José Eduardo dos Santos

José Eduardo dos Santos (Portugees: [ʒuˈzɛ eˈðwaɾðu dus ˈsɐ̃tuʃ]; gebore op 28 Augustus 1942 in Luanda, Angola[1]), sterf op 8 Julie 2022 in Barcelona, Spanje, het tussen 1979 en 2017 as tweede president van Angola gedien.

José Eduardo dos Santos
José Eduardo dos Santos
José Eduardo dos Santos in 2007

2de President van Angola
Ampstermyn
21 September 1979 – 26 September 2017
ViseFernando da Piedade Dias dos Santos (2010–2012)
Manuel Vicente (2012–2017)
Eerste ministerFernando José de França Dias Van-Dúnem (1991–1992)
Marcolino Moco (1992–1996)
Fernando José de França Dias Van-Dúnem (1996–1999)
Fernando da Piedade Dias dos Santos (2002–2008)
Paulo Kassoma (2008–2010)
Voorafgegaan deurAgostinho Neto
Opgevolg deurJoão Lourenço

Persoonlike besonderhede
Gebore28 Augustus 1942 (1942-08-28) (81 jaar oud)
Luanda, Angola
Sterf8 Julie 2022
Barcelona
Politieke partyMPLA
Eggenoot/-noteTatiana Kukanova (geskei)
Ana Paula Lemos (1991–2022)
Kind(ers)Isabel, José
Alma materAzerbeidjanse ruoliestaatsakademie
Dos Santos en die destydse Brasiliaanse president Lula da Silva (links) in 2003
Dos Santos en die destydse Russiese president Dmitri Medwedef (links) op 26 Junie 2009 in Angola

Hy het 'n lid van die MPLA geword kort na die organisasie se stigting in 1956.

Na die dood van Angola se eerste president Agostinho Neto op 10 September 1979 is Dos Santos op 20 September 1979 as die MPLA se president verkies en het op 21 September 1979 Angola se tweede president geword.

Biografiewysig

Hy is kort na die oprigting van die Volksbeweging vir die Bevryding van Angola (MPLA) in 1956 lid van die beweging. Die MPLA het teen die Portugese kolonisasie geveg. In 1961 stig Dos Santos die jeugbeweging van die MPLA. Hy het van 1962 tot 1969 kommunikasie in die Sowjetunie studeer en ook 'n graad in die petroleumbestuur behaal.

In 1969 keer Dos Santos na Angola terug en is koördineerder vir Buitelandse Sake binne die MPLA. Na die onafhanklikheid in November 1975 is hy minister van Buitelandse Sake (tot 1978) en lid van die politburo van die MPLA. Van 1978 tot 1979 was Dos Santos minister van Beplanning.

Na die dood van president Agostinho Neto op 10 September 1979, is Dos Santos tot president van die Volksrepubliek Angola gekies as ook voorsitter van die MPLA-Party van die Arbeid (MPLA-PT). Die MPLA-PT was toe die enige wettige politieke party.

Tydens die eerste jare van Dos Santos se presidentskap was daar sprake van 'n oorlog met Suid-Afrika. Die vernaamste rede vir die Suid-Afrikaanse apartheidsregering om oorlog te voer met Angola, was die feit dat die Angolese regering die Namibiese onafhanklikheidsbeweging SWAPO steun (Namibië was toe nog 'n Suid-Afrikaanse mandaatgebied). Om weerstand te bied teen die moderne en sterk Suid-Afrikaanse leër, word die Angolese strydkragte gehelp deur die Kubaanse leër. In 1988 sluit Angola en Suid-Afrika deur middel van die Verenigde State 'n akkoord. Kuba onttrek sy troepe uit Angola. Angola stop ook sy steun aan die Namibiese vryheidsvegters en Suid-Afrika erkend die Namibiese onafhanklikheid. Sedertdien is die verhoudings tussen Angola en Suid-Afrika goed.

Daar was egter ook 'n burgeroorlog tussen die regeringsleiers en die bevrydingsbeweging Unita van Jonas Savimbi. Unita is tot 1988 op groot skaal gesteun deur Suid-Afrika, maar nadat Suid-Afrika en Angola vrede gesluit het, het die steun aan die Unita opgedroog. Die burgeroorlog gaan egter voort. Vroeg in 1994 sluit president Dos Santos en rebelleleier Jonas Savimbi 'n wapenstilstand.

