Joseph Schmidt

Joseph Schmidt (4 Maart 190416 November 1942) was 'n Joods-Oostenrykse tenoor en akteur. Hy is op die dorpie Davideny gebore in die destydse Oostenryk-Hongaarse provinsie Boekowina, wat later deel van Roemenië en uiteindelik Oekraïne geword het.

Joseph Schmidt
Posseël uitgereik deur Duitsland in 2004 ter herdenking van Joseph Schmidt se geboortedag 100 jaar vantevore.
Agtergrondinligting
Gebore4 Maart 1904
Dawideny, Boekowina, Oostenryk-Hongarye
Sterf16 November 1942
Girenbad, Switserland
Beroep(e)Liriese tenoor
Webwerfhttp://www.josephschmidt-archiv.ch/
Gedenkplaat in Berlin-Schöneberg.
Sy graf.

Jeugjarewysig

As die seun van musikale ouers in 'n kosmopolitiese gebied, is hy as kind deur verskeie kulture beïnvloed. Buiten sy moedertaal, Jiddisj, het ook Roemeens, Duits, Frans en Engels vlot leer praat. Sy eerste stemopleiding ontvang hy as seunsalt in 'n sinagoge in Czernowitz, die destydse hoofstad van Boekowina, waar daar omstreeks sy geboorte meer as 20 000 Jode gewoon het, oftewel amper 'n derde van die totale bevolking.

Sy talent het gou-gou aandag trek en teen 1924 het hy sy eerste solo-uitvoering gelewer waartydens hy tradisionele Joodse liedjies en arias van Verdi, Puccini, Rossini en Bizet gesing het. Kort daarna het hy na Berlyn verhuis en sang- en klavieronderrig by professor Hermann Weissenborn ontvang. Hy het na Roemenië teruggekeer vir sy militêre diensplig en 'n kantor in die sinagoge in Czernowitz geword.

Loopbaanwysig

Hy keer in 1929 terug na Berlyn waar Cornelis Bronsgeest, vermaarde Nederland tenoor hom in diens geneem het vir 'n radio-uitsending vir die rol van Vasco da Gama in Meyerbeer se "L'Africaine". Dit was die begin van Schmidt se geslaagde internasionale loopbaan. Weens sy klein statuur (hy was net-net meer as 1,5 meter lank), was 'n verhoogloopbaan so te sê onmoontlik, maar sy stem was uiters geskik vir die radiomedium. Hy het talle plate opgeneem, aanvanklik vir Ultraphone en later vir Odeon/Parlophone en het talle radio-uitsendings gemaak en in talle rolprente gesing in Duits sowel as Engels.

Ongelukkig het Schmidt juis tydens die opkoms van die Nazi-party in Duitsland roem as tenoor verwerf. In 1937 onderneem hy 'n toer na die Verenigde State van Amerika waar hy onder meer in New York in die Carnegie Hall optree saam met beroemde sangers van sy tyd soos Grace Moore en Erna Sack. Uiteindelik het die Nazi's hom verbied om in Duitsland en Oostenryk op te tree, maar hy was steeds welkom in Nederland en België (voor albei lande deur die Nazi's beset is), waar hy geweldig gewild was. Sy grootste Nederlandse treffer was Ik hou van Holland, wat hy met 'n byna foutlose Hollandse aksent gesing het.

Sy doodwysig

Hy besoek sy moeder, met wie hy 'n besonder hegte verhouding gehad het, die laaste maal in 1939 in Czernowitz. Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog met die Duitse inval van Pole op 1 September dieselfde jaar, het hy hom in die deel van Frankryk bevind wat deur die Duitsers beset is. Hy het probeer om na die Verenigde State van Amerika te vlug, maar sonder welslae. Uiteindelik het hy na Switserland gevlug, waar hy geïnterneer is in 'n Switserse vlugtelingkamp in Gyrenbad naby Zürich in Oktober 1942. Sy gesondheid was reeds swak, onder meer weens diabetes. Die moeilike omstandighede in die kamp en 'n gebrek aan mediese sorg het aanleiding tot 'n noodlottige hartaanval op 16 November dieselfde jaar gegee. Hy was 38 oud.

Natuurlike talentwysig

Joseph Schmidt het 'n soetklinkende tenoorstem gehad met 'n gemaklike hoë register wat hom in staat gestel het om gerieflik selfs 'n hoë D te sing. Sy warm toonkleur was veral geskik vir melodieë van Schubert en Lehár. Sy opnames van gewilde destydse liedjies was topverkopers in die voor-oorlogse Europa.

Repertoriumewysig

Enkele operarollewysig

  • Smetana – Die verkaufte Braut
  • Von Flotow – Martha
  • Mozart – Die Zauberflöte, Idomeneo
  • Offenbach – Les contes d'Hoffmann
  • Rossini – Il barbiere di Siviglia, Guillaume Tell, Semiramide
  • Verdi – Don Carlos, Il trovatore, La traviata, Rigoletto, Un ballo in maschera

Rolprentewysig

  • "Der Liebesexpreß" (1931)
  • "Goethe lebt" (1932)
  • "Gehetzte Menschen" (1932)
  • "Ein Lied geht um die Welt" (1933)
  • "Wenn Du jung bist gehört Dir die Welt" (1934)
  • "Ein Stern fällt vom Himmel" (1934)
  • "Heut' ist der schönste Tag in meinem Leben" (1936).

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media