Joseph Kabila

President van die Demokratiese Republiek van die Kongo van 2001 tot 2018

Joseph Kabila Kabange (/kæˈbiːlə/ kab-EE-lə, Frans: [ʒɔzɛf kabila]; gebore op 4 Junie 1971) is 'n Kongolese politikus wat tussen Januarie 2001 en Januarie 2019 as president van die Demokratiese Republiek van die Kongo gedien het. Hy het tien dae na die sluipmoord op sy vader, president Laurent-Désiré Kabila, die leisels oorgeneem. Hy is in 2006 tot president verkies en in 2011 vir 'n tweede termyn herkies. Sedert Kabila, as voormalige president, ná die verkiesing in 2018 uitgetree het, sal hy volgens die Grondwet van die DRK lewenslank 'n senator wees.

Joseph Kabila
Joseph Kabila
Kabila in 2016

4de President van die Demokratiese Republiek van die Kongo
Ampstermyn
17 Januarie 2001 – 24 Januarie 2019
Voorafgegaan deurLaurent-Désiré Kabila
Opgevolg deurFélix Tshisekedi

Lewenslange senator
Ampsbekleër
Termynaanvang
15 Maart 2019

Persoonlike besonderhede
Gebore4 Junie 1971 (1971-06-04) (52 jaar oud)
Fizi, Kongo-Léopoldville
Politieke partyPeople's Party for Reconstruction and Democracy
Eggenoot/-noteOlive Lembe di Sita (trou 2006)
Alma materMakerere Universiteit
LojaliteitVlag van Demokratiese Republiek die Kongo Demokratiese Republiek van die Kongo
Diens/TakGewapende Magte van die Demokratiese Republiek van die Kongo
RangGeneraal-majoor

Kabila se termyn sou op 20 Desember 2016 verstryk, volgens die bepalings van die grondwet wat in 2006 aanvaar is. Amptenare het voorgestel dat verkiesings in November 2016 gehou sou word, maar op 29 September 2016 het die land se verkiesingsowerheid aangekondig dat die verkiesing nie voor vroeg in 2018 sou plaasvind nie. Die gesprek het gefokus op die behoefte aan 'n sensus voordat verkiesings gehou word. In Augustus 2018 het Kabila aangekondig dat hy sal uittree en nie herverkiesbaar is in die algemene verkiesing in Desember 2018 nie.

Kabila in 2002, met Thabo Mbeki, George W. Bush en Paul Kagame.

In Oktober 2021 het Joseph Kabila sy proefskrif aan die Universiteit van Johannesburg ingedien. ’n Meestersgraad in politieke wetenskap en internasionale betrekkinge is aan die einde van sy studies wat vyf jaar geduur het, aan hom toegeken.

Terwyl hy aan bewind was, het Joseph Kabila voortdurend met oorloë in die ooste van die Kongo en interne rebellemagte te kampe gehad, ondersteun deur die buurregerings van Uganda en Rwanda.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media