Weens die burgeroorlog en die oorlog met Suid-Afrika kon president Dos Santos geen ekonomiese en politieke hervorminge in Angola deurvoer nie. Vroeg in 1988 is die sedert 1977 van krag noodtoestand opgehef. Teen die helfte die jare tagtig is ekonomiese hervorming deurgevoer en het Angola 'n vrye markekonomie ingevoer. In 1991 voer Dos Santos politieke hervorming deur en is die eenpartystelsel van die MPLA-PT afgeskaf. By die eerste demokratiese verkiesing van 1992 het die MPLA-PT gewen en president Dos Santos herverkies (so ook tydens alle daaropvolgende presidentsverkiesings).

In 1998 hervat Unita die gewapendestryd, maar na die afsterwe van Unita-leier Jonas Savimbi in 2002, het onderhandelinge tussen die MPLA-regering van Dos Santos en Unita hervat. Dit lei tot 'n akkoord in April 2002, waarna 'n einde aan die voortslepende burgeroorlog gebring is.

In Maart 2016 het Dos Santos in 'n toespraak vir MPLA-partylede meegedeel dat hy in 2018 wil aftree.[2] In Augustus 2012 is Dos Santos met groot steun van die bevolking herkies as president vir vyf jaar. In 2017 word nuwe verkiesings gehou.[2] Dos Santos regeer met 'n vaste hand en kritiek weens die wanbestuur van die olierykdomme neem toe.[2] Die hoë olie-inkomste het veral die politieke elite en sy familie bevoordeel, terwyl die res van die bevolking in armoede leef.[2] Die land is hoog in die ranglys van die meeste korrupte lande, in 2015 op plek 163 van die in totaal 168 genoemde lande in die korrupsie-indeks.

In Desember is 'n moontlike opvolger bekendgemaak, die minister van Verdediging João Lourenço.[3] Lourenço het van sy ambisie om Dos Santos op te volg geen geheim gemaak nie en hy was al jare deel van die hoogste bestuursorgane van die MPLA.[3] Isabel dos Santos, die dogter van Dos Santos, is buite Angola gebore en mag daarom nie haar vader opvolg nie.[3] Sy was die topbestuurder van die staatsoliemaatskappy Sonangol. By hierdie maatskappy is groot tekortkominge geïdentifiseer na die halvering van die olieprys in die begin van 2015. Sy word in die middel November 2017 deur die nuwe president João Lourenço uit hierdie pos verwyder.[4] Haar broer, José Filomeno dos Santos, is sedert 2013 die senior bestuurder van die Angolese soewereine welvaartfonds.[3] Hy is in Maart 2018 aangekla vir bedrog.[5] In September van daardie jaar is hy gearresteer.

In September 2021 keer José Eduardo dos Santos na twee jaar se afwesigheid uit die land terug na Angola.[6] Hy het op 79-jarige ouderdom in 'n Spaanse verpleeginrigting na 'n lang siekbed gesterf.[7]

Verwysingswysig

  1. (en) W. Martin James and Susan Herlin Broadhead, Historical Dictionary of Angola (2004), Scarecrow Press, bl. 145.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 (en) Reuters Africa Angola's veteran leader Dos Santos says to step down in 2018, 11 Maart 2016, geraadpleeg op 7 Desember 2016
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) Financial Times Angolans prepare for life after dos Santos, 6 Desember 2016, geraadpleeg op 8 Desember 2016
  4. (en) Bloomberg Angola’s President Fires Dos Santos’ Daughter as Sonangol Boss, 15 November 2017, geraadpleeg op 2 Desember 2017
  5. 'Terminator' van Angola spaart niemand bij bestrijden corruptie, de Volkskrant, 29 Maart 2018
  6. L'ex-président Jose Eduardo dos Santos est rentré en Angola, Voa Afrique, 15 September 2021
  7. Reuters. "Angola's former president dos Santos dies at 79". {{cite web}}: |outeur= has generic name (hulp)

Eksterne skakelswysig

Voorafgegaan deur
Agostinho Neto
President van Angola
1979–2017
Opgevolg deur
João Lourenço
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media