 1:16 Mill.) – Klett-Perthes, Gotha.
  8. 8,0 8,1 8,2 8,3 Cereceda, P.; Larrain, H.; osses, P.; Farias, M.; Egaña, I. (2008). "The climate of the coast and fog zone in the Tarapacá Region, Atacama Desert, Chile". Atmospheric Research. 87 (3–4): 301–311. Bibcode:2008AtmRe..87..301C. doi:10.1016/j.atmosres.2007.11.011. Besoek op 21 Januarie 2018.
  9. "Koppen climate classification | climatology". Encyclopedia Britannica (in Engels). Besoek op 4 Augustus 2017.
  10. Chen, Hans; Chen, Deliang. "Köppen climate classification". hanschen.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Maart 2020. Besoek op 4 Augustus 2017.
  11. 11,0 11,1 11,2 "Clasificación Climática De Köppen" (in Spaans). Universidad de Chile. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Oktober 2019. Besoek op 21 Januarie 2018.
  12. 12,0 12,1 12,2 Inzunza, Juan. "Capitulo 15. Climas de Chile" (PDF). Meteorología Descriptiva y Aplicaciones en Chile (in Spaans). p. 427. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op 22 Januarie 2018.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media